Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die toekoms van die state van Europa en Amerika

29 Kyk, so het dit nou tot kort toe nog in die duistere Italië gegaan! So het dit al vir baie jare gelede in die Duitse ryk gegaan, net soos vroeër in Engeland en in Noord-Amerika, wat hulle in hierdie tyd deur harde stryd nog meer reinig van alle tendense wat My oerleer weerstaan. Daar sê mense herhaaldelik: “Maar Heer, hoe kan U die konfederatiewe, die slawe wil hou, belangrike oorwinnings laat behaal op die baie menslik ingestelde Unioniste*?!” * (Konfederatiewes: die suidelike state van Noord-Amerika, wat hulle in 1861 van die Amerikaanse Unie afgeskei het (“sesessie”) en tot `n konfederasie aaneen gesluit het. Die Unioniste verteenwoordig die Unie van die noordelike Amerikaanse state. Hierdie twee partye het van 1861 tot 1865 die sogenaamde “sesessieoorlog” gevoer, waarby die afskaffing van die slawerny slegs één van die motiewe was.)

[2] Maar Ek sê: by die konfederatiewes is nie alles sonde wat `n sonde blyk te wees nie, en by die Unioniste is alles nie deugvol nie; en so trek beide partye nou mekaar die splinters en balke uit die oë, en die een vee die straatjie van die ander, wat volgens My leer nie so moet wees nie.

[3] Wanneer sowel die een as die ander party egter sy eie oë eers self vrymaak van splinters en balke en die vuil voor sy eie deur wegvee, sal die twee partye mekaar weldra maklik begryp en hulle sal eens word.

[4] Dergelike groot en ook klein twiste - sowel tussen volkere asook tussen afsonderlike mense - kom altyd deurdat mense My leer nie in ag neem nie, die inhoud waar niemand vir sy buurman moet sê: “Kom hier, dan sal ek die splinter uit jou oog haal!” Dan sê die buurman: “Wat maak jy jou bedruk oor die splinter in my oog, terwyl ek in jou oog `n hele balk ontdek? Maak eers jou eie oog skoon, daarna kan jy my eers help met die skoonmaak van my oog!”

[5] Sulke gevegte was daar al baie gewees en daar sal nog verskeie wees, as die mense hulle nie inderdaad volledig aan My leer sal hou nie.

[6] Maar in Amerika sal die geskiedenis nie al te lank meer duur nie. In Suid-Amerika, waar Babilon nog baie erger verteenwoordig is as waar dan nou ookal op aarde, sal `n groot strafoordeel weldra losgelaat word; want Babilon moet oral in `n nuwe Jerusalem omgevorm word, en die varke van die heidense Gadareners moet in die graf van hulle nag ten gronde gaan.

[7] Ek dink dat Ek jou as `n merkteken vir hierdie tyd nou meer as genoeg gesê het, en iedereen wat ook maar enigsins kan tel, sal maklik insien hoe die sake daarvoor staan en waarom hulle so daarvoor staan en binnekort hulle beslag moet kry.

[8] Na die jaar, die dag en die uur moet jy My dus nie vra nie, omdat al die dinge al vir elkeen sigbaar is, iedereen kan die baie nabye einde van die nag tog vas en seker moet sien aankom, as hy aan die horison die helder deur die son verligte wolkies sien.

[9] Laat die mense wat dit op een of ander wyse mag besit, maar eens probeer om in die voorjaar die gras en alle kruie, struike en bome te verbied om opnuut uit te groei, nuwe lote te maak, groen te word en te bloei en dit alles probeer te verhinder, die wind te beveel en die vrye bliksem die weg voor te skrywe, so sal hulle weldra daarvan oortuig raak hoe groot hulle magteloosheid as gevolg van hulle onnoselheid is.

[10] Wat Ek eenmaal sê en wil gebeur selfs vas en seker soos die son elke oggend moet opgaan en saans moet ondergaan. Meer hoef Ek jou eintlik nie te sê nie, hoewel Ek nog `n vraag met betrekking tot Frankryk in jou gemoed sien, wat daaroor gaan hoe die ryk, wat nou in aardse opsig baie magtig is, hom sal gedra in verhouding tot die huidige, algemene stroming van lig. Ek sê vir jou: Teen My wil sal dit moeilik en onmoontlik kan ingaan!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205