Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in die omgewing van Caesarea Philippi (vervolg)]

Die vertwyfeling van die aanhangers van die Heer

31 Soos in die voorgaande geskrif gesê, bly Ek nog `n halwe dag in Genésaret, van die vroeë oggend tot meer as `n uur na die middag.

[2] In die tyd sê Ek, veral aan My vriende wat hier nog aanwesig was, wat ou Markus, Kisjona, Philopold en ook Maria, wat eers met Kisjona en Philopold na Kis wil gaan, daar `n rukkie bly en hulle ook weer na Nasaret begewe; daar vertel hulle My broers alles wat hulle oor My leer en werke self gehoor, gesien en meegemaak het, waar My broers hulle erg oor verbaas, net soos ook nog ander ou bekendes en vriende van Josef, Maria en die drie broers, wat tuis timmerliede was en vir die lewensonderhoud sorg.

[3] Maar ondanks al hulle geloof in My, haal verskeie van hulle tog die skouers op en sê: “Hy doen werklik groot dinge en Sy leer is volkome waar, suiwer en goed; maar as Hy teveel teen die tempeldienare ingaan en teen hulle getuig en met al Sy goddelike mag en krag teen hulle optree, gaan Hy ten grond. Want hulle gesindheid jeens Hom en Sy stellig al wyd verbreide aanhang is, soos wat ons dit gehoor het, aan alle kante van `n onversoenlike boosaardige karakter.

[4] Onder die heidene het Hy wel baie goeie vriende en aanhangers, wat heeltemal in Hom glo, maar onder die Judeërs nog baie min, selfs hulle beskou Hom net as `n groot profeet en wil nie baie hoor en weet van `n Seun van God nie, hoewel alles wat die profete nog oor Hom voorspel het, by en met Hom in vervulling gegaan het.

[5] Nou sou dit wel nog sover met Hom kan kom, dat Hy die bose lot van Johannes die Doper sal moet deel, en so sal die onsinnige Judeërs, wat tot nou toe in Hom geglo het, dadelik weer omdraai en hulle uit groot vrees vir die tempel weer na die Fariseërs wend en hulle help om hulle, wat Sy aanhangers was, te vervolg.

[6] Tot nou toe het Hy Hom oral nog goed gehandhaaf en het Hy almal wat Hom vervolg het, op baie kragtige wyse weerstaan, en ons hoop en glo ook vas dat Hy deur middel van Sy goddelike aard en wese en ooreenkomstig die mag van die goddelike wysheid, wat Hom vervul, die werk wat baie goed begin het, sonder verdere verstoring sal voltooi. Maar die wêreld is vals en sleg, en haar kinders is duister en baie boosaardig en het tot nou toe nog altyd die kuns verstaan, en doen dit nog steeds, om alles wat God deur die profete ten behoewe van die mense geopenbaar het, hoe waar, goed en wys dit ookal was, te verdraai en in hulle eie slegtigheid te verander. En dit doen hulle op so `n manier, dat selfs die van nature beter en meer verligte mense in die baie valse en slegte, die aloue, suiwer goddelike ware en goeie nie meer kan ontdek nie en dus in die valse en slegte van die wêreld moet bly.

[7] Wel nou, ons goddelike broeder Jesus het reeds begin om `n kragtige lig te laat skyn deur die vreeslike duisternis en boosaardigheid van die Fariseërs en hulle troue aanhangers, op so `n manier, dat ook die heidene hulle al met baie honderde in Sy lig koester en verwarm; maar in hierdie wêreld is nog altyd die moontlikheid denkbaar en aanwesig, wat aan die geregverdige ywer van ons Broeder `n treurig einde kan maak.”

[8] Met hierdie woorde was baie dit eens - maar nie Maria en enkele van haar vriende en vriendinne nie.

[9] En een van hulle sê: “Luister, as Hy dit self wil en toelaat, kan dit wel gebeur dat die slegtes hulle aan Sy liggaam kan vergryp, egter verseker nie tot hulle vermeende voordeel nie, maar tot hulle ondergang, wat by die ou en jongere profete baie duidelik oor die Messias aangedui word! Laat ons onsself dus nie onnodig en tevergeefs oor Hom bekommerd maak nie; want Hy weet die beste en duidelikste wat Hom oor die ware heil van alle mense te doen staan. Ons wil en sal altyd en onder alle omstandighede in Hom glo en Hom ten volle as die Seun van God vereer.”

[10] Daarmee was iedereen tevrede en hulle spreek daarna nog baie oor My lesse en dade, waardeur baie in Nasaret toe waaragtiger en vaster in My begin glo as wat die geval tevore was. Want selfs My drie broers wat tuis agtergebly het, het My nie waardeer soos wat hulle kon gedoen het nie, en vanweë die ongeloof het Ek Nasaret nie so dikwels besoek nie; en toe die inwoners van Nasaret vra waar Ek, die Seun van die timmerman Josef, wat aan hulle welbekend was, die wysheid en mag vandaan gekry het, sê Ek vir hulle: "`n Profeet word nêrens minder gewaardeer as in sy eie vaderland nie!" Daarna trek Ek met My leerlinge verder en het persoonlik ook nie meer na Nasaret teruggekom nie.

[11] Maar na die gesprek met Maria oor My, word hulle geloof in My stewiger, en baie begin My as die Beloofde te sien, en in My persoon ook die in hierdie wêreld gekomde Messias en Seun van Dawid te loof en te prys.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205