Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Daar word twee besetenes na die Heer gebring

48 Toe almal My veelvuldig hulle dank vir die aan hulle verleende mag en krag betuig het, kom daar twee burgers uit die stad na ons toe op die heuwel. Die een was die bekende Griekse herbergier en die ander, sy buurman, was `n Romein wat `n smid van beroep was, en het hulle ook af en toe besig gehou met die genesing van siek diere en by tyd en wyle ook van siek mense, in die besonder halwe dwase en epileptici, en so nou en dan met `n goeie resultaat.

[2] Juis hierdie oggend het mense vanuit die nabygeleë stad Abila twee nog jong mense tussen twintig en byna dertig jaar oud, wat na die mening van die smid `n drievoudige epilepsie gehad het, na die herberg van die Griek gebring om hulle daar deur die smid te laat genees. Die smid het sy middele dadelik probeer; maar dit het niks gebaat nie, en daarna begin die twee eers goed te raas, stoot voor die smid en ook voor die herbergier die smadelikste beledigings uit en dreig om hulle skade aan te rig aan al hulle besighede en aan hulle liggaam en goedere.

[3] Toe het die ontsettend verskrikte herbergier vir die smid gesê: “Die groot Heer en Majesteit, wat met alle goddelike krag en mag vervul moet wees, omdat Hy gistermiddag soveel mense met ander ongeneeslike siektes volkome genees het, sal verseker nog hier wees; laat ons Hom gaan soek! In die Judese herberg kan ons wel na Hom vra!”

[4] Daarop het hulle vinnig na die Judese herberg gegaan, en vra na My, en daar word hulle gesê en gewys waar Ek My ophou. Daarom kom hulle ook haastig na My toe en vertel My alles wat daar die oggend by hulle voorgeval het.

[5] Ek sê vir hulle: “Dit is geen mense met epilepsie nie, maar dit is twee baie erg besete mense; in die een is vyf bose geeste en in die ander, wat die oudste is, selfs sewentien. Bring hulle hierheen, en hulle sal hier gehelp word!”

[6] Die herbergier sê: “O Heer en Majesteit, dit sal ietwat moeilik gaan; want die twee is totaal onbedwingbaar en so sterk, dat twintig sterk mense nie een van hulle kan vashou nie en hulle ook niemand by hulle toelaat nie!”

[7] Ek sê: “Soos hulle deur hulle familielede uit Abila na julle toe gebring is, so sal hulle deur dieselfde familielede ook hierheen gebring kan word. Gaan dus en bring hulle hierheen!”

[8] Daarop gaan die herbergier en die smid dadelik weer na die huis en bring dit onmiddellik oor aan hulle wat die twee besetenes van Abila na Pella gebring het; en hulle probeer die twee besetenes na My toe te bring.

[9] Maar hulle wil aanvanklik nie, en daar was verskeie goed te onderskeie stemme uit die mond van die twee te hoor, wat sê: “Wat het ons met die Seun van die allerhoogste God te maak? Moet ons onsself voortydig deur die mag van Sy wil en woord laat kwel?”

[10] Maar nou sê die herbergier: “As julle absoluut nie wil gaan nie, sal julle daar deur Sy almag wel daartoe gedwing word, en julle verset sal julle nie baat nie!”

[11] Toe skreeu al die bose geeste vanuit die twee: “Ons weet goed dat ons die mag van Sy wil nooit sal kan weerstaan nie; maar ons sal dit trotseer solank ons maar kan!”

[12] Nou sê die herbergier: “Luister, julle bose geeste, wat die brutaliteit het om die almagtige wil van die Heer te trotseer; nou wil die Heer dit, staan dus op en gaan!”

[13] Toe die herbergier hierdie woorde gesê het, waarby Ek voelbaar sy wil met die van Myne ondersteun, staan die twee op en laat hulle deur hulle familielede, wat die herbergier en die smid volg, dadelik sonder enige teenstribbel na My toe bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205