Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die wese van die eerste vyf uitgedryfde geeste

51 Ek sê: “Omdat die gedaante ooreen kom met hulle innerlike, boosaardige begerige liefde! Die gevleuelde slang kom weliswaar ooreen met `n sekere mate van wêreldse wysheid en kan met die verfynde krygslistigheid van `n veldheer vergelyk word; maar as jy die wysheid beter bekyk, sal jy daarin baie weinig naasteliefde sien, maar in plaas daarvan, ongelooflik baie selfsug, heerssug en onbeperkte hoogmoed ontdek. En kyk, die innerlike gesteldheid van `n siel verskyn in My allerhoogste lig in der waarheid in `n gedaante wat volkome daarmee ooreenstem!

[2] Stel jou eens `n gevleuelde slang voor, waarvan daar in die midde en suide van Afrika nog hier en daar enkeles in die natuur bestaan, en ten tye van die Filistyne in die baie warmer jare ook hier te lande bestaan het! Dit is al moeilik om met `n ongevleuelde slang die stryd aan te knoop - vanweë haar geheime listigheid - en vir `n gewone mens is die wegvlug daarvan nog altyd die beste middel om haar listigheid tegemoet te tree.

[3] By `n gevleuelde slang egter help vlug ook dikwels niks, maar alleen ysterbekleding en `n skerp swaard in die hand van `n goed geoefende kryger. En die ysterbekleding is hier die krag van My liefde in julle, die skerp swaard is hier My woord, en die waarheid van My woord, wat in staat is om alles te oorwin, en dit is die goed geoefende kryger en `n ware held van alle helde.

[4] Hieruit kan jy nou goed aflei waarom die eerste vyf geeste hier in die gedaante van gevleuelde slange voor My moes verskyn; want ten tye van die oorlog tussen die Judeërs en hulle was hulle baie geslepe veldhere, en het hulle niks anders voor oë gehad as net hulle eie voordeel, wins en roem nie; want elkeen van hulle het probeer om vir homself `n koninkryk te stig.

[5] Die man wat hulle nou enkele jare al gekwel het, is `n nakomeling van hulle geslag; hulle vind in hom `n groot veldheerstalent, nog diep sluimerend, en sloop sy ingewande van die talent, waardeur hulle mettertyd hoop om hom selfs op die troon van Rome te bring, in hom te wek; maar hulle kon nie slaag nie, omdat hulle deur hulle manier van optrede met sy liggaam, die kapasiteite wat in sy siel gesluimer het, maar net verswak het, maar nie tot lewe gewek het nie.

[6] Dit was toegelaat dat hulle hulle wil op hierdie man uitprobeer, om hulleself tot die oortuiging te bring dat hulle voornemens sinloos en dwaas is en nie ooreenkomstig hulle duistere listigheid uit te voer is nie.

[7] Maar omdat hulle daardeur in hulle woede die laaste tyd met hierdie man dit te bont gemaak het, was dit ook tyd om hom heeltemal van hulle te bevry.

[8] Dit was alles voorsien, en dit was goed vir hierdie man en ook vir die vyf geeste; want hierdie man het op die manier My en saam met My die ewige lewe van sy siel gevind, en die vyf geeste is by hierdie geleentheid genees van hulle ou dwaasheid, dit wil sê, hulle onbeduidende en nooit realiseerbare begeerte, en het nou die weg in die deemoedskole van die reeds beter geeste ingeslaan. - Dit is nou in kort alles wat die eerste vyf geeste aanbetref.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205