Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die agtergrond van die sewentien geeste

52 (Die Heer:) “Wat die gedaante van die sewentien geeste egter betref: Hulle kom ooreen met die onversadigbare vraatsug van die diere, in wie se gedaante hulle hier sigbaar moes word.

[2] Toe Ek op die berg Sinai aan Moses onder bliksem, donder, vuur en rook eens die wette vir die volk Israel gedikteer het, verlang Moses op My bevel en onder verwysing na My aanwesigheid `n passende onthouding van die vraatsugtige volk, sodat hulle siele beter in staat sou wees om die waarhede op te neem wat aan hulle vanaf die berg verkondig was.

[3] Die volk het egter aan Moses gevra, en via hom ook aan My, of hulle vanweë die groot vrees en angs vir die voortdurende bliksem en donder en die vuur en die rook van die berg mag terugtrek na `n verafgeleë dal; hulle sou daar heeltemal nugter bly, en of Moses met sy broer Aäron maar liewer alleen die groot dinge met My sou afhandel.

[4] Nadat `n groot deel van die volk `n rukkie daarop aangedring het, word die verlange ingewillig. Die grootste deel van die volk trek dadelik met alle besittings na `n dal wat taamlik ver van die berg af gelê het. Enkele weke hou hulle hul taamlik goed aan die versoek van Moses. Toe Moses egter langer wegbly, begin die volk van hom en van My te vergeet, slag kalwers en skape en hou die een maaltyd na die ander.

[5] Toe tree een van hierdie sewentien na vore en verlei die volk; want met die hulp van ander giet hy `n goue kalf, vra dat die volk byeen moet kom en sê: “Dit is ons belangrikste voedsel, daaraan dank ons ons lewe in hierdie maer woestyn, waar ons kuddes slegs met moeite nouliks voldoende voedsel vind! Laat ons die kosbare simbool hoog vereer en aanbid! Maak nou `n oorvloed aan maaltye klaar, en laat ons vrolik en opgewek wees rondom die simbool! Daarna moet julle ons as julle leëraanvoerders kies, ons sal eerder in staat wees om julle na `n vrugbare land te lei as Moses self, wat ons heeltemal vergeet het, met sy ark! In Egipte het ons van die sluwe krokodille geleer hoe mens te werk moet gaan om `n goeie prooi te bemagtig; volg ons daarom, so sal dit ons nie aan oorvloedige maaltye ontbreek nie!”

[6] En kyk, baie het hulle laat verlei om te doen wat hierdie belangrikste ratdraaiers hulle aangeraai het!

[7] Ek laat Moses egter na hulle toe gaan, toe daar `n menigte rondom die goue kalf dans. Deur My aangedrewe, ontsteek hy in `n geregverdigde vurige woede en breek die klippe van die wetstafels; onmiddellik daarna kom daar gevleuelde slange wat as’t ware gloei, wat ooreenkom met die geregverdigde vurige woede van Moses, en hulle byt die afvalliges, en wie gebyt was, moes sterwe. Onder hulle was as eerstes ook ons sewentien geeste, wat met die sluheid en vraatsug van krokodille vrugbare lande en vet gebraai wil bemagtig - en om die rede moes hulle hier ook nog in daardie gedaante verskyn, wat met hulle karakter ooreenstem.

[8] Hierdie man stam nie af van die sewentien nie; maar al van kinds af aan was hy gewoond om baie te eet en daardeur het hy later `n egte veelvraat geword; en was dit die slegte hoedanigheid wat die sewentien bose geeste ingang tot sy ingewande verskaf het.

[19] Maar hy het voordeel daarvan gehad. Omdat hulle sy liggaam aanvanklik aangehits het om nog meer te eet, het sy maag baie gou die vermoë verloor om voedsel te verteer; daarna kon hy byna niks meer eet nie, sodat mense hulle daaroor begin te verbaas het dat hy bykans sonder enige voedsel kon lewe. Daardeur raak hy egter ook van sy groot vraatsug ontslae, en daardeur word sy siel geestliker en kragtiger in homself. En omdat sowel sy liggaam en nou nog meer sy siel op die regte manier in orde gekom het, was dit ook die regte oomblik om ook hom van sy kwelgeeste te bevry.

[10] Tegelykertyd het hierdie tweevoudige besetenheid nog `n ander groot voordeel, en wel veral vir die inwoners van Abila, wat byna hulle hele geloof kwyt geraak het; want hulle was merendeels aanhangers van die leer van Diogenes - Stoïsyne dus in die hoogste graad - en glo nie in `n voortlewe van die menslike siel na die dood van die liggaam nie.

[11] Wel nou, die besetenheid van beide hierdie twee het by menigeen die geloof in die voortlewe van die siel na die liggaamlike dood wakker geroep, dan nie geheel nie, dan tog sekerlik vir die helfte, en nou sal dit wat deur die twee besetenes en hulle familielede wat dit meegemaak en gesien het, maklik wees om die inwoners van Abila heeltemal van hulle diep gewortelde Stoïsisme te bevry.

[12] En so gebeur daar in hierdie wêreld niks wat deur My toegelaat word, wat nie tot heil van die mense sou kon dien nie; en jy, My vriend, en ook die ander aanwesiges, sal dit baie goed insien.

[13] Aangesien julle nou ook weet waaraan julle met die sewentien geeste toe is, sal ons nou wag of daar een van hulle sal terugkeer.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205