Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die gevare by die eet van onrein spyse (voedsel)

54 Die kommandant sê: “O Heer en Majesteit, vertel ons tog ook waar dergelike geeste hulle die meeste op aarde ophou, sodat ons sulke onheilspellende plekke en streke makliker kan vermy! Want as mense in sulke streke kom en iets het wat verwant is aan so `n bose gees, kan dit maklik gebeur dat mense deur hulle besluip en ten slotte selfs in besit geneem en beskadig kan word, wat nie bepaald wenslik is nie!”

[2] Ek sê: “Vriend, daarvoor hoef niemand bang te wees wat van harte in My glo en My liefhet deur die werke te doen wat My liefde in hulle aangee nie! Maar mense wat nog diep in allerlei heidense bygeloof staan moet oral en te alle tye vir dergelike geeste vrees en is ook steeds min of meer deur hulle omring of selfs beset; want alle onsuiwer hartstogte van die mense word gestimuleer en beïnvloed deur geeste wat vroeër self hulle hele lewe lank deur dieselfde onsuiwer hartstogte beheers was en hulle na hartelus daaraan oorgegee het.

[3] Sulke onsuiwer geeste - vir `n deel geeste wat al eens in die vlees in hierdie wêreld geleef het, maar merendeels natuurgeeste, wat nog nooit in `n menslike liggaam tot lewe geroep is nie – is daar oral: In die lug, op en in die aarde, in die water en die vuur, in klippe, metale, plante, diere en ook in die bloed en vlees van die mense; daarom moet die mense ook geen vleis van verstikte en onrein diere eet nie.

[4] In geval van nood kan die vleis van onrein diere ook wel geëet word; maar dit moet eers goed skoongemaak, met sout en goeie kruie gemarineer word, by die vuur gedroog en daarna saam met goeie kruie gerook word, om dit van die onrein geeste te bevry.

[5] Die vleis van roofdiere is, ook by alle voorsorgmaatreëls wat Ek julle aanraai, skadelik vir die mense, omdat die onrein geeste nooit heeltemal daaruit verwyder kan word nie.

[6] En so moet die mense ook geen water uit onrein bronne drink en moet hulle hulle bronne skoon hou, soos wat Moses dit namens My ook alles streng vir die Israeliete beveel het.

[7] Wie, wat sy liggaam betref, volgens die aanwysings van Moses leef, sal dit altyd en oral gespaar bly om deur slegte en onsuiwer geeste in besit geneem te word, en des te sekerder as hy werklik in My en My vaderlike sorg glo en alles in My Naam begin, doen en beëindig. Maar sonder dit is hy elke oomblik blootgestel aan duisende gevare van allerlei soort, helaas deur sy eie traagheid, onwetendheid en domheid.

[8] As Ek die mense, wat reeds van nature `n beter wil en instelling het, nie deur My engele sou laat beskerm nie, sou daar maar weinig onbesete mense op hierdie aarde gewees het! Maar daarop moet die mense hulle nie al te veel verlaat nie, omdat My engele nie die wil van die mense beteuel nie. - En dit is ook vir julle iets om oor na te dink!”

[9] Toe Ek uitgespreek was, bedank almal My en prys My wysheid en mag, en die inwoners van Abila vra My of Ek ook hulle stad wou besoek; want hulle sou My daar aankondig.

[10] Ek sê: “Dit kan julle wel doen - maar Ek noem nie met sekerheid die tyd en die uur dat Ek na julle toe sal kom nie; maar Ek sal tog ook na julle toe kom! Nou kan julle weer terug na julle huise gaan! Maar neem eers by julle herbergier ietwat brood en wyn tot julle; maar eet net vleis van varke as julle dit voorberei het, soos wat Ek dit vir julle aangeraai het!”

[11] Daarop bedank hulle My almal nogeens en begewe hulle toe saam met die Griekse herbergier en die smid na die stad.

[12] Ons bly nog `n rukkie op die heuwel, en die kommandant en ook die ander Romeine vra My nog baie dinge, en Ek neem hulle twyfel weg.

[13] Op die manier word dit heeltemal middag, en daar kom `n bode van ons herbergier, wat by ons gebly het, die heuwel op om ons vir die middagmaal uit te nooi. En ons staan op en volg die bode.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205