Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die getuienis van die oudste oor die Heer

57 Na `n oomblik spreek die oudste die volgende woorde: “Nee, nee, nee - dit is ongehoord! Moses en Elia, die twee grootste profete, het groot dinge gedoen, ja, groter as wat `n mens met die suiwerste verstand ooit in staat was om te omvat en te begryp en wat selfs die mees gelowige gemoed nouliks kan glo! Maar wat is vergeleke by die wonderbaarlike werk en al die wonders, wat deur die genoemde twee profete gedoen is, volgens die wil van JaHWeH, van Wie se Gees van mag hulle vervul was?! Alle profete, sowel die grotes as die kleinstes, het gesê: “Die Heer wil dit, en die Heer spreek!” Maar U, o grote Heer sê: “Ek wil dit” en dit is so!” En in één oomblik gebeur daar wat U wil! Daarom is U meer as Moses en Elia!

[2] U is die Heer Self in alle volheid, en ek het nou as ou man in U my heil gesien en sou nou wil sê: “O Heer, Heer, laat U ou dienaar in vrede oorgaan na die groot wêreld aan die ander kant! Want U is die Beloofde vanuit Uself! U ewige Gees het uit die mond van die profete gespreek en U neerdaling voorspel, en U, wat die ewige Waarheid en Trou self is, het U woord gehou en het in `n liggaam van vlees en bloed na ons sondige mense gekom om ons weer opnuut op te rig, sowel die Judeërs as die heidene, wat ook kinders van Noag is en eens saam met die pre-Abrahamiete één volk gevorm het onder die groot opperkoning en allerhoogste priester Melgisédek van Salem. Daarom aan U alleen alle eer en alle lof, o Heer, Heer, Heer!”

[3] Ek sê: Nou, nou, dit is wel goed en waar so! Dat julle weggesakte geloof deur hierdie daad van My op één slag weer opgerig is, is wel goed te begryp, net soos die feit dat julle My onmiddellik herken het; maar in die toekoms moet julle jul geloof deur werke van ware naasteliefde eers lewend maak, anders het dit in My oë geen waarde vir die lewe van julle siel nie. Want Ek het enkel deur My oorgrote liefde na julle mense toe gekom, en so kan julle mense ook alleen maar weer deur liefde vir My en vir jou naaste na My toe kom en op die manier tot die ewige lewe van julle siele, as My egte kinders; dit moet julle goed onthou!

[4] Die geloof in My is wel `n lewende lig uit die hemele, maar eers deur die werke van die liefde. Soos `n lig, wat egter skyn in die nag, uitgedoof word as dit nie gevoed word deur steeds nuwe olie toe te voeg nie, so doof dit ook sonder die voortdurende werke van die liefde selfs die aanvanklike mees onwankelbare geloof uit.

[5] Deur die wonderwerk, wat vir My maklik was om te doen, het Ek nie alleen julle heeltemal weggevalle geloof in julle siel opgerig nie, maar ook julle liefde vir My aangewakker; en in die lig van die ware, ewige lewensvlam het julle toe ook vinnig en maklik gesien Wie daar in My na julle toe gekom het.

[6] En noudat julle dit onmiddellik en sonder baie moeite en prediking gesien het, moet julle ook daarvolgens handel, sodat julle en julle nakomelinge deur die werke van die liefde in My Naam in die lewende geloof bly!”

[7] Die oudste sê: “O Heer, Leraar, die werk sal in hierdie streek van die sestig stede baie groot opsien baar, by die onsinnige Judeërs, sowel as by die baie heidene, en sowel in hierdie stad as mettertyd ook in die ander stede. As die mense van alle kante hierheen kom en sien dat ons al so lank vervalle huis plotseling in `n egte koninklike kasteel verander is, en aan ons vra hoe dit gebeur het - wat se antwoord moet ons hulle kan gee?”

[8] Ek sê: “Wees nie besorg daaroor nie; want as julle genoodsaak is om teenoor die mense oor hierdie doen en late van My te spreek, sal julle wel in die mond gelê word wat julle moet sê! Die al te opdringerige mense kan julle na die kommandant en sy onderoffisiere verwys, wat dit alles sien gebeur het - so sal julle die korrekte opheldering kry; want hierdie mense ken My al baie goed en weet dat niks vir My onmoontlik is nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205