Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Uit die tyd van die koning van Salem

60 Nou vra die oue vol diep ontsag: “Heer, Heer, as mens dit so lees, was die geheimsinnige koning van Salem tog al gou daar nadat Noag uit die ark gestap het en die aarde begin verbou het. Sy kinders kon hulle in die kort tyd tog nie so geweldig vermeerder het nie, dat daar in die tyd van die koning van Salem op aarde al so `n groot aantal ander klein konings was, wat Hom die tiende as offer kon gebring het nie? Net soos baie ander dinge in ons boeke, klink dit baie misterieus en kan nie met ons verstand begryp word nie.

[2] En U sê ook dat U sou opvaar! Wat is dit? Waar vaar U heen, en wanneer? Heer, Heer, verklaar ons dit ietwat van naderby, sodat ons dit uiteindelik in U Gees van waarheid, liefde en lewe ook aan ons nageslag kan uitlê en hulle ons glo wanneer ons vir hulle sê dat U, o Heer en Leraar Self Die Een was wat aan ons die buitengewone dinge geopenbaar het!”

[3] Ek sê: “Wat die tyd van die koning van Salem aanbetref: Hy was daar al ewig vóór enige skepsel en derhalwe ook vroeër as Noag. Wat egter die aardse tyd betref, waarin Hyself in die gestalte en persoonlikheid van `n engel uit die hemele die mense oor Homself en oor hulle bestemming onderrig het: Hy was daar al van tyd tot tyd tydens die lewe van Noag en het met hulle gespreek, maar `n werklike koning- en priesterskap was eers ingestel `n paar honderd jaar nadat Noag die ark verlaat het, en die tyd het Noag en sy drie seuns nog self meegemaak. In die tyd was die aarde alweer digbevolk, en die baie stamvaders van klein volke voer die titel koning, en bring elke jaar hulle offers na Salem en was deur die Koning onderrig.

[4] Toe die volke hulle egter meer oor die wye aarde versprei het, vergeet hulle die Koning der konings en begin hulle van Hom af te skei; ook hulle wat naby Hom gewoon het, het nie meer na Salem getrek nie. Toe verlaat die Koning ook die kasteel en besoek hom nog maar selde. Enkele patriarge het aan Hom trou gebly, soos byvoorbeeld Abraham, Isak en Jakob, en later alle groot en klein profete en nou in vlees en bloed ook julle.

[5] Wat My hemelvaart betref, het dit `n dubbele betekenis. Die eerste sal, van nou af gereken, geen jaar meer op hom laat wag nie; die tweede egter sal in elke mens wat werklik in My glo, bewerkstellig word deurdat die Gees van My Liefde in sy hart sal opstaan en die verstand van die mens in alle wysheid van die hemele sal binnelei.

[6] My persoonlike hemelvaart sal egter plaasvind kort nadat die liggaam van My, weer uit die graf sal opstaan en so in My goddelike wese sal oorgaan, drie dae nadat dit gedood is deur die hande van God se vyande.

[7] Soos julle dit gehoor het dat Elia vroeër sigbaar en in `n vurige wa na die hemel opgevaar het, so sal Ek ook, sigbaar vir baie van My vriende, van die materiële bodem van hierdie aarde opvaar na die sigbare hemel. En voortaan sal Ek nie soos nou persoonlik sigbaar rondwandel onder alle mense - goeies en slegtes - en hulle onderrig nie; maar Ek sal alleen in die gees, goed waarneembaar en herhaaldelik ook sigbaar, onder hulle wandel en hulle onderrig en lei, die wat in My glo en My bo alles liefhet en hulle naaste soos hulleself. Want in die hart van sulke mense sal Ek vir Myself die genoemde nuwe kasteel bou en My intrek daarin neem.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205