Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die manier van onderrig

65 Ek sê: “Ek kan jou niks anders sê as wat Ek vir julle en My leerlinge gesê het nie: Leer hulle om vóór alles die een, enige ware God te ken en Sy ryk van ewige liefde en waarheid, en leer hulle deurdat julle `n voorbeeld stel en te handel volgens die leer wat julle van My af ontvang het! Dan sal julle deur My Gees in hulle wel tot alle waarheid en wysheid verhewe word.

[2] Dat alle verskynsels, sowel op die hele aarde, asook by die mens, `n mees innerlike en geestelike, lewende oorsaak het, het Ek julle in Pella voldoende laat sien. Maar daarom is dit nog nie nodig om die mense dadelik in die begin al bekend en vertroud te maak daarmee nie, maar net met die hoofsaak, wat julle goed ken; as dit wortel geskiet het, sal al die ander hulle maklik en vanself laat bewerkstellig.

[3] Julle moet julle trouens veral in die begin nie met die verklaring van die verskynsels in die natuurlike wêreld besig hou nie - ten eerste omdat dit vir julle self nog nie volledig duidelik is nie, en in die tweede plek omdat die eintlike ware lewensheil van `n mensesiel nie afhang van die ken daarvan nie - maar julle moet die mense egter maar net leer om in My te glo en te lewe en te handel volgens My wil, soos wat julle dit ken; vir al die res sal Ek Self goed sorg! Want na diegene wat My gebooie hou en My werklik metterdaad bo alles liefhet, sal Ek Self kom, en Ek sal Myself in alles aan hom openbaar, na gelang van sy bevattingsvermoë.

[4] Want die talente is verskillend deur My onder die mense verdeel, sodat elkeen sy naaste ooreenkomstig sy eie talent in die deur My beveelde naasteliefde kan dien. Daarom hoef julle by die mense voorlopig minder vir die ontwikkeling van spesiale talente te sorg, maar slegs vir die hoofleer, wat julle van My ontvang het; vir al die ander, soos gesê is, sal Ek self sorg.

[5] Toe die onderoffisier dit van My gehoor het, bedank hy My en vra My verder niks meer oor dergelike dinge nie.

[6] Tydens hierdie leersame geleentheid het die son egter ook al heeltemal bokant die horison geklim, en daar kom `n bode uit die huis om ons te sê dat die oggendmaal gereed staan. Toe staan ons op en begewe ons na die huis.

[7] By die huis aangekom, blyk dit gewoonweg beleër te wees deur verskeie burgers van hierdie stad; want hulle het gehoor dat die kommandant die hele nag in die huis van die Judeërs was, en hulle sou vir `n beloning van een van die bewoners van die huis graag te wete wou kom wat daar eintlik aan die gang was. Toe hulle egter reeds van enige afstand die kommandant en sy dienare sien en herken, hef hulle hulle reëlregte beleëring van die huis onmiddellik op en trek hulle ietwat terug, sodat ons ongehinderd die huis kon binnegaan.

[8] In die huis neem ons weldra die goed voorbereide oggendmaal tot ons, en niemand bekommer hom spesiaal oor die burgers van hierdie stad, wat die huis gadeslaan nie.

[9] Spoedig daarna kom die burgemeester van hierdie stad om sy opwagting by die kommandant te maak.

[10] Toe hy hom deur een van sy meegenome dienare laat aankondig, vra die kommandant My of hy hulle moet binnelaat of nie.

[11] Ek sê: “Laat hierdie man maar na ons toe kom; want ook hy sal `n instrument vir My word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205