Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant onderrig die burgemeester oor die Heer

67 Toe Ek dit gesê het, staan ons almal van die tafel af op, loop deur alle groot en klein vertrekke en ook die baie groot kelder, en die burgemeester raak daarby so vol verbasing en verwondering, dat hy van louter ontsag nouliks durf te praat.

[2] Toe ons na `n paar uur opnuut na die groot eetsaal teruggekeer en om die tafel plaasgeneem het, sê hy eers (die burgemeester): Nou glo ek eers dat daar `n God van ewigheid bestaan, en wel alleen Die Een in wie die Judeërs glo - maar nog maar baie swak - en wat julle van tyd tot tyd aanbid en ter ere aan wie julle één dag in die week wy. Want dergelike dinge kan alleen maar moontlik wees vir Die Een wat die wye hemel en hierdie aarde, waarvan ook nog geen mens die einde ontdek het nie, uit Homself deur Sy ewige magswoord opgebou het en met tallose plante, diere en mense in groot verskeidenheid dit bebou, versier, tot lewe gebring en bevolk het. O kommandant, leer my die God van naderby ken!”

[3] Die kommandant sê: “Kyk daar na die man wat regs van my sit en met my dogter praat, wat Hy in Pella op wonderbaarlike wyse van `n baie kwaadaardige siekte genees het! Meer hoef ek jou voorlopig nie te sê nie; naderhand sal jy wel meer besonderhede en uitgebreide inligting kry!”

[4] Hierop begin die burgemeester My noukeurig te bekyk en sê toe saggies vir die kommandant: “Hy is wat sy uiterlike betref ook `n mens en wat sy kleding betref `n Judeër uit Galilea; maar hy moet `n uiters vroom man wees en volkome toegewyd wees aan die groot God van die Judeërs, omdat die groot God Hom tot so `n ongehoorde mag verhef het, soos wat dit in vroeër tye ook met ander baie vroom Judeërs gebeur het!”

[5] Die kommandant sê: “Vir `n deel het jy wel gelyk, maar nog lank nie heeltemal nie. Maar mettertyd sal alles vir jou nog wel duidelik word!”

[6] Nou wend Ek My tot die kommandant en sê: "Nou kan jy hom wel meer vertel; want hy sal dit begryp.”

[7] Toe begin die kommandant die burgemeester oor My te onderrig, selfs tot verbasing van My leerlinge, en hy begryp en vat alles, en daar bly geen twyfel meer in sy siel oor nie.

[8] Toe die burgemeester nou goed insien met wie hy in My te doen het, staan hy op, loop vol eerbied na My toe en sê vol toewyding: “Heer, Heer, U alleen is Die Een in wie ek met my hele huis van nou af aan sonder twyfel werklik sal glo! Maar sê U my ook wat ek moet doen om te sorg dat my geloof in `n kort tyd moontlik ook in die harte van ander mense sou kan oorgaan! Want my gemoed is nou eenmaal so, dat ek met hulle wat my meer as gelukkig en salig en tevrede maak, ook dadelik alle ander mense bietjie gelukkig en tevrede sou wil maak, wat egter met ons swak menslike kragte natuurlik dikwels nie so vinnig gaan as wat ons wens en graag sou wou sien nie. Maar aan U, o Heer, is alle middele reeds sedert die ewigheid volkome bekend, en daarom kan ook alleen U dit aan my bekend maak!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205