Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die herbergier en die kommandant word onderrig

74 Nou open die dienare die deur en bring die goed bereide spyse op die tafel, en tewens nog meer brood en wyn, en ons neem ook die maal tot ons; ook die herbergier verkwik hom aan ons tafel, en sy vrou en kinders, wat aan `n ander tafel sit, eet en drink ook met groot vreugde en wend hulle oë nie van My af nie.

[2] Na die maaltyd kom die vrou en die kinders na My toe om My te bedank vir die barmhartigheid wat Ek hulle bewys het.

[3] Enkele leerlinge raak egter ietwat geïrriteerd deur die langdurige bedankinge van die vrou en die kinders, en hulle beduie hulle dat hulle nou wel genoeg bedank het.

[4] Ek merk dit wel en sê vir die ongeduldige leerlinge: “Hoe dikwels het Ek nie in julle teenwoordigheid tekens gedoen nie, en hoe dikwels het julle jul nie aan My tafel versadig nie; maar Ek het van julle nog maar weinig openlike dank ontvang. Laat hierdie kinders daarom hulle vreugde toe! Werklik, die dankbare gebrabbel van `n kind is vir My baie beter as die baie wyse woorde uit die mond van `n geleerde, wat wel `n genoeë is vir die verstand, maar wat aan die hart weinig doen. Waarlik Ek sê julle: Wie My nie teenoor die wêreld bely nie, die sal Ek ook nie teenoor die Vader in die hemel bely nie! Laat hierdie kinders daarom hulle vreugde toe!”

[5] Toe die leerlinge die berisping van My gehoor het, beheers hulle hulle en laat die kinders hulle vreugde toe; en Ek prys die kinders, lê hulle My hande op en laat hulle toe gaan. Toe gaan die vrou met die kinders weer na die kombuis, waar hulle vir die volgende dag baie voor te berei gehad het.

[6] Ek het die herbergier nog tot in die middel van die nag in verskillende dinge onderrig, waarna ook die kommandant met sy onderoffisiere en Veronica met die grootste aandag geluister het.

[7] Die kommandant sê: “Heer, ek het in Pella en Abila na U geluister en alles wat ek van U gehoor en gesien het, goed onthou; maar nou moet ek openlik beken dat U nou met die herbergier baie duidelik oor dinge gepraat het, wat heeltemal nuut en vreemd vir my was, en ek kan U, o beste Heer en Majesteit, nie genoeg daarvoor dank nie; want nou kry ek `n baie dieper insig as tevore in die geheime van U eindelose groot skepping van die kleinste tot die ondeurgrondelike grootste.”

[8] Ek sê: “Ja, My beste vriend, Ek sou jou en al hierdie leerlinge van My nog baie gesê en onthul het, maar julle sou dit nou nog nie kon verdra en begryp nie; maar as Ek aan julle die Ewige Gees van die Waarheid sal stuur en hy julle siele sal deurdring, sal julle daardeur in alle wysheid verhewe word.

[9] Dat Ek nou met ons herbergier oor soveel dinge kan spreek wat vir jou vreemd en nuut moes voorkom, kom deurdat hierdie herbergier wel goed tuis is in die Skrif, maar nie so in die suiwer begrip daarvan nie. Jy ken ook baie dinge uit die Skrif van die Judeërs, maar nie soos wat hierdie herbergier dit ken nie; Ek het met hom ook oor dinge gespreek wat vir jou vreemd en nuut moes wees. As jy die hele Skrif, wat byna tot aan hierdie dae reik, met die korrekte aandag deurgelees het, sal jy nog baie dinge teëkom wat vir jou baie nuut en vreemd sal voorkom. Dan sal jy dit met jou verstand ondersoek, maar die betekenis van die verborge innerlike waarheid nie vind en herken nie. Maar met die gees, wat Ek ook aan jou sal stuur, sal jy die innerlike betekenis wel herken.

[10] As jy egter oor die dinge van die natuurlike wêreld nog diepere opheldering wil hê, besoek jou ampsgenoot in Genésaret, en jy sal van hom baie hoor wat vir jou tot nou toe ook nog vreemd was; want Ek onderrig die mense steeds ooreenkomstig hulle vermoë om die dinge op te neem en ooreenkomstig waaroor hulle al vroeër self dikwels nagedink het, maar waarin hulle, ondanks al hulle inspanning, nie tot enige waarheid kon kom nie. En so gebeur dit dus dat Ek oral as’t ware met iets nuuts tevoorskyn kom; tog is dit eintlik nie iets volkome vreemd en nuut nie, maar iets wat al daar was, maar wat nog nie deur die mense herken en begryp is nie.”

[11] Dit begryp die kommandant en ook alle ander, wat buiten My leerlinge, saam met die kommandant hier aanwesig is. Die leerlinge self begryp egter ook nou eers dieper, waarom Ek op verskillende plekke, behalwe die hoofleer, wat natuurlik altyd dieselfde was, die mense ook oor verskillende dinge op so `n manier onderrig het, dat hulle dit kon vat en waar hulle min of meer behoefte aan gehad het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205