Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant praat oor hoe mense God moet soek

78 Een van die twee sê: “Hoë gebieder, ons sien dat U werklik meer as volkome gelyk het, en gelukkig en salig is elke mens te prys wat in staat is om so vas te glo en te vertrou soos U; want dit verdra sonder enige moeite elke ongemak wat hom op hierdie aarde kan oorkom en is steeds vol troos in sy gemoed!

[2] Maar waar moet ons so `n geloof en so `n vertroue vandaan kry? Kyk, daar onder op die breedste stuk van ons hoofweg lê ons belangrikste priesters van Zeus en Apollo, en nie ver van hulle vandaan twee Judese rabbi’s! Ons priesters toon ons deur hulle gedrag hoe weinig waarde hulle vir hulle eie heil aan die gode heg, en so laat ook die Judese priesters sien dat hulle geloof en vertroue in hulle een en enige ware God geen haar beter is as die van ons priesters nie.

[3] O, so gou as al die gevaar vir `n uiteindelike naderkomende storm verby is, sal hulle dadelik optree en flink oor die gode begin te preek, wat vertoornd is omdat ons geloof in hulle te swak is en ons baie weinig offer; en hulle sal sê dat as ons in ons ongeloof volhard en te min ryk offers in die tempels van die gode bly bring, en dat die gode nog toorniger sal word en die hele land tot `n woestyn sal maak!

[4] Miskien sal hulle vandag nog op die manier in hulle tempels begin kerm, en hulle sou al daarmee begin het, as `n helder oggend hulle sou aandui dat hulle nie bang hoef te wees dat die storm sal terugkeer nie; maar die baie trietsige en nog dreigend uitsiende oggend hou hulle nog daarvan af.

[5] En so is dit ook met die priesters van die Judese God. Hulle sou ook al in hulle sinagoges hardop boete- en offerpredikinge hou, as die baie donker en onheilspellende oggend hulle nie daarvan sou weerhou het om hulle sinagoges binne te gaan om net vir hulle eie welsyn te gaan kerm nie.

[6] Sien, hoë gebieder, ons sien die nou reeds lank bestaande bedrieëry van beide ons, sowel as die Judese priesters, maar al te duidelik in en maak ook by elke enigsins gevaarlike geleentheid mee, hoe die priesters eerste op die vlug slaan en daarmee duidelik te kenne gee hoe weinig geloof en vertroue hulle ten opsigte van die deur hulle so hoog geprys gode besit! As die leëraanvoerders daar by `n leër op die vlug slaan vir die vyand - waar moet hulle soldate hulle moed vandaan kry? Maar as die gode, in die lig van die verstand beskou, vir die priesters so goed as niks beteken - wat moet en kan hulle vir ons beteken?

[7] En so, hoë gebieder, is dit vir ons wel baie moeilik, selfs onmoontlik om tot `n vaste geloof en vertroue in ons gode, sowel in die een God van die Judeërs te kom, en daarom val ons ou lyfspreuk om ons nie kwalik te neem, waarvolgens elke mens homself moet help; en as hy dit nie kan nie, laat sowel die gode as sy medemens hom in die steek.

[8] Maar U, hoë gebieder, wat `n goeie en ware woord tot ons gespreek het, en daar moet per slot van rekening tog so `n God bestaan, soos wat U Hom vir ons beskrywe het! Maar waar is Hy? Hoe kan mense in waarheid die weg na Hom vind?”

[9] Die kommandant sê: “Dit is vir `n wêreldse mens natuurlik nie so maklik wanneer `n wêreldse verstandige mens miskien wel bedink, terwyl hy sê: “As daar één of verskeie gode bestaan, moet hulle hulleself nie deur ons mense al te moeilik laat vind nie, as hulle deur ons geken en vereer wil word, soos wat alle priesters dit oral as `n baie streng plig aan die mense oplê; en as die gode hulle vinnig en maklik deur die mense laat vind, wil hulle gladnie geken en vereer word nie, of hulle bestaan wel heeltemal nie, en is al die soek vergeefse moeite!”

[10] Maar ek sê vir julle dat dit nie so is nie! Want ten eerste is daar van ewigheid af maar één, enige ware God, en die God wil deur ons mense gesoek, gevind, geken en vereer word deur die streng onderhouding van Sy gebooie, wat tot ons heil gegee is. En ten tweede, omdat daar `n God bestaan wat oor iedereen wat ook maar enigsins moeite doen om te soek, baie goed in Sy werke waargeneem kan word, moet die mens die God ook vol egte liefdesverlange soek; maar nie van vandag tot môre, soos ligsinnige kinders nie, maar van dag tot dag met steeds toenemende ywer en vlyt en met liefde vir Hom in groeiende verlange, en dan sal God Hom deur so `n soeker net so laat vind soos wat Hy Hom deur my en al deur baie laat vind het.

[11] En as Hy Hom laat vind deur één of ook meer mense wat Hom op die regte manier soek, dan sal Hy sulke troue soekers wel meedeel wat hulle ooreenkomstig Sy uiters wyse wil verder moet doen en hoe hulle moet lewe om in Sy liefde en barmhartigheid te bly en deur Hom tot die ewige lewe van hulle siel gewek te word.

[12] En so iemand sal selfs onder die mees bedreigende omstandighede op hierdie materiële beproewingswêreld nie swak word of gaan wankel in sy werklike lewende geloof en vertroue nie, maar hy sal alles met alle geduld en in volle oorgawe die aan hom bekende goddelike wil sonder baie angs en vrees verdra; en ten slotte sal hy God vir alles dank, omdat hy insien dat God alle gebeurtenisse in hierdie wêreld alleen maar vir die egte heil van die mense ingestel het. En wie God so gevind het, het sekerlik die hoogste en mees waardevolle skat van sy lewe gevind!

[13] En omdat dit die allerhoogste en mees waardevolle skat van die menslik lewe is - wat julle nou goed sal insien - loon dit seker die moeite om so `n skat met die grootste ywer en erns net so lank te soek totdat `n mens dit gevind het.

[14] Wat baat dit die mens hom by die najaag en soek van aardse, verganklike skatte en goedere! Die één boor in die berge om goud, silwer en edelstene te vind; `n ander duik in die diepte van die see om enkele pêrels te vind; `n derde vaar op `n gebrekkige skip oor die wye, stormagtige see om in `n vreemde land die ware uit sy eie land vir `n paar pennings duurder te verkoop - en so is die één hiermee en die ander daarmee besig, en daarby is geen moeite te veel nie, wanneer hy daarmee maar een of ander verganklike lewensvoordeel kan verkry. Waarom wil mense, by die soek van die allerhoogste lewenskat, nie ook eintlik die moeite doen nie, terwyl mens tog weet dat die mense wat die skat met ware ywer soek, dit ook weet en waaragtig gevindhet?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205