Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

`n Wonder van die Heer ontnugter die Romeine

8 Ek het dit nog nouliks gesê, of hulle swewe almal al op die vooraf bepaalde hoogte in die lug van die saal, en omdat elkeen van hulle elk `n vaste steunpunt en daarmee ook hulle ewewig kwytraak, hang die meeste vanweë hulle heftig spartelende bewegings op hulle kop in die lug; en `n wind, wat deur die hoë vensters van die saal werwel, dryf hulle van die een wand van die saal na die ander, en geeneen van hulle kon mekaar ook maar enige hulp bied nie. Sommiges probeer hulle wapens na ons te gooi; maar ook die bly in die lug hang.

[2] Toe die kommandant hom saam met sy helpers byna `n halfuur lank in die ongehoorde posisie bevind, vra Ek hom: “Hoe dink jy nou oor My algehele volmag? Vind jy nie dat die leeu van Juda magtiger is as jou skerp Romeinse volmag, wat jy ook `n leeu noem, wat jag maak op alle diere en nie soos wat `n haas dadelik vir `n sluwe Judese jakkals op die vlug slaan nie?”

[3] Daarop skree die kommandant vanuit die lug na My: “Ek smeek jou, hoof van alle magiërs of halwe of hele God, bevry ons uit hierdie uiterste onverdraaglike toestand, dan sal ek heeltemal afsien van die uitgespreekte straf; want ek sien nou maar al te duidelik in, dat alle mag van selfs die grootste ryk op aarde geen wedstryd met jou kan aangaan nie! Bevry my uit hierdie beklaenswaardige toestand, dan sal ek nie alleen die straf wat ek julle opgelê het, heeltemal kwytskeld nie, maar my ook nie meer in die minste verder oor julle bekommer en oor hierdie saak swyg soos `n Egiptiese piramide, en julle kan in hierdie stad bly solank julle wil en ek sal niemand van julle dwing om hierdie plek te verlaat nie!”

[4] Ek sê: ”Luister eers, Ek deursien jou hart en sien dat jy met jou beloftes dit nog nie heeltemal ernstig meen nie; maar aangesien Ek My mag sekerlik beter ken as jy joune, sal Ek jou bede dan ook verhoor; laat die aardbodem dus weer `n vaste steunpunt vir jou voete word!”

[5] Toe Ek dit gesê het, kom almal regop te staan in die lug en daal toe baie kalmpies weer na die aardbodem, wat hier tewens die vloer van die saal vorm.

[6] Toe hulle weer vaste voete gekry het, stuur die kommandant sy soldate dadelik weg en gee ook die wag, wat buite om die saal heen staan, `n bevel om hulle na hulle woonhutte en kampe te begewe, wat ook onmiddellik gebeur. Self bly hy egter met twee van sy hoogste onderaanvoerders by ons in die saal, gaan by `n klein bytafel sit en laat hom brood en wyn gee, en nou sê hy vir Ebal: “Dit kan jy en die almagtige ons vir die volledige kwytskelding wel toestaan! Het jy my buite iets gesê oor die mag van hierdie baie uitsonderlike mens, dan sou ek vas en seker meer menslike eise aan jou gestel het! Maar wie sou ook kan vermoed dat hom onder hierdie mense, wat volgens jou jou ou vriende is, `n almagtige magiër wat aan die gode gelyk is, bevind?

[7] By ons Romeine geld dit as iets wat hom midde in `n hewige stryd as `n wenk van die gode voordoen, en dan is die stryd volledig afgeloop.

[8] Ek het in die lug van jou saal baie angs deurstaan, waardeur ek baie swak geword het, en daarom wil ek my hier nou ook weer versterk; maar ten tweede sou ek nou tot niemand se skade in goeie en volle erns nader kennis wil maak met die wonderman, wat hy my wel waardig sal ag, aangesien ek Hom op geen enkele manier meer dreigend in die weg sal staan nie. Laat my en ook my twee dienare nou derhalwe baie goeie wyn en ietwat brood en sout bring!”

[9] Ebal laat dit dadelik gebeur, en die drie word uitstekend versorg en eet en drink. Toe hulle hulle enigsins van die wyn en van hulle angs en vrees vir My herstel het, begin hulle ook harder en moediger te praat, en die kommandant wil verskeie kere van sy stoel opstaan en na My toe gaan om `n gesprek met My te begin; maar sy twee dienare raai dit vir hom af, omdat dit volgens hulle nie raadsaam was om hom met groot magiërs in `n gesprek te begewe nie, voordat Hy dit self wens nie. Sodoende bly die kommandant nog rustig en laat hom nog meer wyn bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205