Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die belang van die liefde

84 Hierdie woorde van die kommandant bring die twee bure tot opperste verbasing, en hulle sê vir die kommandant: Hoë gebieder in die plek van die groot keiser, nou dank ook ons U en ons opregte buurman, omdat julle in ons bevestig dit wat ons daar buite op die heuwel heimlik al gedink het, maar nie hardop durf uitspreek nie! Hierdie man, wat ons vanweë sy kleding `n Galileër noem, is die een, enige ware God, nie alleen van die Judeërs nie, maar van alle mense en alle skepsels! Aan Hom alleen is alle magte en kragte van die aarde onderwerp, en die maan, die son en alle sterre loof en prys Sy ewige wysheid en mag. Hy is in Homself die ewige oergees, en God, wat Homself ter wille van die blinde mense op hierdie aarde, as `n volmaakte mens getoon het, om ons te laat sien dat Hy as enige van ewigheid die Heer is oor alles wat die aarde en die hemele bevat, wat net soos hierdie aarde Sy werk is.

[2] O, hoe is ons nou eindeloos gelukkig dat ons Hom nou in ons gedaante kan sien en herken nie! Laat ons priesters nou maar kom, en ons sal Zeus aan hulle toon!”

[3] Hierop val die twee bure voor My op hulle knieë en wil My aanbid; maar Ek beveel hulle om op te staan en na My woorde te luister. Dit doen hulle, en tot die middag onderrig Ek hulle in My wil en verklaar hulle baie ander dinge. En hulle word My dienare.

[4] Toe Ek die twee bure van ons herbergier goed onderrig het in alles wat voorlopig vir hulle sieleheil noodsaaklik was, en hulle dit ook goed begryp het, bedank hulle My uit die diepste grond van hulle hart, en die een, wat die beste kon spreek, sê: “Werklik, by so `n onderrig oor God, wie se volheid in U woon, o Heer en Majesteit, en oor die bestemming van die mense op hierdie aarde, wie se ware vorm en hoedanigheid U oorduidelik vir ons beskrywe het, sou vir ons geen van die groot tekens wat U hier gedoen het, nodig gewees het nie, en ons sou U enkel aan U woord herken het; want in onsself word ons al baie gou gewaar dat elkeen van U woorde lewend is en soos `n vuur uit die hemele, alles wat dood was in ons deurstroom en tot lewe wek. En dit het `n baie sterker oortuigende invloed op ons as die tekens wat, al is dit ook buitengewoon en besonder, ten slotte tog enige ooreenkoms vertoon met die tekens wat deur menige magiër en priester gedoen word met behulp van geheel natuurlike, maar vir ons onbekende middele en kragte, en wat die vrye wil en die verstand van die mense altyd baie meer geskaad het as ooit, waar of wanneer ook, dit nut gebring het.

[5] Maar tog dank ons U, o Heer en Majesteit, ook vir die groot tekens wat U hier gedoen het en ook vir die mooi, helder dag, wat ons deur U goddelike mag ten deel geval het; want die tekens wat U hier gedoen het, sal op ons blinde of bygelowiges sowel as die Stoïsynse mense, wat elke geloof verwerp, eers in die toekoms, wanneer hulle deur ons bewerk word, `n blywende goeie uitwerking hê.

[6] Ons is nou hier met voldoende getuies, en ons het nou ook die moed om met alle magte van die nag en duisternis onder die mense die stryd aan te gaan en in U Naam te oorwin; en U, o Heer en Majesteit, aan wie alle magte en kragte van alle hemele en van hierdie aarde onderwerp is, sal ons sekerlik nie in die steek laat in die stryd vir die lewende waarheid, wat ons uit U heilige mond verneem het nie!”

[7] Ek sê: “Daarvan kan julle, wat nou My goeie vriende is, volkome seker van wees, en Ek verleen julle nou ook die mag om siekes in My Naam te genees deur julle hande op te lê, wat se siektes hulle ookal mag hê, en om bose geeste uit te drywe by hulle wat besete is. En sodanig deur My toegerus, kan julle wel - maar steeds behoedsaam en wys - die stryd met die leuenagtiges en die swart bedrog aangaan, en so sal die segepalm nie agterweë bly nie.

[8] Maar alles wat julle in My Naam doen en sal doen, moet julle uit liefde doen, om in die hart van hulle wat julle vir My ryk gewen het, die liefde te wek en tot lewe te roep.

[9] As die liefde in hulle harte kragtig en vol lewe geword het en julle hulle wederliefde wil bewys, doen dit met `n blymoedige hart; want alleen die magtige liefde en wederliefde bring mekaar tot lewe en wek `n volmaakte, nuwe lewe!

[10] Maar in die begin moet julle, aangesien julle as eerstes vanuit My met die ware liefde vervul is, ook alleen met die liefde begin te werk! Want as iemand, wat graag `n goeie vrou sou wil neem, na die hand van `n jong vrou meeding, en na haar ouers toe gaan om sy wens uit te spreek, maar daarby sowel die jonge vrou as haar ouers niks van liefde laat blyk nie, maar slegs dadelik na die omvang en waarde van haar skatte navraag doen - sal hy nooit die liefde van die jong vrou en haar ouers vir hom wen nie? Ek dink dat hy die gewenste doel maar moeilik sal bereik. Want wie die liefde nie het nie, sal waarskynlik ook geen wederliefde vind nie. Wie egter met alle liefde wederliefde soek, sal dit ook vind; en as hy dit gevind het, moet hy hom nie daarvan afkeer nie, as hulle hom met alle vreugde metterdaad tegemoet kom.

[11] Kyk na My, en neem almal `n voorbeeld van My! Ek het ongeroep uit suiwer liefde vir julle hierheen gekom en het ook dadelik alle liefde aan julle bewys, sonder om van iemand enige vergoeding te verlang; maar omdat julle My herken het en My nou met alle liefde tegemoet kom, neem Ek die liefde van julle ook met `n blymoedige hart aan en versmaad dit nie om met My leerlinge aan julle tafel te eet en te drink nie. As Ek dit nie sou gedoen het nie, sou dit julle ook in jul harte blygemaak het? Seker nie! Bewys die mense dus eerste liefde sonder vergoeding, en as die mense op hulle beurt julle ook met alle liefde tegemoet kom, neem dit van hulle aan - maar altyd met mate - wat hulle julle aanbied!

[12] As julle so handel, sal julle My ryk op hierdie aarde weldra ruimskoots onder die mense verbrei hê en geen nood hoef te ly nie.

[13] Soos hoogmoed, toorn, afguns, hebsug en meer van dergelike sonde dieselfde by ander mense oproep, so roep ook die ware, belangelose liefde hom self op by die ander mense; doen daarom alles uit liefde, en julle sal daardeur die saad van die liefde in die harte van ander mense saai, en die sal vir hulle en vir julle reeds hier weldra tot `n seënryke oes word, en meer nog aan die ander kant, in die ander, ewige lewe van die siel deur My Gees van liefde in haar!”

[14] Almal begryp hierdie woorde van My goed, en hulle beloof om dit in die gees van die volle waarheid uit te voer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205