Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die opstanding van die vlees

9 Aangesien die dag nou al so ten einde begin te loop en ons al geruime tyd met allerlei nuttige gesprekke aan tafel deurgebring het, vra die leerlinge My of dit nie `n goeie idee sou wees om `n rukkie na buite te gaan nie.

[2] Ek sê: “Vandag is daar werk, waarvan die moeilikste deel ons nog te wagte staan, belangriker as die omgewing buite, wat hier in Genésaret nie baie moois te bied het nie. Wie van julle egter na buite wil gaan, is vry daarin; maar Ek bly hier.”

[3] Toe Ek My so uitgedruk het, sê die leerlinge: “Heer, waar U bly, bly ons ook! Want alleen by U is dit altyd goed; sonder U is daar oral oordeel, verderf en die starre dood.”

[4] Ek sê: “Bly dan, waar die Godsryk en die ewige geestelike lewe daarvan heers; want Ek Self is die Waarheid, die Godsryk, die Opstanding en die Ewige Lewe. Wie in My glo sal die ewige Lewe ontvang, wanneer Ek hom op die jongste dag sal opwek. In diegene wat in geloof en in liefde in My bly, sal Ek ook bly; en in wie Ek bly, het die ewige lewe reeds in hulle en sal die dood nooit sien, voel of smaak nie. Bly dus hier by My, en deur julle liefde in My!”

[5] Nou vra Ebal My: “Heer en Majesteit, die Judeërs glo merendeels in `n opstanding ook van die vlees in die dal van Josafat. Tog vind ek dit ietwat merkwaardig! Want ten eerste word slegs die kleinste deel van hulle in die dal van Josafat begrawe, en ten tweede: Wat sal daar op die misterieuse jongste dag gebeur met die liggame van die mense wat nog nooit van `n dal van Josafat gehoor en derhalwe op ander, ver verwyderde plekke gesterwe het, wat gedeeltelik verbrand is, wat vir `n deel miskien net soos by ons Judeërs direk in die aarde begrawe is? En ten slotte, as derde: Wat sal daar op die jongste dag gebeur met hulle wat deur die see en ander waters verswelg is, wat deur wilde diere opgeëet is? Wanneer sal volgens ons tydsrekening die jongste dag kom, wat deur die Fariseërs as baie verskriklik aan ons beskrywe word?

[6] Heer en Majesteit, U sien dat hierdie dinge selfs by die suiwerste menslike verstand nie kan insink nie! Slegs die mees duistere bygeloof, wat nooit iets bedink en ondersoek, soos wat dit van die mees gewone en laagstaande Judeërs, asook die heidene as sodanig voorkom, kan sulke ongerymdhede aanneem; vir `n denkende mens is dit egter skadelik en dit ontneem hulle hul geloof in `n suiwer goddelike openbaring, aan die onsterflikheid van die siel na die dood van die liggaam en eweneens die geloof in `n toekomstige opstanding van die vlees op die bepaalde jongste dag. - Wat moet ons nou daarvan dink?”

[7] Ek sê: “Op die manier soos wat die Fariseërs dit julle leer, heeltemal niks! Want die liggaam, wat vir `n klein tyd die siel as `n na buite toe handelende instrument dien, sal nóg in die dal van Josafat nóg êrens anders op hierdie aarde op `n bepaalde jongste dag opgewek en weer met sy siel verenig word in die vorm waarin die siel hier vir `n klein tyd gedien is.

[8] Na waarheid hou die opstanding van die vlees die volgende in: Onder die “vlees” moet die werke verstaan word wat die siel met haar liggaam verrig het.

[9] Die dal van Josafat beteken die toestand van innerlike sielerus, as haar handeling steeds geregverdig was. Die rus, wat deur geen enkele wêreldse liefde en begeerte en daarmee gepaardgaande hartstog versteur word en dit te vergelyk is met `n volkome rustige waterspieël, waarin jy die weerspieëling van ver verwyderde en naby streke onvertroebeld kan sien, is ook reeds die eerste begin van die ware jongste dag van die siel, van haar opwekking deur My Gees in haar en tegelyk ook van haar opstanding tot die ewige lewe.

[10] In die toestand sien die siel reeds die goeie vrugte van haar werke en begin haar steeds meer daaroor te verheug; en die aanskouing is soos die ware opstanding van die vlees.

[11] Daar staan immers geskrywe: `n Sterflike en verganklike liggaam word in die aarde gesaai, en onsterflike en onverganklike sal weer opstaan. As jy dit op jou materiële liggaam betrek, het jy natuurlik wel heeltemal die spoor byster geraak; maar as jy dit betrek op die goeie werke van die siel, wat haar ware liggaam is, kom jy daardeur tot die waarheid. Want kyk, elke goeie werk wat `n siel met haar liggaam op hierdie aarde teenoor haar naaste verrig, gaan net soos alles op hierdie aarde verby en sterf reeds na die doen; want as jy `n hongerige versadig, `n dorstige mens gelawe, `n naakte geklee en `n gevangene bevry het, duur die edele doen nie voort nie, maar dit duur slegte die klein tydjie van die handeling self! Daarna word dit dikwels deur jou vergeet net soos deur diegene aan wie jy die daad bewys het, en derhalwe is dit na die graf gedra en as sterflik en verganklik in die aardryk van die vergetelheid gesaai; maar op die ware jongste dag van die siel, soos wat Ek dit vir jou aangedui het, word die daad as ewigdurend deur My Gees in die siel opgewek, egter nie meer in die vorm van `n verganklike aardse daad nie, maar in die vorm van die ewigdurende vrug.

[12] Hoe sal dit egter daaruit sien? Kyk, dit sal aan die ander kant vir ewig tot die pragtigste, van alles uitstekend en ryk voorsiende woonomgewing van die siel word, waar sy haarself in uiterste saligheid van die een volmaaktheid na die ander sal verhef!

[13] Soos dit dus hier met die werke van `n siel gestel is, só sal dit haar later eenmaal as woonomgewing dien. En kyk, daaruit bestaan die ware opstanding van die vlees! Glo dit en hou jou daaraan; want so is dit, en absoluut nie anders nie!”

[14] Ebal sê: “Ja, dit klink wel totaal anders as wat die blinde Fariseërs teenoor die volk dit staan en basel; ook die suiwer verstand van die mens is dit volkome daarmee eens en daar gaan vir haar `n nuwe, groot lig op. Maar van die vlees, wat die siel hier gedien het, sal dus selfs nie `n sonstoffie verenig met die siel aan die ander kant as sy opstaan tot `n ewig lewe nie?”

[15] Ek sê: “Nie as bestanddeel van deur My Gees ewig lewende siel nie, omdat sy self suiwer gees word wat haar innerlike betref! Maar wat die kontoere van haar uiterlike vorm en veral haar kleding betref, sal die siele-eterdeeltjies van haar aardse liggaam weer in geestelike suiwerheid met haar verenig word, maar van die growwe organiese liggaam niks, nóg geen atoom nie! Want die bestemming van die liggaam is dieselfde as die van alle ander materie van die aarde - dit word naamlik ook steeds verder in beter natuurgeeste opgelos, soos wat julle ook oorspronklik uit baie minder suiwer en op `n baie laevlak staande natuurgeeste saamgestel word.

[16] Die natuurgeeste wat die growwe materie reeds verlaat, kan mettertyd ook mensesiele word; maar meer op die gebied sal jy eers insien, as jou siel haar in die dal van Josafat sal bevind. Daarom nou niks meer daaroor nie!

[17] Die kommandant en sy twee dienare het nou weliswaar met groot aandag geluister na jou vraag en die uitleg wat Ek jou gegee het, maar hulle het niks daarvan begryp nie; daarom sal hulle ons nou weldra met hulle Griekse wysheid lastig val - daarom sal ons met alle geduld en rus hulle aanval op ons afwag!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205