Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in Afek

Die vertrek na Afek

91 Die spreker sê: “O Heer en Majesteit van die ewigheid! Begryp het ons dit alles baie goed, want U het in suiwer, goed begryplike taal tot ons gespreek; maar ons sien ook in dat ons nog baie ver van die werklike lewensdoel verwyder is en dat ons nog menige stryd met onsself en met die ander mense van hierdie wêreld te verduur gaan kry!”

[2] Ek sê: “Dit het jy baie waar en tereg gesê; want ter wille van My Naam sal julle baie vervolginge en belasteringe deur die wêreld te verduur kry. Maar verloor nie julle geduld en moed nie en veg met alle liefde en sagmoedigheid teen die vyande van die waarheid en van die lig uit die hemele, dan sal julle die oorwinningskroon verwerf!

[3] Gee net nooit die egte liefde in julle harte op nie; want dit verdra alles en oorwin uiteindelik alles! As julle in liefde saam met My handel en wandel, sal julle oor slange, salamanders en skerpioene kan loop en sal hulle giftige byt julle geen skade kan berokken nie; en as mense julle gif te drinke sal gee, sal dit julle ingewande nie siek maak nie. En Ek, die Heer, sê daarop: Amen, so is dit en bly dit vir iedereen wat werklik in My liefde bly!

[4] Maar wie naas My liefde ook van tyd tot tyd na die wêreld sal verlang, sal ook nie veilig wees vir alle skade deur die wêreldse gif nie.

[5] As iemand My werklik liefhet en My ligte gebooie hou, sal Ek na hom toe kom as hy dit in sy hart maar steeds baie opreg wens en verlang; dan sal Ek My aan hom openbaar en hom allerlei krag en mag gee om teen alle boosaardige geeste van die wêreld en die hel te veg, en dan sal hulle hom geen skade kan toebring nie. En nou weet julle nog beter waar julle met My aan of af is!

[6] Wie My nie verlaat nie, sal Ek ook nie verlaat nie; en wie saam met My teen die wêreld en die hel veg, sal ook steeds seker wees van die oorwinning.”

[7] Toe Ek dit vir die heidense priesters gesê het, bedank hulle My almal met groot geesdrif in hulle hart vir die onderrig en die daaraan verbonde beloftes, staan van hulle sitplekke af op en wou na hulle kasteel gaan om daar alles in orde te bring om My leer en My op waardige wyse onder die heidene te verkondig.

[8] Maar Ek sê vir hulle: “Vriende, vir wat julle nou al wil doen, sal môre nog meer as genoeg tyd wees; bly nou nog hier en gebruik met ons die middagmaal, en versterk julle daarmee!

[9] Na die maaltyd sal Ek Self met My leerlinge en julle kommandant verder trek, en kan julle met die herbergier en sy twee bure verder oor My praat en julle daarop voorberei hoe julle miskien môre al met die inwoners van hierdie stad en haar omgewing oor My moet praat.”

[10] Toe die heidense priesters en die vooraanstaande burgers dit van My gehoor het, bedank hulle My nogmaals vir die aanbod en gaan weer aan hulle tafel sit, waarop welbereide spyse en `n regte hoeveelheid brood en wyn dadelik daarna neergesit word, en dadelik ook op die ander tafels. Ek gaan ook weer aan ons tafel sit, en ons neem almal in `n vrolike stemming die maaltyd tot ons.

[11] Onmiddellik na die maaltyd staan Ek saam met My leerlinge op, net soos die kommandant met sy dogter, wat hulle gedurende die tyd dat ons met die heidense priesters gepraat het, in die kombuis was en baie aktief meegehelp het met die bereiding van die middagmaal.

[12] Die herbergier bring nog `n keer sy vrou, sy kinders en ook sy personeel na My toe en vra My om My seën; en Ek seën almal wat hulle in die huis bevind, ook die heidense priesters en die burgers en vanselfsprekend ook die twee bure met hulle hele gesin, waarvoor hulle My almal baie ontroerd bedank.

[13] Daarna sê Ek vir die kommandant: Nou reis ons na Afek, egter nie oor die heerweg nie, maar langs `n voetpad, sodat ons geen opsien baar by die inwoners, wat by die pad posgevat het nie.”

[14] Dit vind die kommandant goed, en op die manier verlaat ons Golan en bereik voor die aand die bergstad Afek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205