Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die gedagtes van die herbergier oor die Heer

93 Na hierdie baie steekhoudende, verontskuldigende uiteensetting van die herbergier, gaan ons die huis binne en word dadelik na die grootste en sierlikste ingerigte saal gebring, wat tot nou toe slegs baie spaarsaam met één lamp verlig was, maar onmiddellik beter en met meer lampe voldoende verlig word.

[2] Nou merk die herbergier dat ons in die geselskap van die kommandant, op sy gevolg na, almal Judeërs was. Daarom vra hy die kommandant hoe dit gebeur het dat hy, wat anders nie bekend staan as `n spesiale vriend van die Judeërs nie, nou in hulle geselskap `n reis onderneem, en dit ook nog te voet. En hoe sou hy, `n Romeinse herbergier, wat vir die Judeërs `n gruwel is, nou in staat wees om hierdie mense tevrede te stel?

[3] Die kommandant sê: “Bekommer jou nou maar oor niks anders nie as om ons `n juiste hoeveelheid brood, sout en wyn te bring nie; daarna sal al die ander vir jou vanself duidelik word.”

[4] Toe word daar dadelik die juiste en voldoende hoeveelheid brood, sout en wyn gebring. Ons gaan aan `n groot tafel sit, wat heeltemal van klip gemaak was, en neem brood met sout tot ons en drink daarna die wyn.

[5] Dit val die herbergier egter op dat die dogter van die kommandant, toe Ek wou drink, My dadelik die goue beker met wyn voorsit, wat My in Pella aangebied was, en dat Ek dit na My mond bring en daaruit drink, terwyl alle ander aanwesiges die wyn uit erdebekers drink.

[6] Die herbergier en ook `n paar dienare bekyk My van `n afstand van kop tot toon en weet nie wat hulle van My moes dink nie.

[7] Die herbergier sê by homself: “Hy moet iemand hoogs wees, anders sou ons kommandant hom nie so `n eer bewys nie!”

[8] Toe ons onsself almal voldoende met brood en wyn versterk het, sê Ek vir die herbergier: “Jy moet weet, herbergier, dat jou huis `n groot heil ten deel geval het! Die meeste van julle Grieke en Romeine is behoorlik tuis in die geskrifte van die Judeërs, en julle weet dat die een, enige ware God, die Skepper van hemel en aarde en van alles wat daarop, daarin en daarbo was, is en sal wees reeds vanaf die eerste begin van die mensdom by monde van die profete aan die Judeërs en deur hulle ook aan julle heidene `n Messias beloof het! En kyk, hierdie beloofde Messias is Ek, en Ek het nou ook na julle heidene gekom, om ook onder julle die ryk van God te vestig en te verbrei!

[9] Ek is deur God die Vader vanuit die hemele gestuur, en die Vader, wat My gestuur het, is die ewige Liefde, en My hart is Haar troon; julle is in My en Ek in Haar. In My woon derhalwe ook alle mag, krag en heerskappy oor alles in die hemel en op aarde; Ek is die Lewe, die Lig, die Weg en die ewige Waarheid Self.

[10] Wie in My glo, My meer as alles ter wêreld liefhet en volgens My leer leef en handel en sy medemens liefhet soos homself, sal van My die ewige lewe ontvang en Ek sal hom opwek op die jongste dag.

[11] Jy het My netnou van kop tot toon bekyk en vir jouself gesê: “Agter die man moet iets hoogs verborge wees, anders sou ons kommandant hom nie so `n eer bewys nie!” En kyk, jy het waar geoordeel!

[12] Maar, sodat jy jou daarvan kan oortuig dat dit inderdaad so met My gestel is soos wat Ek dit vir jou sê, moet jy nou alle siekes in jou huis hier na My toe bring, dan sal Ek hulle gesond maak! - Glo jy dit?”

[13] Die herbergier sê: “Heer, Majesteit, U woorde het diep in my siel deurgedring en het daar `n lewe in wakker geroep wat ek nog nooit tevore gevoel het nie, en daarom moet alles wat U vir my gesê het, waar wees! Ek glo ook sonder twyfel dat U al my siekes sekerlik sal genees.

[14] Hierop word die baie siekes ons groot eetsaal binnegebring. Daar was die wat deur bose koors gekwel was, sommiges deur vallende siekte, ander deur jig, één was blind, en twee wat deur angs tydens die aardbewing hulle stem en spraakvermoë verloor het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205