Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer maak die korrekte soeke na God aanskoulik

98 Op hierdie woorde van My sê die priester: “Waarlik baie wyse en van God besielde Heer, ek besit `n groot vermoë - is dit voldoende as ek driekwart daarvan bestee vir weldade aan hulle wat deur my enige skade gely het volgens die wette van Moses, wat ek van nou af aan almal wil doen en sal volg, en as ek met die een kwart tot aan die einde van my lewe ander werke van naasteliefde beoefen?”

[2] Ek sê: “Vriend, dit is meer as voldoende; want kyk, God is in Homself die ewig suiwerste en skoonste liefde!

[3] As iemand `n vrou sou wil neem, omdat hy `n vrou nodig het, maar geen liefde het en die vrou ook nie met liefde soek nie, maar alleen met sy droë wêreldse verstand - dink jy dat so iemand ooit `n goeie vrou vol liefde vir hom sal vind? `n Dwase vrou sal hy vind, ja wel, één wat nie met die man nie, maar alleen oor sy goud trou, om dit daarna met ander te verbras, maar geen vrou vol liefde vir hom nie! Wie derhalwe `n vrou vol liefde wil vind, moet haar ook met liefde soek.

[4] Wie derhalwe God, wat die suiwerste liefde is, wil soek en vind, moet Hom ook soek met die suiwerste liefde in sy eie hart, waaraan geen enkele nog so onbeduidende skynende liefde vir die vuil wêreld kleef nie; en as hy Hom so soek, sal hy Hom ook baie seker vind.

[5] Toe jy nog `n jong man was, het jy die geluk gehad om `n baie mooi en baie ryk dogter van `n patrisiër (adelstand) te behaag; jy het ook `n groot liefde vir haar gehad en jy sou haar ook tot vrou gekry het, as jou groot liefde vir haar heeltemal suiwer sou gewees het. Maar terwyl die dogter, wat die mense destyds `n pêrel van Rome genoem het, en jou erg liefgehad het, sonder dat jy meer daarvan kon merk as wat nodig was, was dit jou bedoeling om haar langs geheime, aan haar onbekende weë noukeurig op die hoogte te stel van jou liefde vir haar, en hulle ontdek baie gou dat jy ook nog ander vriendinne gehad het, vir wie jy ook jou hart oopgehou het.

[6] Toe die pêrel van Rome dit te wete kom, keer sy haar baie vinnig van jou af en gee jou geen teken meer dat sy jou liefhet nie, en so keer sy ook haar aangesig van jou af.

[7] Toe word jy natuurlik baie verdrietig en jy maak nog enkele vergeefse pogings om haar weer tot jou toegeneë te maak, en jy sou ook nog wel geslaag het; maar jy kon jouself nie verloën en jou vrymaak van jou hartstog vir die ander nie, waardeur jy die pêrel heeltemal verloor het.

[8] En kyk, ongeveer so is dit ook met God, wat die ewig suiwerste liefde is! Alleen met die suiwerste en geheel vlekkelose liefde kan en sal jy Hom vind, sien en prys en van Hom die ewige lewe ontvang.

[9] Vir iemand wie se hart vol van allerlei wêreldse dinge is, is dit natuurlik wel moeilik om hom daarvan te reinig; maar `n vaste wil is `n flink arbeider en maak, waarvan jy vandag nog bedink dat dit onmoontlik is, vir môre maklik en vir nog verder in die toekoms steeds makliker uitvoerbaar.

[10] Maar vra jouself nou in jou gemoed af, of jy dit wat Ek jou nou verklaar, ook begryp het soos wat die hoort!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205