Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die ontwikkeling van die vorm van die siel tot by die mens

10 (Die Heer:) "Al hierdie diersoorte, wat so talryk is om `n optimale verskeidenheid in karakteraanleg moontlik te maak, staan egter onder `n vasstaande wet, wat daarvoor sorg dat hulle hulleself in die een bepaalde rigting - naamlik die van die hoogste moontlike intelligensie - kan ontwikkel, dit wil sê, hulle is nie in staat om anders te handel as wat die begrensing van hulle sielevorm toelaat nie. As jy byvoorbeeld `n voël baie duidelik aangee dat dit tog beter sou wees om geen oop nes nie, maar byvoorbeeld `n gevlegte huis te bou - dan sal hy tog by sy nes bly! En julle kan daarvan seker wees dat sedert die ontstaan van die verskillende soorte op aarde elke soort haar woning altyd so gebou het soos wat dit nou nog gebeur. Dit kom deur die in `n sekere sin beperkte horison (die vorm van die siel), wat nie verruim kan word nie, presies soos `n kind nog nie die moeilike hoër rekenkunde sou kan leer, as hy nog nie die beginsel begryp het nie.

[2] Die verskillende vorms wat die diere moet deurloop, kom ooreen met die tydsverloop of te wel ontwikkelingsjare van die mens. As nou die hoogste dierlike intelligensie ontwikkel is - let wel, dit kom daarby nie op die uiterlike vorm nie, maar alleen op die ontwikkeling van die siel aan! - dan kan die ontwikkelde intelligensies saamvloei tot `n mensesiel; sy bevat nou dus in die eerste plek die mekaar wedersyds aanvullende, hoogs ontwikkelde intelligensies, maar in die tweede plek, omdat sy die volgende stap in die ontwikkeling van vele laer lewens is, moet sy `n weerspieëling wees van die hele laer lewe in die algemeen, omdat sy dit almal in haarself bevat. Sy is nou dus afgesluit wat betref die uiterlike vorm en die tot ontwikkeling in staat synde innerlike vorm. Die kroon van die skepping, die menslike vorm, met `n kiem wat in die hoogste mate tot ontwikkeling in staat is, is in die nuut gebore mens bereik.

[3] Nou begin die tweede taak: Die mens moet die hoogste moontlike vrye bewussyn bereik in die ken van sy Skepper en in die ontwikkeling van die innerlike mens.

[4] Tot nou toe was die sielevorm afgestomp, bekommer sy haar nie oor die geestelike, maar net oor materiële dinge; vir haar geld alleen die reg van die sterkste. Die Godheid wil ewenwel dat Haar werk, wat moeisaam hiernatoe gelei was, Haar nou ook leer ken en uit liefde trag te nader, nie uit vrees vir Haar krag nie. Hoe kan dit bereik word?

[5] Die Godheid moet Haar verhul om die doel te bereik. Dit wil sê dat Sy Haar skepsel in omstandighede moet plaas wat haar die moontlikheid gee om vry uit haarself die Godheid te erken of nie. Daarby mag die Godheid geen dwang uitoefen nie, omdat andersins die vrees, wat vermy moet word, en nie die liefde die rigting van haar wil sal beïnvloed. Bedink self maar net hoe dit jou sou geval om deur dienare omring te wees wat jou, net uit vrees, in plaas van uit liefde, sou dien! Die plantjie van die liefde kan maar net ontstaan as die mensesiel deur die steeds toenemende helderheid en insig in alle dinge, bewys kry van die groot liefde en wysheid wat die Godheid hom betoon, wat bewondering en liefde in hom wek.

[6] Aan die mensesiel word nou `n leier gegee; want die suiwer siel alleen sou, as voleindigde vorm wat nie verder ontwikkel kan word nie, niks hoërs meer bo haarself waarneem, as daar nou nie `n geestelike voel, die gewaarwording van `n mag in haar sou kon binnevloei nie, wat haar verdeemoedig en daartoe aanspoor om haar Skepper te soek nie. En dit is die goddelike vonk, wat as gees in haar gelê word, en wat hom gelyktydig met haar moet ontwikkel, haar deur `n korrekte opvoeding steeds meer moet deurdring en deur selfonderrig in alle kennis moet binnelei. 

[7] Die ware huwelik, wat al by die geboorte van die mens begin, is egter geweldig versteur deurdat die siel ontwikkel word deur die onvermydelike liggaamlike ontwikkeling, maar die innerlike gees meestal slegs as `n embrio in haar bly. Die doel van die lewe is egter om hulle albei gelyktydig te laat ontwikkel, sodat die een in die korrekte mate van die ander afhang.

[8] Die geesvonk kom van God af en bevat van huis uit in homself alle waarheid en korrekte kennis. Deur die vonk staan die mens in baie noue verbinding met die Oergees van God self en kan hy binnedring in alle geheime en die wysheid van God self. Maar baie min mense het ewenwel `n vermoede daarvan. En om die vermoede, wat soms net nog swak opflits, tot volle sekerheid en tot kennis te laat oplig, is die doel van My amp as Leraar - en die weg daarheen word gegee deur My leer."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205