Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Oor die innerlike opwekking en oor die voortlewe na die dood

11 (Die Heer:) "My leerling Johannes het jou al gesê en Ek bevestig dit aan jou, dat in die twee gebooie: "Het God lief bo alles en julle naaste soos julleself!" die tien gebooie van Moses vervat is en al die res wat die mens moet doen om die geesvonk wat in hom woon, te wek en steeds meer één te laat word met sy siel. Want slegs in die korrekte lewenswandel in God se oë en in die regte dade van liefde vir julle naaste sal julle die ware voldoening, innerlike vrede en die korrekte oorwinning oor julle hartstogte en die dood vind. In wie die oortuiging wakker eenmaal geword het wat dit vir hom onmoontlik maak om teen die gebooie te sondig, bespeur reeds op aarde die ware hemel; want hy het onaantasbaar geword vir alle aanvalle van die kwaad, daardeur `n egte heerser in homself en vanuit homself `n heerser oor die natuur. 

[2] Want omdat die siel van die mens alles in haar bevat wat die aarde aan wesens dra, soos julle weet, is dit tog heel natuurlik - wanneer die gees eenmaal in die huis van hom, wat alles bevat, die heerskappy verkry het - dat hy ook oor die diverse ewebeelde van sy ek moet kan heers, netsoos `n koning wat hom uit die slawestand tot die troon omhoog gewerk het, nou sonder om teen teenstand te stuit, oor al die stande heers, waartoe hy self behoort het. Maar, wel te verstaan, net wanneer die mens in homself die verbindende skakel van die ketting, wat My leer is, gevind het, en beide kettings tot één enkele, onverbreeklike ketting verbind het! As laaste skakel van die materiële ketting, wat slegs die hoogste sielevorm en die daardeur bepaalde menslike vorm vorm, is hy volkome magteloos en self niks anders as `n uiters intelligente, goed ontwikkelde dier nie.

[3] Ek dink dat julle nou begryp het waarom julle lewe, en hoe julle tot die korrekte insig kan kom."

[4] Almal sê, nog verbaas en aandagtig luisterend: "Ja, Majesteit en Heer."

[5] Maar Ek gaan verder: "Nou bly nog die derde vraag oor om te beantwoord, naamlik: Wat daar na die dood met die mens gebeur.

[6] As dit is soos wat Ek julle vertel het, is dit ook duidelik dat die geestelike mens, wat hom in die aardse lewe slegs onvolkome ontwikkel, omdat sy swaar liggaam `n groot las vir hom is, moet voortlewe; want niemand sal waarskynlik by homself wil beweer dat hy in die kort aardse lewe `n voleinding kan bereik wat hom al baie naby God sal bring nie. Hy kry te make met velerlei belemmerings in sy liggaam en met versoekings van allerlei aard, omdat sy karakter gestaal word en sy wil geoefen word om homself geweld aan te doen en die goeie steeds meer aan te trek en die slegte neigings uit homself te verwyder.

[7] Eers aan die anderkant tree hy `n nuwe wêreld binne, wat hom die wondere van God en die heelal steeds meer onthul, waar hy met sy geestelike oog sien en nie met sy swak liggaamlike oë, wat vir hom die materiële wêreld toon nie. By die aanskouing van die groot wonderwerke sien hy nou egter in, dat die egte saligheid alleen geleë is in werksaamheid, en dat God self die mees werksame Wese is. Na gelang van sy vooruitgang kan hy dan ook `n passende werkterrein gegee word, wat hy met groot ywer behartig; en in die besighede en by die sien van sy nuttige werk, sal hy die ware vreugde en hoogste saligheid geniet.

[8] Van welke aard die besighede egter is, sal Ek julle deur `n duidelike voorbeeld laat sien. Daarom wil Ek dat daar `n aantal salige geeste hierheen kom om julle bekend te maak met hulle besighede!"

[9] Ek het die woorde nog maar nouliks uitgespreek, of daar staan naas ieder van hulle al `n plotseling verskyne, vriendelike bewoner van die anderkant, wat die aanwesiges vriendelik begroet. My leerlinge was nie al te baie verbaas daaroor nie, want hulle het wel dergelike verskynings langsamerhand gewoond geraak, maar Ons herbergier en Phoikas, wat van verbasing nie in staat was om iets te sê nie, des te meer. 

[10] Maar Ek versterk hulle dadelik, en nadat Phoikas weer tot homself gekom het, sê hy aan My: "Majesteit en Heer, as daar na U heerlike, baie wyse uitleg nog enige twyfel was, weet ek nou tog egter baie seker met wie ek te make het. Niemand anders as Uself is die wonderdoende Galileër, agter wie honderd, ja duisend keer meer skuil as agter die mees begenadigde profeet; wat só spreek en heerser is oor die skare van die anderkant, kan daar maar Eén, en dit is die Oergees self, wat in U sy intrek geneem het en Hom vir die mense sigbaar beliggaam het. Daarom heil aan U, en alle mense aan wie U Hom openbaar!"

[11] Ek sê: "My beste Phoikas, wat jy sê is wel waar en mooi; maar dit is vir My beter - as jy My werklik herken het - dat jy My innerlik in jou hart dank as met al te harde woorde; want Ek deursien die harte selfs makliker as al die ander en slaan geen ag op dank wat in woorde uitgedruk word nie.

[12] Maar let nou op hoedat die volkome salige bewoners hulle aan elkeen van julle apart sal toon, sodat julle kan sien waaruit die saligheid van `n gees aan die anderkant eintlik bestaan!" 

[13] Daarop val daar `n soort beskouende rus oor almal, waarby hulle bewegingloos op hulle stoele sit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205