Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die innerlike belewenis van Phoikas

12 Na `n geruime tyd kom hulle weer tot hulleself en kan hulle nie genoeg verwonder en mekaar oor en weer vertel waar hulle respektiewelike begeleiers, wat nou na die ontwaking, weer verdwyn het, hulle na toe gebring het en wat hulle almal deur hulle getoon was.

[2] Ek vra nou aan Phoikas om te vertel, en hy begin dan ook dadelik as volg: "Majesteit en Heer, wat ek gesien het, was meer as wonderbaarlik, en volkome anders as wat die mense hulle die lewe aan die anderkant voorstel!

[3] Die engel wat U aan my toegewys het, het my sy sfeer binnegelei, wat `n volledige wêreld op sigself is, waar hy ook self die heerser is en geheel en al regeer as `n klein koning. Ek was deur hom meegevoer in my siel, want my swaar liggaam kon stellig nooit so `n reis onderneem het nie, sonder dat ek ook maar enigsins die gevoel gehad het dat ek my liggaam mis. Ek weet daarom nou ook baie seker dat die liggaam maar net `n swaar en baie onbeholpe kleed is, wat as beskerming aan die siel gegee is, omdat sy haarself daarin op die korrekte wyse kan ontwikkel; self staan dit egter nie in die lewe nie, maar eintlik - omdat dit op sigself dood is - geheel en al daarbuite.

[4] Die engelegees het my weggevoer na `n sonnegebied wat vir my volkome onbekend was - waar planete eweneens rondom `n son sirkel, net soos hier - en toon heel duidelik aan my wat die korrekte sorg is vir die gebied aan hom toevertrou was; want alles gehoorsaam uiters nougeset aan sy woord. Daarby stroom alle krag in hom binne maar net deur sy eie wil op te laat gaan in die van U, wat hy as die enigste ware en juiste herken het, waardeur hy dus geen moeite daarmee het om hom aan die hoëre wil te onderwerp en dit uit te voer nie. Al die wonderbaarlike diersoorte en plante wat ek gesien het, was sy gedagtes. Die plaas hy, nadat hulle in `n sekere sin deur U ondersoek en vasgestel was dat hulle getroue ewebeelde van U grondgedagte was, buite homself en vestig hulle deur die gedagte in sigself vas te hou en deur dit in die materie vorm te gee. So word daar iets geskape.

[5] Ek sien byvoorbeeld hoe die engel in homself `n nuwe planeet vorm, wat as woonplek moet dien vir latere mense. Hy toon aan my - ongeveer soos wat `n kunstenaar in homself `n beeld vorm wat hy hom in alle details voorstel - hoe die gedagte by hom ontwikkel. Maar omdat hy daarna streef om net dit tot uitdrukking te bring, wat ook in U oë geregverdig en goed is, verbind hy hom in sy hart met U, die alom heersende Vader van die ewigheid, en lê in `n sekere sin sy plan aan U voor. U sê aan hom, weliswaar nie in woorde nie, maar in die gees: "Dit is goed en geregverdig in My oë, doen dit dus so!" En dadelik kom die gees van die engel in homself in beweging, vul hom met groot wilskrag, en op die son wat onder sy gesag staan, ontstaan `n geraas en `n bol, die latere planeet. Die maak hy los van haar, word weggeslinger en voeg hom in bane, wat volkome ooreenkom met die beeld wat ek tevore gesien het.

[6] In die skep met U en ook in U ervaar hy die hoogste moontlike saligheid; want alleen daardeur kan elke engelegees ook na U as Skepper lyk en volmaakter word.

[7] Weliswaar is dit ons nie vergun om ook maar één atoom van die saligheid te voel nie, omdat ons dit nie sou kan verdra nie; maar tog het ek nou `n duidelike beeld daarvan gekry, wat alleen in die besig wees in U en buite U, in die verbindende ketting van die hoogste ontbrande liefde vir U, en daardeur ook vir U skepsele, wat saligheid gevind en gevoel word, maar nie in die niksdoen en die werklose bewonder van die skepping nie. As ons maar net na die skepping sou staar en haar nie deur werksaamhede sou leer begryp nie, sal U grootheid, o Heer, ons moet terneerdruk in plaas van om aan ons die vooruitgang moontlik te maak.

[8] Ek sal my daarom met alle krag inspan om die korrekte verbindende skakel van die ketting te vind deur die volle liefde vir U, o Heer, en vir my naaste, omdat ook ek, eenmaal in staat sal wees om netso in U ryk werksaam te wees as die engelegees; want dat dit moontlik is, en dat elke skepsel van U daartoe in staat is, dit het die goeie hemelse vriend baie duidelik vir my uiteengesit, sodat ek dit goed begryp het en die bereikbare doel ook nooit meer sal opgee nie.

[9] Daarvoor kom aan U, o Majesteit en Heer, my diepste dank toe, omdat U my al tydens my aardse lewe sulke wonderbaarlike dinge laat aanskou en begryp het! Nou is my siel nie meer dor nie, maar vol hemelse kennis en diepe dank vir my Heer en Skepper, wat my aan die einde van my lewe nog so heerlik uit die dal van die dood na die hoogte van die suiwer lewe gelei het."

[10] Ek sê: "Jy het nou jou beste gedoen om dit wat jy gesien het, in so `n duidelik moontlike bewoording te vervat, en alle aanwesiges het jou baie goed begryp; want hulle het almal so-iets soos jy gesien. Maar diegene wat dit nie gedoen het en later daaroor sal hoor, sal maar `n swak voorstelling daarvan kry - tensy hulle innerlike gesig ook geopen sal word. Solank die mens nog in sy liggaam huisves, wat hom dwing om alles meer in ewewig te bring, is dit met die hoogste geestelike dinge maar sleg by hom gestel, omdat hy dit ook wil meet en met sy onontwikkelde sintuie wil ervaar, wat ewemin gaan dit soos wanneer julle `n emmer water in `n klein maatbeker sou wil giet. Dit is daarom beter, dat julle teenoor elkeen swyg oor wat julle nou gesien het, omdat dit alleen vir julle nut kan hê en deur ander tog nie begryp sal word nie, soos wat julle self maklik kan aanvoel.

[11] Maar laat Ons nou weer na buite gaan, omdat Ek die dorp nog `n weldaad wil bewys; en daarna sal Ons vandag nog op weg gaan!" 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205