Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die menslike vorm en die verlossing daarvan

25 (Die Heer:) "God self wou egter ook `n doel, dit wil sê `n norm stel, wat op sigself volmaak is, sodat alle laer en hoër vorms daarvan afgelei kan word, en so het Hy die menslike vorm as uitgangspunt van `n opklimmende en afdalende lyn geskep.

[2] As julle die menslike vorm bekyk, kan julle die dierlike vorm daarvan aflei, en as julle die embrio's van dierlike en menslike vorm bekyk, dan sien dit in die beginstadium heeltemal dieselfde daaruit, en eers aan die hand van die intelligensie van hulle siel ontwikkel hulle hulleself tot die skepsel wat daar moet ontstaan. Die aanvanklike gelykheid is egter tegelykertyd ook die bewys dat in ieder embrio die strewe lê om die menslike vorm te bereik, omdat dit andersins nie dieselfde daaruit sou sien nie. Dit word net daarin deur die siel belemmer, wat die ontwikkeling moet versorg, en nog nie hoog genoeg staan nie. 

[3] In die mens self lê nou die vorm, wat die Griekse kunstenaars al lankal ken as die mees harmonieuse, dit wil sê, wat in al haar onderdele in onderling gelykmatige verhoudings uitgelê is.

[4] In die vorm is egter slegs die lyne aangedui wat aangehou moet word om doelmatig as liggaam te dien - en dit wil weer sê: Arms, bene, hoof en romp staan in `n korrekte verhouding met mekaar, wat die korrekte is vir die instandhouding van die liggaam en ook ooreenstem met die gevoel van die menslike siel.

[5] Deur na die menslike liggaam te kyk, sal iemand maklik kan bepaal of `n gebou te hoog, te breed of te smal gebou is - wat nie moontlik sou gewees het, as die vorm nie in homself gegee is, wat ook vir ander dinge en skepsele maatgewend moet wees nie. 

[6] In die suiwer geestelike wêreld ontwikkel hierdie vorm haarself, na gelang van die verdere ontwikkeling van die siel, tot `n uiters presiese harmonie, sodat die ware skoonheid eers daar goed sigbaar is. Wie suiwer van gees is, kan daardeur straal in `n skoonheid wat julle gewoonweg sou vernietig; want die skoonheid is slegs `n uitdrukking van die heeltemal innerlike, suiwerste volmaaktheid.

[7] Maar omdat die hoogste goed, behalwe die liefde vir God, nog die deemoed is, sien die geeste baie af van die stralende uiterlike en verberg die uiterlike omhulsel onder die mantel van liefdevolle deemoed, netsoos ook Ek as God self die vlees van `n mens aangetrek het, enersyds om die skepsele die weg te toon wat hulle moet gaan, sodat hulle siele kan vry word, andersyds egter ook om `n rede wat in die verlossing van die vorm geleë is, om welke rede Ek ook gekruisig sal word.

[8] Julle sien dus dat een wat hom verbly oor die skoonheid sowel as die strewe van die kunstenaars na die skone, niks lê wat verkeerd is nie, maar dat die gevoel vir alles wat mooi is, ook `n graadmeter kan wees vir die ontwikkeling van die siel - mits die strewe hom in die korrekte bane beweeg. Het julle dit begryp?"

[9] My leerlinge sê: Ja, Majesteit en Heer, dit wel, ook al klink dit heel anders as wat ons tot nou toe van U gehoor het! Maar nou begryp ons steeds beter watter innige samehang daar tussen materie en gees bestaan."

[10] Raël sê aan My: "Majesteit en Heer, U sê dat U ter wille van die verlossing van die vorm gekruisig sal word. Hoe moet ek dit begryp? Tog nie so dat U werklik aan die kruis die dood van `n misdadiger sal ondergaan nie?!"

[11] Ek sê: "My beste Raël, laat dit jou nou nie besighou nie; want daaroor sal jy nog duidelik onderrig word. Jy moet net weet, aangesien Ek neergedaal het om die mense te verlos, dat die verlossing nie net geestelik nie, maar ook baie grof materieel sal gebeur, omdat, soos die leerlinge so pas gesê het, materie en gees innig saamhang en die eersgenoemde uit die laasgenoemde ontstaan het! Die gees staan egter op die punt om in die materie ten gronde te gaan; daarom moet die materie oopgebreek en, om gered te kan word, weer geestelik word. En dit is die verlossing van die vorm, wat ook net volgens bepaalde wette kan plaasvind, omdat, in die teengestelde geval, die Godheid Haar skepping soos dit tot nou toe is, sou moet vernietig, terwyl Sy dit tog wil behou en verlos. - Maar, soos gesê, sal Ons dit nou laat rus; dit sal vir julle almal nog sonneklaar word, weliswaar nie hier nie, maar aan die anderkant in My ryk!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205