Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die volk van die toekoms

29 (Die Heer:) "As daar geen storms oor die aarde raas nie, maar orals `n gelykmatige temperatuur en stroming sou heers, sou die hele aarde weldra verbrokkel en bars; want slegs deur hewige storms en aardbewings tree daar `n kragtige lewenswerking op, `n verfrissing, wat merkbaar word in die verfrissende lug na `n storm.

[2] Sou julle jul liggame so weinig moontlik beweeg, dit steeds aan `n gelykmatige temperatuur blootstel en al die onaangename vermy, dan sal daar weldra `n verval intree van die kragte wat julle nie oefen nie en daarmee `n verval van die liggaam. En as dit al met die liggaam gebeur, hoeveel te meer dan met die siel, wat steeds in dieselfde bestaan voortdroom, sonder dat sy geprikkel word - want alleen die siel leef immers, nie die liggaam nie. Om lewenslustig en kreatief te kan wees, moet sy werk te doen hê. Deur die werk doen sy kennis op en beleef sy vreugde aan wat sy gedoen het. Op die materiële vlak uit die werk as stryd van die swakkere teen die sterkere, op die geestelike vlak egter in die kennis en die toeneem van die liefde.

[3] Omdat God in Sy wese oneindig is, kan ook die gees oneindig verder groei. Die groei bring egter die ontstaan en vergaan van aardse volkere teweeg, waarby die vergaan van die liggame nie daartoe doen nie; want slegs die siele moet groei, die liggaam is verganklik.

[4] Netsoos `n baie edele plant uit `n veel minder edele soort ontstaan het, langsaam, deur die sorgvuldige versorging en die wegsnoei van alle wilde lote, so groei ook die volk van die toekoms - wat één kudde sal wees, gelei deur slegs één herder, wat Ek sal wees - slegs deur langsame sorg, nadat daar eers baie, baie weelderige wilde lote verwyder is.

[5] Die voltooiing van die werk en daarmee ook die groot verlossing van die wêrelde is die doel van My menswording, wat egter by elke individu begin moet word, nie by die groot massa nie; want ook `n oseaan bestaan uit afsonderlike druppels. As mens die sout daarvan sou wil onttrek, sou daar ook maar klein hoeveelhede uitgehaal, van sout ontdaan gemaak word en in `n geskikte vergaarbak, wat vir die soutvrye water geskik is, bewaar moet word - `n werk wat nutteloos lyk, maar uiteindelik tog na die doel sal lei, indien iemand ewighede tot Sy beskikking het. - Het julle nou begryp wat in My woorde gesê is?"

[6] Raël en ook die leerlinge sê: "Ja, Heer, ons dink dat ons U, vir sover dit moontlik is, heeltemal begryp het, hoewel ons die idee het dat U woorde nog veel meer bevat wat U nie uitgespreek het nie, maar dat daar tog verstaan is. In latere tye sal dit ook nog wel vir ons duideliker word, wanneer ook dit wat U nou in woorde aan ons gesê het, volkome opgeneem is."

[7] Ek sê: "Beste vriende, Ek lees in julle gemoedere nou nog die vraag, welke volk dan nou in die plek van die volk van die Judeërs kan tree, ingeval hulle nie aan die verwagtings beantwoord nie - wat inderdaad die geval is, soos julle weet, want anders sou Ek nie die verwoesting van die stad Jerusalem so baie voorspel het nie - aangesien julle nie bekend is dat daar `n ander volk is wat `n enigsins soortgelyke skoling as die volk Israel deurloop het nie.

[8] Wel, ook dit sal Ek vir julle beantwoord. God, as die Alwetende, is nooit so onverstandig dat Hy Sy werk op slegs één pilaar bou nie, maar Hy bou dit steeds op verskeie steunpunte, om te sorg dat die gebou wat Hy neersit, nie in één nag instort, ingeval die wurm aan die een of die ander steunpilaar geknaag het nie. Ook die werk van verlossing staan daarom op baie, baie veilige steunpunte, sodat dit moet slaag, selfs wanneer die vyand uit alle mag probeer om dit te verhinder.

[9] Hier op hierdie aarde is verskeie volkere wat geskik kan wees om in plaas van die Judeërs as seëlbewaarders van die nuwe woord te dien; want die oue sal voortaan deur die ou bewakers van die te angsvallige bewaak word, namate daar meer ellende oor hulle sal losbars. En ook al sal die Judeërs oor die hele aarde verstrooi word, sal hulle des te stewiger vashou aan die ou geloof, omdat dit en die hoop op die herstel van hulle vroeëre, vergane grootheid, die enigste anker sal wees waardeur hulle van algehele verval en vernietiging gered kan word, waarvan hulle self goed bewus van sal wees. 

[10] My nuwe woord het egter eweneens seëlbewaarders nodig, dit wil sê: Een Volk uit welke midde steeds weer nuwe leraars kan opstaan, wat die enigsins drassige geworde leer weer kan reinig en die moeraswater in `n helder stroom verander. Want netsoos wat die Judeërs slegs langsaam ryp geword het, so sal ook dié volk slegs langsaam ryp word. En netsoos die Judeërs gevangenskap moes ondergaan vanweë hulle sondes en omdat hulle tot afgodery verval het, so sal ook die volk van die toekoms ter wille van hulle ryping tot soortgelyke foute, ja selfs presies dieselfde kan en moet verval. Netsoos wat Ek in die Judese volk profete opgewek het, sal daar profete opstaan en die suiwer leer vanuit die hemele suiwer van alle toevoegings.

[11] Die volk is nou egter so goed as onbekend vir julle, maar mettertyd sal hulle met groot krag te voorskyn kom en alles wat verrot en onbruikbaar is, in stukke slaan; want hulle is magtig in dié nog onaangetaste natuurlike krag. Dieselfde leraars wat hier neergedaal het as My dienare, sal ook weer daar terugkom, deels in die vlees, deels in die gees, en hulle sal met groot geesdrif en alles oorwinnende mag van My getuig, soos wat hulle tot nou toe van My getuig het, en Ek sal hulle onsigbaar langsaan staan en hulle lei.

[12] Maar dan, as die volk ook eenmaal `n sodanige hoogte bereik het dat die vreemde konings bang word dat hulle die aarde wil besit, soos die Romeine nou, dan sal daar `n tyd aanbreek wat ryk sal wees aan verrassings vir die volkere van die aarde. Want nie die volk sal dan die middelpunt word nie, maar daar sal `n nuwe volk ontstaan, wat gevorm sal word uit die edelste geslagte van alle volkere. Die volk sal die wêreld oorwin met My krag, en vrede en eendrag, sal en moet dan heers oor alle lande en volkere. En te midde van daardie nuwe volk sal die heil dan gebore word, wat geen koning en geen wet verder nodig sal hê nie as alleenlik dié ene: "Wees vir God lief bo alles en jou naaste soos jouself." 

[13] En julle, My getroues, sal medewerkers wees aan die nuwe materiële en geestelike ryk. Daarom is julle hier versamel, naamlik om nou al in julle eerste aardse dae uit My mond te hoor waartoe Ek julle roep; want al diegene wat, vir julle nou onsigbaar, eweneens werkers sal wees vir die groot geluksaligheid van hierdie aarde en deur hierdie aarde van die universum en die geestesryk, is eweneens aanwesig en verheug hulle oor julle as medewerkers aan die beginnende werk. Julle sal hulle egter sien, die groot skare, wat daarvoor nodig is om die werk te laat gedy!"

[14] Na hierdie woorde open Ek by alle aanwesiges hulle geestelike gesig, en hulle sien alle profete en engele van My hemele, wat hulle baie vriendelik nader en met hulle oor My laaste openbarings spreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205