Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die toekomstige missie van Laserus

40 Noudat die Olyfberg van fariseërs gesuiwer was, keer Ons terug na Betánië na die huis van Laserus, waar alles vir `n feesmaal gereedgemaak was. Eers begeef Ons Onsself na die groot eetsaal van Laserus, wat Ons al dikwels geherberg het.

[2] Daar word veel gepraat en mense stel baie vrae aan Laserus: wat hy gedoen het toe hy in die graf gelê het, en of hy `n herinnering behou het aan wat hy in die geesteswêreld tog sekerlik moes meegemaak en gesien het. Maar hy gee te kenne dat dit hom te moede was asof hy baie diep geslaap en ook baie lewendig gedroom het, maar dit wat hy gedroom het, maar net vae beelde bygebly het. Hy het wel geweet dat hy met verskillende gestorwenes gespreek het, ook met sy vader, sonder dat hy hom egter iets kan herinner van wat daar in feite gesê was. Ondanks dit alles wis hy egter baie seker dat hy eg gesterf het en nie maar net gedroom het nie; want sy laaste ure het baie lewendig in sy geheue gebly, veral die angs vir die dood, wat hy baie duidelik gevoel het, asook die langsame uitdoof van sy lewensgeeste.

[3] Toe daar gevra word hoe hy wakker geword het, verklaar hy: Hy het My stem gehoor, wat beveel het dat hy na buite moes kom, en so het hy wakker geword soos iemand wat uit die slaap ontwaak het, en hy het My gehoorsaam, omdat hy onmiddellik geweet het wat daar met hom gebeur het.

[4] Die aanwesige vriende en My leerlinge vra nog allerlei dinge, waarop Laserus hulle egter geen antwoord kon gee nie - soos welke gesprekke hy gevoer het, waar hy hom bevind het en nog veel ander dinge wat, volgens wat hulle meen, hulle nog meer duidelikheid sou kan gee oor die lewe in die geesteswêreld. Maar Laserus blyk van al die dinge niks te weet nie.

[5] Nou vra hulle My na die oorsaak, waardeur hy dit vergeet het, en Ek sê aan hulle: "As julle gevange sit in `n kerker, en julle kry vir `n kort tyd die vryheid, sodat julle ongehinderd kan rondtrek en met eweneens geheel vrye wesens uitstekend kan praat oor vele wonders van die natuur, wat vir julle in die baie lieflike omgewing vanself in die oog spring, en julle word dan gedwing om weer in julle ou kerker in te gaan, wat julle vroeër egter as glad geen gevangenis toegeskyn het nie, solank julle niks beter leer ken het nie - sal julle siel dan nie verteer word deur die verlange om die so kort vryheid wat hy geniet het, weer te verkry nie? Ja, sal die gedwonge lewe nie ondraaglik vir haar word, omdat sy uur na uur die heerlikheid van die vryheid wat sy geniet het, voor haar sien, wanneer haar herinnering steeds weer die vreugdevolle ure beleef?

[6] Kyk, so het dit Laserus ontgaan! Ek het hom egter die herinnering aan dit wat daar met hom gebeur het in die vier dae wat hy in die graf gelê het, ontneem, omdat hy geroepe is om op hierdie aarde nog baie vir My werksaam te wees. Die verlange om terug te keer na die eenmaal volledige vryheid wat hy geniet het, sou hom hinder, as die verterende verlange in hom sou groei.

[7] Dit is daarom baie goed soos dit is, en julle sal dit almal nog maklik insien, wanneer ook julle eenmaal julle liggaam afgewerp het. Bowendien het julle self in die huis al soveel gehoor oor die lewe na die dood, dat julle gevra eerder oorbodige gepraat is, as die deurgronding van die lewe na die dood, waar elkeen van julle nou tog wel meer as genoeg van oortuig moet wees!"

[8] Laserus sê aan My: "Heer, U spreek oor `n taak, wat my vergun sal wees om nog hier uit te voer. Mag ek weet hoe daardie werksaam wees vir U bedoel is?"    

[9] Ek sê: "Dit sal in die toekoms alles vanself duidelik word; want My hand sal jou en almal wat geroepe is lei om vir My ryk te werk, op so `n sagte manier, dat hulle kan glo dat dit uit eie beweging gebeur. En dit sal in die grond van die saak ook gebeur; want as Ek vrye wesens wil hê, dan moet die vrye besluit aan hulle oorgelaat word. Alleen die uiterlike gebeurtenisse kan Ek so lei, dat My dienare die beslissing tussen twee weë, wat hulle sou kan gaan, toeval. My ware kinders sal dan uit liefde vir My nooit in twyfel verkeer welke weg die korrekte is nie. Maar altyd moet die impuls van hulleself uitgaan.

[10] So sal ook jy nog, as heeltemal vanself, in jou lewe moet besluit of jy links of regs moet gaan. Die een weg lei dadelik tot werk in My Naam, die ander tot `n makliker leefwyse waarin jy traag kan toekyk. Na gelang die keuse wat jy maak, sal jou werksaamheid dan ook vorm aanneem. Ek weet egter en sê jou ook dat jy uit liefde vir My wel die regte keuse sal maak. En dit moet dus genoeg wees; want om meer te sê, is terwille van julleself uit die bose!"

[11] Laserus sê: "Heer, dit is vir my ook heeltemal voldoende; dit maak my immers buitengewoon gelukkig om te weet dat U my, swak instrument, kan en wil gebruik! Gee my net die regte krag, sodat ek die beloofde taak ook volledig kan vervul!"

[12] Ek sê: "Maak vir jou geen sorg daaroor nie, maar vertrou alleen vol geloof, dan kan Ek deur jou werk en jy deur My! Die juiste verband tussen Vader en Seun is dan ook in julle, soos dit hom nou in My toon!

[13] Daarom het Ek immers in die wêreld gekom, naamlik om julle te toon en te leer dat julle nog veel meer tot stand kan bring as Ekself nou, as julle maar van goeie wil en vol geloof is.

[14] In hoeverre die mense en vernaamlik die Judeërs vol geloof en goeie wil is, sal weldra blyk; want die tyd nader, dat die oes van My jare van onderrig sal en moet aanbreek. Al is dit hoe klein, en al is die vrugbare sade nog so gering, tog sal elke korrel honderdvoudig vrug dra, wat die hele aarde moet en sal voorsien. Dan kan daar eenmaal `n groot oestyd aanbreek, wat die skure van die Vader ryklik met vrugte sal vul, sodat daar dan nooit meer so `n groot hongersnood kan ontstaan soos wat nou toegelaat word nie, omdat die verlore seun omkeer en hom versadig. Julle begryp hierdie woorde van My nou weliswaar nie; maar eendag in My ryk sal julle dit volkome leer begryp.

[15] Maar jy, My Laserus, tref nou jou maatreëls en berei jou daarop om baie gaste te ontvang; want die berig dat jy opgewek is, het reeds tot die stad deurgedring, en baie mense is op pad om vir jou en My te sien! Hulle sal almal verkwik word, en My dienare, wat jy al ken, sal jou daarby help!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205