Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die onderhandelings met die stadsoudste van Efraim

45 Ons rus in hierdie ruïne baie goed tot die vroeë oggend. Daarna stuur Ek enkele van die leerlinge na benede na die stadjie om lewensmiddele in te koop en met die bewoners te onderhandel, sodat Ons toegestaan sou word om in die gebou te bly.

[2] Baie gou kom die stadsoudste dan ook na Ons toe met enkele van sy mense, nuuskierig om die merkwaardige mense te leer ken wat toestemming vra om in `n huis te bly, wat tot nou toe alleen as skuilplek vir voëls en allerhande diere gedien het. Ons ontvang hom baie vriendelik, en aangesien Ek as die hoof van die geselskap aangedui word, vra hy My of Ons miskien vlugtelinge of bannelinge was wat hulle hier in hierdie afgeleë streek wou verberg. Ek stel hom gerus wat dit betref en maak hom weldra duidelik dat Ons, netsoos hy, Hebreërs was, maar dat Ons die winter wou teruggetrek en ingetoë wou deurbring om God waardig te dien.

[3] Toe hy aanvanklik een ietwat bedenklike gesig trek en baie sin lyk te hê om Ons kort en bondig af te wys, tree daar uit die rye van My aanhangers één na vore, wat hom begroet as `n ou vriend, met wie hy in Jerusalem saam die tempelskole besoek het. Hierdie herkenning verander die man totaal, en toe hy nou van sy vriend hoor dat Ek die beroemde Heiland van Nasaret was, wat hyself weliswaar nog nooit gesien het nie, maar oor wie hy des te meer gehoor het, vra hy vele male om verontskuldiging vir sy wantroue, en gee hy Ons graag toestemming om in hierdie ruimtes volgens oortuiging Ons gang te gaan. Hy vra Ons ook om na hom toe te kom.

[4] Ek sê: "Vriend, jou huis, wat weliswaar steeds gasvry is, sou vir ons geselskap tog te klein wees, en hier sal Ons Onsself weldra huislik ingerig het. Daarom sal Ons eerder hier bly. Maar verraai My nie voortydig teenoor jou ondergeskiktes en die stadsbewoners nie, sodat Ons en julle nie lastig geval word deur die geregsdienare van die tempel en vyandelike Jode nie!"

[5] Dit beloof hy ook en verseker Ons dat hy aan niemand sou sê wie hierdie mure herberg nie, maar alle nuuskierige vrae van die hand sou wys. Hierdie ou kasteel was die eiendom van die gemeente, en hy as hoof daarvan het die reg om daaroor te beskik en was niemand verantwoording verskuldig deur wie hy hom laat gebruik nie.

[6] Ek sê aan hom dat Myne weer die mure sou herstel, en sodoende sou hy ook teenoor die gemeente `n goeie reg hê om so te handel, omdat hulle sonder onkoste `n goeie gebou sou kry.

[7] Die stadsbestuurder was baie bly daaroor en vra dadelik of ons materiaal nodig sou hê, dan sou hy dit aan Ons besorg.

[8] Maar Ek sê aan hom dat hy hom absoluut geen sorg daaroor moes maak nie, omdat Ons dit self wel sou doen.

[9] Verder vra hy of hy mag terugkom, en dit spreek vanself dat dit graag aan hom toegestaan word. 

[10] Nadat hierdie man weggegaan het saam met sy vriend, aan wie hy nog van alles oor My wil vra, verdeel Ek die werk - en dit is maklik om voor te stel dat Ek, as bekwame timmerman, heeltemal geen moeite daarmee gehad het om die huis weldra in `n eenvoudige, maar na die toenmalige begrippe baie behaaglike woning te verander nie. Ons het tog nog enkele dae daarvoor nodig gehad; want soos reeds opgemerk, moes hier niks gebeur wat al te veel sou opval nie. Natuurlik sou ook baie vlytige arbeiders andersins net so baie weke daarvoor nodig gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205