Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Geestelike beskouing

53 Hier dien nou enkele woorde toegevoeg te word oor die geestelike beskouing vir diegene wat My weë bewandel en aan homself wil waarneem in hoeverre sy siel reeds in die liggaam in staat is om haarself te ontwikkel. Hier sal nie geleer word hoe `n mens besonder wonderbaarlike of magiese eienskappe verkry, of die resep gegee word om alleen daarvolgens te strewe nie, maar hier sal die weg aangegee word hoe die verskillende vertwyfelinge van die hart oorwin kan word, wat die siel voel solank as wat sy die bande van haar vlees nie losser gemaak het nie. Dit is die ware doel: Om onafhanklik te word van die vlees met al sy luste, vertwyfelinge en dwalings, om haarself in die eintlike, egte en ware wêreld, waar die siel na die dood volledig vry en onafhanklik moet binnegaan, goed te kan voel en daar binne te kan gaan. 

[2] Dit is voor die hand liggend dat die sielelewe heeltemal vanself kenbaar moet word, wanneer die knellende boeie van die vlees losser word. En almal wat wel My woord hoor, maar verder niks van die innerlike sielelewe bespeur nie, sit nog heeltemal vas in hulle vleeslike bande, is hoorders, maar geen doeners van die woord nie.

[3] Elkeen wat homself van sy boeie ontdaan, kry `n helderder blik op mense en natuur; eers net op so `n manier, dat hy dink dat sy waarnemingsvermoë baie skerper geword het; in werklikheid beteken dit egter dat die gees hom roer, wat meer vryheid van beweging kry. Dan moet die mens dit tot `n gewoonte maak om in homself te kyk, dit wil sê die beelde te herken wat sy geestelike oog onafhanklik van sy liggaamlike oë sien en kan waarneem; dan sal hy, wanneer hy hom in die liefde tot My bevind en op die basis voortbou, vinnig die eienskappe van die gees verkry wat julle "heldersiendheid" noem. Dit is ewenwel geen magiese, maar `n baie natuurlike eienskap van die siel, waarvoor sy haarself natuurlik net so goed kan afsluit soos wat julle julleself in die liggaam vir die ontwikkel van verskillende vermoëns kan afsluit.

[4] By siektes word die verbinding tussen siel en liggaam ook baie losser. Die heldersiendheid wat dan deur die swakte van die liggaam ontstaan, is `n soort ongesonde heldersiendheid, waarby baie verkeerdhede voorkom. Die lewe van die siel in `n wêreld wat vir haar volkome vreemd is, is by siek mense niks ongewoon nie, en die vele fantasiebeelde wat daarby voorkom is niks anders as beelde wat betrekking het op die sielewêreld nie. Want die taal waarin die gees tot die siel spreek - word nie deur woorde gevorm nie, maar slegs deur voltooide beelde, terwyl woorde die beelde eers met baie moeite oorbring.

[5] Die ontwikkeling van die vermoë om die taal te verstaan wat julle as die taal van die ooreenstemming, ten minste na die woord ken, is nie net tydens die lewe nuttig nie, maar selfs noodsaaklik, omdat die siel andersins na die dood van haar liggaam haarself in die geestesryk sal voel soos `n vreemdeling wat `n volkome vreemde land binnetree, waarvan sy die taal nie verstaan nie, en waar sy slegs met groot moeite slaag om haar verstaanbaar te maak. Daar is net die verskil, naamlik dat die inwoners van die land wel die vreemdeling begryp, maar sy nie die inwoners begryp nie, wat hulleself eers weer aan die boeie van die sielslewe moet aanpas om die ongewoon geworde, omslagtige liggaamlike taal weer aan te neem, wat slegs deur woorde, maar nie deur gedagtereekse kontak maak nie.

[6] Geestelik gevorderde mense betreur daarom dikwels die onmoontlikheid om hulle gevoelens voldoende duidelik in woorde te kan uitdruk, of die onmoontlikheid om die vlug van hulle gedagtes deur skryf of spreek net so vinnig vas te lê soos wat die gees dit vir die siel laat aanskou. Dit sou alles nie moontlik gewees het as hierdie taal van die gees, in snelle beelde en reekse begrippe, nie sou bestaan nie. Dit is dus meer as wat woord en geskrif kan oorbring, en laat niemand dus glo dat `n baie hoogs ontwikkelde skryftaal of `n hoogs ontwikkelde redenaarstalent die geweldigste is wat die siel van die mens kan voortbring nie; want dit is maar baie swak uitvloeisels van die innerlike strewe van die gees om die siel te laat deel in wat daar in die gees uiters volmaak verborge lê. Laat niemand dus glo dat hy iets besonders presteer, wanneer hy as `n meester beskou word in hierdie uiterlike kommunikasie nie. Hy is maar `n armsalige stumperd (sukkelaar) vergeleke met die ryk inhoud van die innerlike meester, wat sy gawes nie na buite toe ontplooi nie.

[8] Die strewe is om die innerlike meester deur My krag en deur die liefde tot My so volmaak moontlik in homself te verwoord, dit wil sê, om My en My weë na te volg; want tydens My aardse lewe in die vlees het Ek dieselfde weg gegaan en wat Ek netsoos ieder ander mens tree vir tree moeisaam moes verwerf. - Laat ons nou na Myne terugkeer!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205