Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die afskeid van Efraim: Vertrek na Betánië

58 In die hierna volgende tyd het daar na buite toe niks belangrik gebeur nie. Ons het baie rustig en reëlmatig geleef. En noudat daar in Palestina `n felle koue ingeval het, wat hom in die ruwe streek van die berg sterk laat voel, was die leerlinge meer as anders in die beskermende huis in `n gesellige samesyn bymekaar en bespreek dinge vol vuur. Almal doen ywerig hulle bes om hulleself op die korrekte manier in die gees te ontwikkel, en daarom word dit wat daar betrekking het op My en My leer, nogmaals deur hulle bespreek; wat geen sin het om dit te herhaal nie, aangesien dit al dikwels vroeër in ander vorm gesê is.  

[2] Net één ding moet nog hier vermeld word. Dit het hulle opgeval dat hierdie winter `n ongewone lae temperatuur vir Palestina vertoon, en hulle soek na die redes daarvoor. Toe sien hulle in `n heldersiende toestand dat die land oordek was met die reeds vroeër genoemde vredesgeeste, elementêre geeste wat spesiaal as taak het om na die orde van alle aardse omstandighede toe te sien; so sien hulle hoe hulle ywerig aan die gang was om alle opstygende heetgebakerde sielsdeeltjies soveel moontlik te vang en te temper. Dit was `n groot stryd in die natuur, wat deur die reeds genoemde koue, homself sterk laat voel het.

[3] Hulle vra My vanwaar die stryd nou juis ontstaan het, en Ek lê hulle met weinig woorde uit dat dit in baie noue samehang staan met die ten einde loop van My missie. Nou word die opstygende toornelemente, wat gewek word deur die verset van die verlore seun, nog met geweld bedwing, sodat die werk nie gesteur sou word nie en die volk, wat hom deur sy sondes baie ontvanklik gemaak het vir die opneem daarvan en die verharding van hulle siele wat daardeur ontstaan, nie in die verderf gestort sou word nie. Vóór die sluiting van die poort, voordat die maat tot die rand toe vol was, sou die barmhartigheid steeds probeer om te verhinder dat elkeen homself in die verderf sou stort. Maar as geen ag geslaan sou word op die laaste groot waarskuwing nie, sou die wet in werking tree en sou die gevolge van alle sondes homself vreeslik laat geld.

[4] So sal dit ook met die Judeërs gaan. As hulle hulle ingesteldheid nie sal verander en hulle siel nie afsluit vir die ontvanklikheid en die opneem van die vele toornelemente nie, deur om te draai van die tot nou toe betrede weë, sal dit nie meer teëgehou word nie en daarmee sal die verderf oor mense en land losbars. 

[5] Toe ons nou byna drie maande in Efraim deurgebring het, kom daar op `n dag `n kneg van Laserus na Ons toe, wat in die geheim gestuur was en wat My wou spreek.

[6] Ek laat hom na My toe kom, en hy sê (die kneg): "Majesteit en Heer! Laserus, wat deur U opgewek is, stuur my na U toe en vra U of U hom raad en hulp wil gee! Die priesters van die tempel is nou, sedert hy uit die dood opgestaan het, meer as ooit op hom byterig en dreig om hom te vervloek as hy nie beken dat hy nie gesterf het nie, omdat dit nog nooit werklik gebeur het dat `n dooie teruggekeer het nie. Hulle dreig hom dat hy die vervloekte water moet drink, om te bewys in hoeverre God met hom is. Maar Laserus ken hulle arglistigheid en weet baie goed dat die mense hom in die geval `n baie spesiale water sal gee, wat hom met sekerheid vir die tweede keer sou laat sterf. Maar nou weet hy nie of hy hom, in vertroue op U, aan hulle ter beskikking moet stel of dat hy nou heeltemal afstand moet doen van die tempel nie, wat tog deur God opgerig is."

[7] Ek sê aan hom: "Sê aan My beste Laserus dat hy God moet soek waar hy dink dat hy Hom sal vind! As hy weet dat Hy in die tempel woon, dan moet hy doen wat die tempel verlang; maar as hy weet dat JaHWeH nie daar woon nie, wat vra hy dan na die tempel en die priesters daarvan? Vir My is die kinders die beste, wat hulle in hulle hart met die Vader verenig en luister na wat Hy hulle aanraai om te doen! - Gaan sê dit aan jou meester!" 

[8] Die bode, wat een van die mees getroues van Laserus was, bring hom onmiddellik hierdie mededeling oor, waarop Laserus hom geen oomblik bedink nie, volledig afstand doen van die tempel, en sy kwellers dreig dat hy `n Romeinse burger sou word en hom volledig onder die beskerming van Rome sou stel as mense hom nog langer sou lastig val. Die priesters laat hom toe ook met rus, omdat deur die uitvoering van hierdie dreigement, elke uitsig op die toekomstige besit van sy goedere vir hulle verlore sou gegaan het, terwyl hulle hoop om so langs krom weë tog nog hulle doel te bereik. 

[9] Nou was die verskynings sover dit die koue tyd in Palestina betref, verby en die eerste voorbereidings vir die Pasgafees het merkbaar geword. In die tyd maak baie Judeërs `n bedevaart na Jerusalem; hulle begin hulle huise orde te kry, sodat daar tydens hulle afwesigheid niks verkeerd kan gaan nie. En so was daar ook in Efraim `n groter bedrywigheid merkbaar onder die inwoners wat voorbereidings getref het om ietwat tyd in die nabygeleë Jerusalem deur te bring.

[10] Daarmee nader nou die tyd dat My liggaam geoffer moes word, en die siel word bekruip deur treurigheid en `n voorsmaak van die groot lyding wat My te wagte staan. Tegelykertyd word sy egter deurstroom van die bewussyn van die groot taak wat vervul moes word, en sy voeg haar volgens die wil van die Vader. Die leerlinge sien die stryd en vra My besorg wat daar met My aan die gang was. Maar Ek wys hulle almal terug en sê vir hulle dat alles binnekort duidelik sou word. 

[11] Ons het nog enkele dae gehad om in Efraim deur te bring. Daarom versamel Ek Myne en sê aan hulle dat hulle hulleself moes gereedmaak vir die reis, omdat Ons na Laserus toe sou gaan om Ons intrek by hom te neem.

[12] Petrus waarsku My nogmaals teen die tempeldienare, en Ek sê aan hom: "Nou het die tyd gekom dat die Menseseun swak bevind sal word en Sy vyande sal slaag om Hom te oorweldig - tot hulle eie oordeel, maar tot heil van die wêreld."

[13] Petrus was baie ontdaan daaroor en deel My woorde aan die broers mee, wat eweneens besorg word oor My. En vanaf die uur dra Petrus steeds heimlik `n swaard by hom, bereid om sy lewe vir My te offer as die geregsdienare sou kom om My gevange te neem.

[14] Nou nader die dag van die afskeid. Ek dra Ons kasteel met alles daarin oor aan die leier van die stad, seën hom en deur hom die gemeente, en roep die leerlinge byeen; vinnig begeef Ons Onsself nou na die groot weg wat na Jerusalem lei, omdat Ons nog dieselfde dag by Laserus wou aankom, om daar vir die laaste verblyf te hou, voordat My aardse loopbaan afgesluit sou word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205