Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Jesus word deur Maria gesalf

Johannes 12:1-8

62 Toe Ons almal nou nog swyend daar gesit het na die betoog van Judas, waarby elkeen met sy eie gedagtes besig was, gaan die deur oop en Maria, die suster van Laserus, kom binne. Met haar oë op My gerig kom sy na My toe, sonder om haar oor die aanwesiges te bekommer. Sy sink neer aan My voete en bedek dit met kussings. Daarna neem sy `n fles kosbare nardusolie, breek dit oop en salf My voete met die olie, wat sy toe met haar lang hare weer afdroog. Daarby huil sy hardop en vra My met ontroerende stem om hierdie salwing tog toe te laat. 

[2] Dit is nie baie bekend dat slegs baie vername persone hulle `n dergelike luukse kon veroorloof; want net soos wat die veelvuldige was van die voete in die tyd `n absolute noodsaak was, omdat die dra van skoene deur die meeste wat nie so bemiddeld was nie, afgewys was, was ook die herhaaldelike salf van die voete noodsaaklik om die vel soepel te hou.

[3] Nou het nardusolie spesiale opwekkende eienskappe, ruik baie lieflik en werk buitengewoon verfrissend, maar was vanweë sy geliefde en besondere eienskappe baie duur, sodat `n dergelike voetwassing tot die baie uitsonderlike luukse behoort het wat slegs baie ryk mense hulle kon veroorloof.

[4] Die huis word heeltemal vervul van die geur van die olie, wat `n teken was van die uitsonderlike kwaliteit daarvan, sodat Judas, wat steeds baie op die geld gelet het, nie kon nalaat op te merk nie: "Kon mens die salf nie eerder verkoop het en met die opbrengs vele armes te ete gee nie?! Waarom het die Heer sulke olie nodig; Hy besit immers die krag om Homself ook elke oomblik sonder die olie te verfris?!"

[5] Dit sê hy egter maar net uit gierigheid, omdat Laserus se rykdom vir hom `n doring in die oog was en hy baie die geleentheid gebruik het om daarop te wys dat die rykes swelg, terwyl opregte Israeliete moes nood ly.

[6] Maar Ek antwoord daarop, wysend op Maria, wat nog daar gekniel het: "Wat sy gedoen het, het sy uit liefde gedoen, en vir My is elke offer aangenaam as dit uit `n liefdevolle hart kom. Met hierdie daad het sy nie soseer My liggaam nie, as eerder My siel versterk; want waar soveel liefde geskenk word, sal Ek op My beurt deur die liefde nog meer liefde aan die mensdom gee. Sy het daardeur die reg verwerf om My vir die dag van My begrafnis die nodige krag te gee wat My siel nog nodig het om die moeilikste te oorwin. En daarom sal haar daad van liefde nooit vergeet word nie, en waar julle My evangelie verkondig, moet julle haar ook nie vergeet nie! Laat haar daarom met rus!"

[7] Ek help die nog hewig huilende Maria om op te staan, seën haar en sê: "Maria, jou sondes is jou deur My Vader vergewe! Maar wat jy vir My, die Seun, gedoen het, daarvan sal Ek getuig teenoor My Vader, en in huis sal dit jou duisendvoudig en meer as duisendvoudig vergeld word.

[8] Kom nou by Ons sit, versterk jou liggaam en bly in Ons midde; want wie My krag skenk deur haar liefde, sal nie van My sy wyk nie!"

[9] Hierdie daad, wat lyk soos die van Maria Magdalena (van Magdala), het aanleiding gegee tot verwisseling. Maar dit was Maria, die suster van Laserus, wat My as haar Majesteit en Heer in suiwerste liefde toegedaan was, nie met enigerlei aardse liefde nie; daarom is haar daad ook van baie ander betekenis as die van Maria van Magdala. -

[10] Nou wend Ek My tot die leerlinge en vervolg: "Wie waaragtig ryk is in sy hart, kan ook van sy rykdom gee sonder om self arm te word - ja, hoe meer hy gee, des te ryker sal hy nog word; maar van wie arm is in homself, sal die weinige nog afgeneem word, omdat hy dit deur homself moet verloor. Liggaamlik en geestelike armes het julle nou altyd om julle heen, en gee hulle ook steeds van julle oorvloed! Maar vir My het julle nie altyd nie, en daarom sal julle My weldra, wat My liggaam betref, ook niks meer kan skenk nie."

[11] Dit sê Ek om My leerlinge steeds weer op My heengaan voor te berei, omdat hulle siel nie besef dat dit so spoedig sou wees nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205