Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Dismas beken sy groot skuld teenoor God. Vra egter nie om genade nie, maar vir `n gepaste straf. Gevolge van die verkeerde versoek

100 Na hierdie woorde van Robert Blum, kom Dismas skielik in beweging en kom met hom na My, die Heer van die lewe. Hy val daar by die tafel met geboë hoof voor My neer en roep luid: "O Heer, ewig onwaardig om U gelaat te aanskou, lê ek voor U in die stof van my onwaardige nietigheid as `n ellendige wurm vol skandelike hoerery en egbreek. Ek vra U om my die onverkorte straf vir al my aardse skanddade ooreenkomstig U geregtigheid te laat ondergaan. U wil geskied!"

[2] Ek sê: "Dismas, wie is jy en waarna vra jy nou? Sal jy tevrede wees as Ek jou letterlik gee waarvoor jy vra? Wee jou dan as Ek dit aan jou gee! Wil jy nog onvolmaakter word as wat jy alreeds is, gaan dan maar na die grootste van al die duiwels, hy oordeel met die straf van die vuur! Ek oordeel en straf egter niemand nie, dus ook nie vir jou nie! Wil jy lewe, vra dan vir die lewe, maar nie vir die dood nie! Glo jy dan dat Ek welgevalle het aan die dood van My kinders? O jou dwaas! Is Ek dan `n God van die dood, of is Ek `n God van die lewe? Sien, alle ewighede en die oneindigheid van My hemele gee van My `n ewige getuienis, dat Ek `n God van die lewe en nie `n God van die dood is nie. En jy wil van my `n God van die dood maak?

[3] Sê My dan wie jy is, sodat Ek kan sien watter verkeerdheid in jou woon. Was jou dade op aarde nie sleg en laaghartig genoeg sodat jy nou ook hier voor My aangesig wil sondig nie? Ek sien egter baie goed in wie jy is en wat jy wil hê; daarom sal Ek jou maar `n moeilike antwoord bespaar! Staan nou maar op en verander van gedagte, want met jou versoek sal jy by My nooit as te nimmer verder kom nie! Kyk, jy vra My soos `n slaaf vir `n regverdige straf, maar jou hart verlang na volkome genade! Sê eers, moet Ek nou gehoor gee aan jou uitgesproke versoek of aan die wens van jou hart?

[4] Dismas sê: "O Heer Jesus, U, die enige God, wees geduldig met my arme sinlike gees! Ek weet wel dat ek `n growwe sondaar is en nie in staat is om een verstandige woord voor U te stamel nie. Oordeel my nie volgens my ellendige woorde nie, maar na my siek hart en genees dit deur U vrye genade, dan sal my tong nimmer nalaat om U te loof nie! Heer, as U my nou verstoot, wie moet my dan aanneem en oprig?

[5] Ek sê: "Jy het tog vriende in oorvloed. Sou hulle dan nie in staat wees om jou te help nie? Dink daaraan dat jy meer as sestig jaar lank op aarde geleef het, sonder My hulp, alleen met jou vriende wat jou met raad ter syde gestaan het. En jy was nie ongelukkig nie, behalwe by die aanblik van jou eie vrou, wanneer sy jou dikwels betrap het terwyl jy aandag gesoek het by iemand anders. Wanneer iemand jou iets oor My vertel het en aan jou getoon het hoe jou lewe My moet mishaag, het jy hom gewoonweg uitgelag. Nou lê jy voor My en wil die dood én die lewe van My hê! Wat moet Ek jou gee? Die dood kan Ek jou nie gee nie, en die lewe wil jy nie volledig hê nie, omdat jou woord nie volledig ooreenstem met jou hart en al jou aardse handelinge nie! Gaan dit eers by jouself na en sê dan wat jy wil hê!"

[6] Dismas sê: "Heer, waar is die opregte wat `n stryd met U sou kon deurstaan? Nog veel minder kan ek met U redetwis, omdat ek voor U, net soos voor die mense, vol sonde is! Ek weet wel dat U ook vir die berouvolle sondaar barmhartig kan wees, as U dit wil wees! Daarenteen lyk dit my ook korrek, dat U, vir wie die engele ook nie onberispelik is nie, ook die goed bedoelde woord uit die mond van `n sondaar wat tot U spreek, kan uitlê soos wat U wil en hom sy sonde kan vergewe ter verkryging van die ewige lewe of hom dit weerhou, wat lei tot die ewige dood en dit alles volgens die strengste geregtigheid!

[7] Want geregtigheid is `n beskikking van die mag! Wie die volledige mag besit, besit ook die volste reg wat niemand hom kan betwis nie. Wanneer mag en geregtigheid egter bymekaar hoort, hoe kan `n magtelose sondaar ooit droom van een of ander reg wat hom toekom? Wat die mag doen is regverdig, wat die onmag egter stel teen die mag, is onregverdig!

[8] En juis in so `n dergelike posisie bevind ek my nou teenoor U, o, Heer, U wat die almag self is en ekself, die volslae onmag! Ek kan nou sê wat ek wil, maar dit is desondanks U wat kan doen wat U wil, omdat U die enigste magtigste is. Ek wil en kan dus om die wyse verstandige rede niks anders sê as: "Heer, U wil geskied!" Ek sou duisend dinge kan wens, maar nou wil ek heeltemal niks meer wens nie, maar my volledig onderwerp aan U almagtige wil, of dit nou ten goede of ten kwade oor my beskik. Sal dit my kennelik gelukkiger maak, dan is dit goed, sal dit my egter tot die hel verdoem, dan sal ek ook na die hel moet gaan! Want die baie duidelike onmag kan hom nooit verset teen die almag nie! Doen nou, o Heer, wat U wil; ek sal alles goed en regverdig moet vind. Ek glo dat ek hiermee my onmag teenoor U almagtige en dus regverdige eis voldoende aangetoon het. U, o Heer, sal met my doen wat in U vermoë lê!"

[9] Ek sê: "Nou goed dan, omdat jy alle geregtigheid maar net in die mag lê, wil My mag nou dat jy jou teen middernag vir ewig na die noordelike hoek van hierdie saal begeef. Daar sal jy dan onophoudelik deur `n klein steekvlieg gepla word! My mag wil dit so hê, dus begeef jou daarheen!

[10] Erg geskok en verleë sê Dismas: "O Heer, hoewel ek my moet voeg na U mag, vra ek U tog dringend, dat U my ten minste die wanhopige makende steekvlieg sou wil kwytskeld! Want dit sou tog verskriklik wees om vir ewig op dieselfde plek deur so `n insek gemartel te word!"

[11] Ek sê: "Dit weet Ek, maar My mag regverdig my tog! Waarom wil jy jou nie dadelik skik volgens My almagtige wil nie?

[12] Dismas sê: "O Heer, U is almagtig, maar U is ook oneindig goed. En daarom wend ek my nou tot U goedheid en smeek U om genade! Bespaar my die steekvlieg!"

[13] Ek sê: "Nou doen jy `n beroep op My goedheid en genade, omdat die water van die dood jou al tot aan jou lippe vat! Maar Ek vra jou hoe jy dit nou kan doen, aangesien jy tog eers alles aan My almag oorgelaat het en met jou eie mond gesê het: "Heer, U wil geskied." My wil lyk vir jou nou nie so plesierig nie en daarom sou jy in jou hart wens dat My wil tog nie sal laat geskied nie! Hoe moet Ek dit vertolk? Met jou mond sê jy steeds anders as wat jou hart wil. Dink jy dat Ek `n wese is waarmee die mens grappies kan maak? O, dan het jy dit erg misgevat!

[14] Kyk, Ek behandel my kinders nie soos wat dom ouers dit doen nie. Hulle wil hulle kinders dikwels vinnig afskrik; maar hulle merk dit baie gou en lag in hulle vuiste as hulle ouers los dreigemente begin te uiter. Daardeur word hulle wantrouig en slaan nie meer ag op die woorde van hulle ouers nie. Maar dit is absoluut nie My manier van doen nie. By My heers oral die mees diepste, onwankelbare erns, en die lewe van een uit my moet in dieselfde ernstige ordening behou en gelei word soos die van `n engel! Ek is soos `n klip van die grootste hardheid en swaartekrag. Wie hom daarteen stamp, sal te pletter geslaan word. Hulle op wie die klip val, sal vermorsel word!

[15] Ek sê vir jou: "Solank jou woorde nie uit jou hart kom nie, sal jy dit moeilik met My hê. Want twee stemme in een mens kan Ek nie aanhoor nie! Wanneer jou hart egter één word met jou mond, sal Ek jou woord hoor en heeltemal daarmee rekening hou! Aan dit wat vir jou aan My heilig voorkom, moet jy ook gehoorsaam! Die mag van My goddelike wil is vir jou die heiligste, soos jyself verklaar het, daarby moet jy jou ook neerlê en nie soos `n muiter teen My almagtige geregtigheid in verset kom nie!

[16] Jy moet egter ook weet dat nie alleen Ek as God `n vrye wil het nie, maar dat iedere gees wat deur my geskape is, dieselfde vrye wil het en kan doen wat hy verkies. Ek sal jou daarom ook nie met My almag dwing om te doen wat Ek jou vroeër as `n streng regter aanbeveel het nie. Jy kan jou ook daarteen verset en doen wat jy wil, maar welke gevolge dit vir jou sal hê, sal jy dan wel later sien. Doen daarom nou wat jy wil!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205