Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Emma en Olaf vergewe hulle skuldenaar Dismas. Oor die sterk Pauliniese gees van Dismas. `n Hemelse opdrag

103 Ek wend My daarop tot Emma, wat nou weer bly geword het, en die brawe Max Olaf en sê: "Wel, het julle die woorde van julle skuldenaar gehoor? Beide sê: "O Heer, Vader, tot ons groot vreugde heeltemal!"

[2] Ek sê: "Goed, wat gaan julle nou doen? Wil julle hom oordeel, of wil julle hom alles vergewe en hom in julle harte opneem? Beide sê: "O heilige, beste Vader, ons het hom al lankal alles vergewe en is volkome bereid om hom weer met alle liefde op te neem en vir ewig te behou, wanneer dit nie sal indruis teen U ewige wil nie."

[3] Ek sê: "Wat vir julle goed en aangenaam is in My naam, is ook vir My bomatig goed en aangenaam! Ja, Ek sê vir julle dat ek baie verheug is, dat hierdie gees teruggewen is, want daar is maar weinig geeste van sy soort. Hy het `n Pauliniese gees en behoort tot My werktuie teen alle magtelose vyande van My hemele! So hardnekkig soos wat hy My weerstaan het, so standvastig sal hy van nou af in My diens staan!

[4] Ek kan hom egter nie dadelik aan julle teruggee nie, omdat hy eers vir My `n vinnige taak moet verrig. As hy die werk tot `n goeie einde bring, dan sal julle sy, en hy julle beloning word!"

[5] Max Olaf sê: "O Heer, is ek dan gladnie vir iets te gebruik nie? O, gee my ook die geleentheid om iets in U heilige naam te doen!

[6] Ek sê: "Beste broer, ten eerste het jy My al `n groot diens bewys en ten tweede sal jy nog vinnig genoeg geleentheid kry om My baie belangrike dienste te verleen. Nou is dit egter, ter voltooiing van broeder Dismas, nodig dat hy My `n ware liefdesdiens bewys, en dus sal Ek hom nou alleen op `n goeie visvangs uitstuur."

[7] Daarmee is Max Olaf volkome gerusgestel. Ek wend My daarop tot Dismas en sê vir hom: "Beste Dismas, omdat jy jou in jou hart heeltemal volgens My orde verander het, en jou eindelik eens volkome voor My verdeemoedig het, en wel ook voor hulle wat kort gelede `n doring was in die oog van jou saamgebringde hoogmoed, sal jy juis deur hierdie selfverdeemoediging ook tot groter en werklike eer kom! Omdat iedere eer by My slegs deur `n edel goeie daad afhang, sal jy nou ook `n goeie en prysenswaardige daad kry om uit te voer! Van die welslae sal baie afhang, maar dit sal egter nie teen jou aangereken word of jy slaag of nie, want by My tel slegs die goeie wil, `n redelike, op liefde berustende bedoeling en ten slotte `n tot die doel, na die beste wete, begonne taak.

[8] Of die doel dan nie volledig bereik word nie, is vir jou nie van belang nie, want alle welslae lê in my hand. Ek laat dit selfs dikwels toe dat die bedrywigste heldegeeste menige taak, ook al werk hulle daaraan in My opdrag, nie volbring nie, juis om hulle daardeur te toon dat in die hele oneindigheid geen gees uit homself in staat is om iets te bewerkstellig nie; terwyl hy werk, moet hy steeds met My werk. Deurdat hy met My verenig, is hy ook van die werke se welslae verseker, en sulke werke word dan vir hom as goed aangereken.

[9] Elke volmaakte gees het egter wel `n groot eie krag, waarmee hy baie tot stand kan bring, maar wat hy doen uit eie krag, word nie deur My as verdienste vir hom aangereken nie, omdat hy daardeur slegs `n arbeider vir sy eie huis is. Wanneer hy egter My krag in sy werke opneem, werk hy in My huis en hierdie arbeid word hom as verdienste gereken. Daaruit kan jy uitmaak hoe mens hier, in My ewige ryk van die ware lewe, moet handel om hom vir My verdienstelik te maak!

[10] Ek sal nou aan jou die taak bekend maak wat aan jou toevertrou word. Luister dus: Jy het daar op die agtergrond aan die noordelike sy van die saal `n geselskap van jou vroeëre vriende agtergelaat. Hulle is presies dertig persone, waarvan daar tien vroue en die ander twintig mans is. Hulle was almal op aarde nog aanmerklik slegter gewees as jy. Hulle laaghartige handel en wandel is aan jou bekend en hulle beweegredes nie minder nie. Ek dra hulle nou aan jou oor en gee ook aan jou die volledige mag om te doen wat jy wil! Gaan nou so, deur My toegerus, na hulle toe, probeer hulle vir jou te wen en bring almal hier, waar Ekself die verdere weg vir hulle sal bepaal. Slaag jy daarin, sal jy dadelik met `n erekleed getooi word! Pak die werk egter veral op die regte, en `n goeie manier aan, anders sal dit jou teveel moeite kos.

[11] Dismas sê: "O Heer, die opdrag is al te eervol vir my, wat staan nog dat ek vir `n uiteindelike sukses nog met `n spesiale erekleed getooi sou word. Want sal hierdie mooi opdrag slaag, sal dit geheel en al U werk wees. Het ek egter geen sukses nie, dan sal dit `n teken wees, dat ek deurgaans te min verenig met U wil handel. In die laaste geval sal ek tog sekerlik wel onwaardig geag word vir `n eregewaad! O Heer, ek sal sekerlik met U genade doen wat ek maar kan, en daarom vertrou ek ook vas dat ek met U hulp sal slaag. Maar dan vra ek U dringend om my geen eer daarvoor te betuig nie. Laat dit egter wel toe, o Heer, dat ek U met die gewone skare uit alle krag kan loof en prys, want aan `n sondaar soos ek kom tog ewig geen onderskeiding toe nie.

[12] Ek sê: "Wel, My geliefde Dismas, dit is al `n goeie begin, want wie by My die eerste wil wees, sal die laaste wees. Wie egter die laaste wil wees en al sy broers eer, bemin en bevoorreg, sal by My volgens die volste waarheid die eerste wees. Wie sy lewe in eie krag probeer vashou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ontvlug en haat, ter wille van my waaragtige lewe, sal dit in alle oorvloed verkry. Gaan dan nou daarheen, waar jy volgens My opdrag heen moet gaan.

[13] Dismas buig diep voor My en ander vriende, en begeef hom vinnig na bogenoemde geselskap!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205