Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Woordvoerder Bruno. Die kritiese wedervraag van die Heer. Bruno se deemoed roep die genade van die Heer af

106 Die woordvoerder van die dertig tree na vore, buig diep voor My en My hele geselskap en sê dan kordaat: "Heer, Skepper, behouer en bestuurder van die gehele oneindigheid, ons staan hier as volkome nulle voor U, wat alleen alles in alles is, en ons verwag van U genade en barmhartigheid! Egter nie omdat ons ook maar enige reg daarop het nie, aangesien ons almal swak en selfs growwe sondaars is, maar omdat U, God, Uself as die reinste en volmaakste liefde vir die gevalle sondaars aan die kruis laat slaan het. U alleen is die sterkte van die swakkes, die Heiland van die gebrekkiges, die hulp van die noodlydendes! U self het aan die sondaars gesê: "Kom, almal wat belas en belaai is, kom na My toe, en Ek sal julle verkwik!"

[2] En so staan ons nou ook voor U, swaar belas met alle kwale van die lewe. Neem van ons af na U barmhartigheid, o Heer! Weliswaar kan ons U daarvoor niks anders aanbied as hoogstens dertig met allerlei sondes behepte harte, wat U bo alles wil liefhê, as ons maar gedurf het! Die ware liefde soek slegs die hart, vir al die ander is sy blind!

[3] Wil U o, Heer, ons dan so behandel. Kyk nie na ons dade, wat alles sleg is nie. Kyk na ons harte, wat, alhoewel onrein, tog snak na U heilige Vaderhart, soos verdorde gras na `n doudruppel!"

[4] Ek sê: "Ja, My beste Bruno, wat jy daar gesê het, namens jou broers en susters, is alles wel goed, waar en mooi, maar in die Skrif staan geskryf dat hoere en egbrekers die ryk van God nie sal binnegaan nie! Julle is oor die algemeen growwe hoerelopers en egbrekers en daarby vol selfsug gewees. My genade egter, wat julle verlang, is die eintlike ryk van God. Die vraag is daarom hoe julle dink om in ooreenstemming met die Skrif My genade deelagtig te word?"

[5] Bruno sê: "O Heer, staan toe dat een sondaar voor U sy mond mag open; U sal tog geen sondaar verbied om berou te voel oor sy sondes en U om genade te smeek nie. U het ondanks hierdie regterlike teks uit U Heilige Skrif die moordenaar aan die kruis nie uitgesluit van U ryk nie, en U het die egbreekster in die tempel nie veroordeel nie, ook nie Magdalena nie, en U het U intrek geneem in die huis van Sageüs. Eweneens het U hier nou soveel mense, wat tog nie meer vir U kon gedoen het as ons nie, salig gemaak deur U genade. O, wees ook nie so hard teenoor ons nie!"

[6] Ek sê: "Ja, ja, maar van almal was hierdie mense geen growwe sondaars soos julle nie!"

[7] Bruno sê: "O Heer, wat kan ons nou, groot of klein wees, hetsy sonde of deug? U alleen is groot en goed, al die ander is egter niks voor U nie. Heer, U wat vir pumas, leeus, hiënas en tiers sorg, wat tog kwaadaardige diere is, sorg ook vir ons, ten minste volgens die maatstaf wat vir die diere geld!"

[8] Hier gee Ek Robert `n teken om wyn en brood te bring. Bruno kyk verbaas na Robert, maar weet egter nie wat dit beteken nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205