Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Goeie gees van eendrag onder hulle wat honger het na lig. Die leër van wêreldblindes kom by die Heer aan. Bruno se lewensverhaal

109 Die voormalige mopperaars sê daarop: "O, wat ons betref hoef julle julleself nie te verneder nie! Hier in hierdie wêreld is alle standverskille tog al volledig opgehef en plaas julle in hierdie oneindige ruimte ook aan ons gelyk! Daarom kan julle volkome ongestoord met ons saamgaan na waar vriend Bruno ons wil bring!"

[2] Iemand uit die groot groep daar op die agtergrond sê: "So `n uitspraak geval ons. Voor God is almal gelyk; vors en bedelaar, wolf en lam. Die vors mag nie op die bedelaar neerkyk nie en die wolf mag nooit belus wees op die bloed van die lam nie. Ons is gelyk voor mekaar, dan sal ons dit ook voor God wees! As ons geen skuld onder mekaar het om te vereffen nie, dan sal ons dit sekerlik nie vind in die groot boek van die lewe nie. As julle nog iets teen ons het, vee dit dan vir ewig weg vanaf die skuldlys, soos ons alles weggevee het wat ons daarop aangetref het!"

[3] Die spreker op die voorgrond sê: "Baie mooi van julle! Wat julle doen, doen ons ook en sodoende is ons nou vriende, broers en susters. Maar nou wink Bruno ons en dus sal ons hom rustig volg!"

[4] Met hierdie woorde staan almal op en volg Bruno na waar hy hulle opgewek voorgaan!

[5] Binne enkele oomblikke kom Bruno met die groot karavaan by My aan en sê: "Heer, hier is almal, wat in die sombere vertrek gevange gehou was. Ek het my opdrag vervul; nou geskied aan hulle U heilige en beste wil. Hulle is almal blind! Gee hulle daarom lig, sodat hulle U kan sien, soos wat ek U sien in al U mildheid en Vaderliefde!"

[6] Eén van die geselskap sê: "Vriend Bruno, het ons al die doel van ons kort wandeling bereik? Met wie het jy dan in hierdie sfeer van die geeste gepraat?" Bruno sê: "Ons het ons doel nou volkome bereik, en Hy, met wie ek gepraat het, is die Heer, God, Jehova, Jesus Sebaot! Vra Hom vir lig, soos ek Hom alreeds gevra het, dan sal dit ook vir julle dadelik lig word en julle sal hom presies so sien soos wat ek Hom sien!"

[7] `n Ander uit die geselskap sê: "Sê ons tog net, of ons onsself nie in die saal bevind, waaruit ons vanweë ons aanmatiging na die donker gat weggedrywe was en wel deur die Saksiese gebore Robert Blum, wat nooit so hoflik was nie?"

[8] Bruno sê: "Ja, julle bevind julle in dieselfde saal en broer Robert is nie ver hiervandaan nie." Die spreker sê: "Na wat ons onsself vaag kan herinner, was ook die Heer Jesus tog daar aanwesig in wie ons toe nie geglo het nie. Toe het ons Hom gesien, hoekom kan ons Hom dan nie nou sien nie?"

[9] Bruno sê: "Die rede skuil eenvoudig daarin dat julle te grof sinlik geword het. Vanuit so `n sinlikheid laat Hy Hom volstrek nie waarneem of begryp nie, soos wat ek dit uit eie ervaring weet deur die verskillende toestande van my geestelike lewe!

[10] Toe ek op aarde as `n saggeaarde en godvrugtige jong seun nog in die huis van my vroom ouers gewoon het, het ek allerlei heerlike visioene gehad. Ja, dit was soms, wanneer ek my oggend- of aandgebed gedoen het, asof engelagtige gestaltes om my heen gesweef het, wat my versterk en `n hemelse gevoel in my bors opgeroep het, waarby dit my steeds voorgekom het of ek my in een of ander goddelike paradys bevind het. Ook het ek in my lewens­periode dikwels baie pragtige betekenisvolle drome gehad, waaruit ek soms selfs toekomstige gebeurtenisse vir ons familiekring voorspel het. Toe ek naderhand, as opgroeiende jongman, my ouerhuis verlaat en steeds genoegdoening beleef het aan die wêreldse lewe, was dit spoedig gedaan met my hemelse visioene. My vrolike vriende het dit grondig uit my hoof gepraat en maak my jeug vir my belaglik en ek het my gewoonweg begin te skaam. So gaan ek met rasse skrede oor na die vrolike wêreld, word ten slotte baie grof- materialisties en sinlik en het van my heerlike kinderlike visioene, nouliks `n herinnering oorgehou. Eers in my laaste lewensjare het ek soms bepaalde waarskuwings gekry, waaraan ek egter helaas ook nie vroeër aandag bestee as toe dit werklik te laat was nie! Nou eers sien ek ten volle in, hoe en waarom hierdie gebeurtenisse hulle aan my voltrek het! Daar is egter hier baie weinig of miskien heeltemal niks daaraan te doen nie, want dit kom hier alleen nog maar op welke geaardheid die arme hart van die siel nog in staat is om aan te neem! Is dit tot `n suiwer en beter wil in staat, dan is dit goed vir ons. Is dit egter, soos mense soms sê, verdorwe, dan is dit verdorwe. Uit hierdie waarheidsgetroue van my eie, verdorwe, miserabele lewe, hoe dit homself ontwikkel en gevorm het, kan julle nou baie duidelik uitmaak hoe dit eintlik gebeur dat julle hier, op geestelike gebied, nog totaal blind is. Wend julle nou in alle erns in julle hart tot die Heer Jesus en vra Hom vir die korrekte lig en dit sal en moet lig word vir julle!"

[11] Die hele geselskap dink nou ernstig daaroor na, en baie begin nou hulle hande op hulle harte en hulle bors te lê!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205