Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Heer oor siele-visvangs. Brood, wyn en hemelse kleding.

110 Ek sê egter vir Bruno: "My beste Bruno, jy is waarlik `n goeie visser. Met een werp het jy My `n net vol gebring. Dit is ware meesterskap, wat sy goeie loon waarlik werd is. Wanneer ons nou hierdie visse uit die net uithaal, sal dit vir ons duidelik word of daar nie sommige by is wat ons terug in die see moet werp nie, vanweë hulle groot maerte. Maar dit maak geen afbreuk aan jou verdienste voor My nie. Want die sifting is alleen My saak, terwyl aan jou, as My uitgestuurde visser, alleen die vangs van die visse opgedra was. Elke visser het al genoeg gedoen wanneer hy sy nette gevul het, en hy hoef nie toe te sien of die visse goed of sleg is nie. Ek, as die Heer, kan dan bepaal welke visse vir my geskik is en welke nie."

[2] Gaan nou maar na Robert toe, hy sal jou `n goeie versterking, bestaande uit brood en wyn en `n passende erekleed gee!"

[3] Bruno sê: "Heer, eintlik is ek nouliks U geringste genade waardig, hoe kan ek so `n groot genade aanneem. Heer, U wil my te veel gee, gee dit liewer aan die arme vissies, die wat by U lê en so maer uitsien. Laat my maar bly soos wat ek is, want waarlik, in U heilige nabyheid het ek geen honger en geen dors nie en U woord is vir my `n kosbare erekleed!"

[4] Ek sê: "Jou groot deemoed en nugterheid beval My buiten­gewoon baie. Desondanks moet jy tog doen wat Ek jou aanbeveel het. Kyk, My Petrus wou ook nie toelaat dat Ek sy voete was nie. Toe Ek hom egter die rede daarvan verduidelik, wou hy heeltemal gewas word, wat egter ook weer te veel sou gewees het! En kyk, so is dit ook hier met jou die geval. Daarom moet jy ook eers deur brood en wyn versterk word en deur die hemelse kleed gelouter word, omdat hierdie vissies vanuit jou sfeer versterk word en tot waarlike lewe kom! As jy daarom nie vroeër toegerus is nie, sal hierdie vissies van jou ook beslis nie kan vooruitgaan nie! Die rede hiervoor sal jy later volkome insien. Doen daarom wat Ek jou aangeraai het en dan sal die werk aan hierdie vissies goed op dreef kom!

[5] Toe Bruno dit hoor was hy baie opgetoë en sê vol blydskap: "O, Heer, Vader, as dit so is, wil ek eet en drink vir tien en met `n erekleed van die son beklee word!"

[6] Ek sê: "Eet en drink wat aan jou gegee word en trek die kleed aan wat aan jou uitgereik word en jou vissies sal terstond lig in hulle oë kry, om My en al diegene wat hier rondom My versamel is, te sien!"

[7] Toe Bruno dit hoor, buig hy diep voor My en haas hom na Robert toe. Die reik hom vriendelik `n beskeie stukkie brood aan en `n klein kristal bekertjie vol wyn aan. Bruno werk die stukkie brood en die aangereikte wyn in `n oogwink na binne, maar hou daarna nog `n stewige eetlus oor! Robert maak egter geen aanstaltes om hom nog meer te gee nie, maar haal die erekleed te voorskyn wat Bruno dadelik aantrek, met die veronderstelling dat hy daardeur ietwat meer versadig sou word! Maar dit is nie die geval nie, want nou word hy eers erg honger en dorstig, en vra vir Robert vir nog brood en wyn!

[8] Robert verwys hom egter na My toe en sê: "Die nog ontbrekende sal deur die Heer aan jou gegee word! Gaan nou en handel volgens die wil van die Heer!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205