Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Bruno het nog steeds honger en dors. Wenke oor die hemelse ordening

111 Bruno begeef hom dadelik na My toe, nou gekleed in `n wit geplooide toga met rooi omboorsel en sê: "Heer, ek arme sondaar, bedank U vir hierdie onskatbare genade, waartoe U my onverdiend waardig gevind het. Ek is nou, wat my betref, ontsettend gelukkig, maar ek is nog `n klein bietjie honger en `n klein bietjie dors. Maar dit maak nie saak nie, want die saligheid wat my nou deurstroom, en wat van U uitgaan, maak dat ek nóg honger nóg dors voel. Ek is nou salig en my hart voel vir die eerste keer `n egte, suiwer, hemelse liefde vir U, o Heer, en ook vir al die broers en susters. O, dit is `n liefde waarvan die swakste sterflinge hulle sekerlik hoogs selde van bewus sal word. Selfs die beste mense op aarde hou meer van hulself as van hulle beste vriende; hoeveel minder sal hulle dan wel hulle vyande liefhê? Wat heet egter op aarde liefde? O, jy, vervloekte liefde!

[2] Hoe magtig word my hart nou vervul met suiwer, hemelse liefde, en hoe seer ek ook alle arme sondaars en sondaresse van ganser harte `n volledige vergewing van hulle sondes toewens, tog voel ek ten opsigte van gewetenlose bokke nie die minste medelye nie en sou ek `n egte plesier daarin hê om hulle so lank in die hel te sien brand, totdat hulle vir hulle geilheid tot die uiterste toe geboet het! Ek wens sekerlik niemand iets kwaads toe nie, maar die boosdoeners wens ek ook niks iets goeds toe nie, solank hulle daarvoor nie deur `n volledige boetedoening hulleself waardig getoon het nie! Onder die visse wat ek hier ingebring het, sal daar ook wel valse adders en slange wees, wat hulle op aarde erg besig gehou het met verfynde ontug; ek vra U desondanks om genade en erbarming vir hulle, want die meeste van hulle het nie geweet wat hulle doen nie! Maar elders is van hulle wat goed geweet het waarmee hulle eintlik mee besig was. Vir sulke onbeskoftes bid ek nie! Hulle moet maar die volle skerpte van U oordeel ondergaan!"

[3] Ek sê: "My beste Bruno, jy het nog `n bietjie honger en dors! Weet jy waarvandaan dit kom? Kyk, dit kom omdat daar in jou hart nog `n klein regtertjie sit! Hierdie regtertjie is op sigself weliswaar baie billik en regverdig, maar tog pas hy nie in my ordening nie!

[4] As jy heeltemal binne My ordening wil leef, moet jy hierdie regter uit jou hart verban. Dan sal jy vir ewig nooit meer honger en dors hê nie! Want kyk, Ek alleen is die regter, goed en regverdig in My krag en mag. En tog oordeel Ekself niemand nie! Maar elkeen oordeel homself, na gelang van sy liefde. Is dit suiwer en goed, dan sal ook sy oordeel oor homself goed wees; is sy liefde egter onsuiwer en sleg, dan kom sy oordeel daarmee ooreen! Wanneer Ek egter vanuit My mag en krag niemand oordeel nie, hoeveel te minder kom dit jou dan toe om iemand te oordeel?

[5] Hoe die wêreld en hierdie Weners geaard is, en welke gees in hulle is, weet Ek die allerbeste. Hulle het hulle ingebed sonder my, daarom rus hulle nou soos hulle hulle vir tyd en ewigheid ingebed het. Hulle bedryf allerhande vorme van bloedskande en daarom rus hulle ook nou op bebloede rusplekke. Wel roep die bloed veelvuldig om wraak tot My. Tog wil Ek dit nie wreek nie, maar laat toe dat die bloedskenders van allerlei aard, mekaar soos tiers verskeur en elkeen sy loon gee wat hulle wedersyds verdien het! En dit is die hel onder hulle voete! `n Ander hel bestaan daar nêrens nie, slegs die wat vanself in die harte van die mense uit selfsug ontstaan het.

[6] Wie homself nie verdoem nie, die verdoem ons ook nie! Wie homself egter vanuit die slegte liefde van sy eie hart verdoem, sal ook verdoem wees! Kort en goed, iedereen sal kry wat hy self wil hê. Wanneer hy dit dan kry, is dit tog die hoogste en die mees volmaakte reg, wat iemand ten deel val. Ons, van ons kant, sal nooit nalaat om hulle volgens hulle bevattingsvermoë die korrekte weg te wys en om hulle deur die korrekte onderrig na die goeie te lei nie! As hulle hierdie weg wil bewandel, sal dit met hulle goed gaan. Wil hulle dit beslis nie, word daar deur ons geen straf toegedeel nie, maar slegs dit wat hulle self wil hê. Hulle het daardeur straf en oordeel in oorvloed. Wil hulle egter mettertyd, deur hulle lyding genoodsaak, weer op die goeie weg kom, dan sal hulle nimmer belemmer word om die weg te volg nie.

[7] Sien, dit is die ware, hemelse ordening van die suiwer liefde van my hart! Hierdie ordening moet ook joune word, dan sal jy so volmaak soos Ek wees en jy sal nooit `n knaende leegte in jou ingewande voel nie. Op hierdie wyse versadig en verlig, sal Ek maklik vir jou al diegene, wat deur jou hierheen gebring is, uit eie oorvloed met alles help waar hulle ook een of ander behoefte aan het. Jy sal hulle versadig en hulle dors les. Die naaktes sal jy klee, die gevangenes vry maak. Die treuriges sal jy troos en die armsaliges genees, die blindes sal jy self die oë open en die dowes sal die woord van die lewe hoor! Wend jou nou tot jou vissies en open vir ewig hulle oë en ore van hulle hart."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205