Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Rede van die lomperd oor die misvorming van die religie van die priesters.

113 Die lomperd sê verder: "Dat ons mense nou so ongelooflik dom is, veral wat die Christelike geloof aanbetref, kan geen God ons kwalik neem nie! Want die hoëre en laere geestelikheid het met die liewe Heer se leer, tog so huisgehou, dat dit ten slotte die domste varkoppasser moes opval hoe die dienare van die heilige godsdiens, self in oorvloed lewe, die gedoopte aanhangers van die alleen saligmakende Rooms-Katolieke kerk nie soseer op die hart gebind het as die liewe, hemelse armoede, liefde en geduld nie, en `n onvoorwaardelike gehoorsaamheid, in die eerste plek ten opsigte van die kerk en haar sogenaamde goddelike dienare, en vervolgens ook ten opsigte van die staat, vir sover as wat dit die belange van die alleen saligmakende kerk gedien het!

[2] Self het ek dikwels daaroor in gesprek geraak met baie eenvoudige dienaars, wat sulke gemene streke net so veroordeel en sê: "Die religie is niks anders as `n goed deurdagte middel wat reeds vooraf uitgedink is om die arm mense sand in die oë te strooi en hulle deur die voorspeel van die hemel en hel, en netjiese oë bedrieëry, so in toom te hou, dat hulle dan uit vrees vir die hel of uit verlange na die hemel, die arbeidsku priesterkaste die beste happies moet bring, maar self armsaliger moet lewe as die gemeenste kettinghond; natuurlik alles "tot die verhoogde glorie van God"! Waaruit dan baie duidelik sou blyk dat daar óf geen Jesus bestaan nie, óf dat hy tog onmoontlik die seun van God kan wees! Wanneer mens die inrigting van die wêreld, wat so ongeëwenaard wys geskape is, beskou, en daarnaas die hoflike grondbeginsels van die alleen saligmakende Rooms-Katolieke godsdiens, waarvolgens die mens sonder enige nadenke alles moet glo, al is dit hoe dom en onlogies, en as mens nog daarby moet beaam dat slegs die Roomse leer die suiwer Christelike is, dan moet die mens tog insien dat dieselfde God, wat alles so uiters wys geskape het, onmoontlik so `n leer kon gegee het vir die opwekking van die mens!

[3] Kyk Bruno, so filosofeer die eenvoudige mense. Hoe moet ons, meer ontwikkelde mense dan nie oordeel oor die domhede, leuens en bedrieëry van die Rooms-Katolieke kerk nie? En watse aansien moet die stigter hê van so `n leer, wat soos was of gips op alle moontlike maniere misvorm word?

[4] Mense sê weliswaar: Die pousdom lyk teenoor die suiwer leer van Christus soos `n vuil skoen op `n hoop vuilgoed, maar dit verander nie my mening oor die Christendom en sy stigter nie, want wat van God uitgaan, kan geen menslike selfsug ook maar in die minste verander nie. As die leer van Christus dan Goddelik is, dan sou dit tog te gek wees as die ellendige mensdom in staat was om iets daarin volgens sy eie selfsugtige geloof te verander! Sou dit vir die Godheid werklik slegs daarom gaan om met die leer van die volledige vryheid van wil, die mensdom ook toestemming te gee om volgens wat hy glo, op `n skandalige manier met die leer om te spring? Dan vriend, vaarwel Godheid, want dan moet selfs `n blinde insien dat so `n leer vir die mensdom nog minder nut het as heeltemal geen leer nie!

[5] Ek is van mening dat elke mens tog vir `n suiwer goddelike leer, net soos vir die opgaande son, in hoë mate van agting en ontsag sou moet hê, en die allermeeste vir die verkondiger van so `n leer wat enig in sy soort is. Maar wat, as juis die pape die suiwer leer van Christus die allerminste respekteer en haar as suiwer mensewerk vir hulle heers- en selfsugtige doeleindes omvorm? Ja, as dit so langsamerhand alleen nog maar in `n skrille kontras staan met wat die oorspronklike leer voorskryf, moet iedere diep nadenkende persoon dan vir homself tot die volgende slotsom kom: `n Leer wat selfs nie deur die priesters daadwerklik geag word nie, maar slegs deur uiterlike, niksseggende seremonies wat beoefen word, kan nie Goddelik wees nie!! Indien die vee nog respek het vir die suiwer goddelike dinge, hoeveel te meer sou die met gesonde verstand bedeelde mense dit nie moet hê nie?

[6] Wie kan die opkom van die son aanskou en nie agting hê vir die groot Godheid nie? Wie word nie ontroer deur die sien van hoë, majestueuse gebergtes nie. Wie kan sonder ontsag en onverskillig na die see kyk? Kyk, dit is Goddelike sake, waarvoor elkeen vol ontsag is. Maar hoe is die sogenaamde woord van God, wat die Goddelikheid daarvan betref, dan daarmee gesteld! Alles is vir die pape niks anders as `n goed verkoopbare doktrine nie, wat dan goed moet wees vir ons leke, wat geen doktore in die godgeleerd­heid is nie?

[7] As die mens dan op hierdie manier noodsaaklikerwys `n afkeer moet kry van so `n leer, is dit dan snaaks dat iedere verstandige mens vervolgens vanuit sy natuurlike lewensbehoeftes leefreëls opstel, daarvolgens leef en van alles wat die liewe Godheid hom as vanselfsprekend aanreik, welbewus en met mate geniet?

[8] Ek het niks teen die grondreëls van die suiwer leer van Christus in te bring nie; dit is goed en geheel volgens wetmatigheid van die natuur aan die behoeftes van die mensdom aangepas! Maar wat baat dit as mens, om `n goeie katoliek te wees, hierdie reëls nie kan of mag toepas nie? Sou dit vir die Godheid, wat alles tog verder lei, nie ook moontlik wees om Sy eie leer teen so `n aantasting te beskerm nie? Waar is so `n dergelike beskerming te sien? Vriend, vir sover aan my bekend is, nêrens op aarde nie!

[9] Wanneer sake inderdaad so staan, vra ons jou om aan ons uit te lê, hoe dit dan gekom het dat, wanneer die leer van Christus dan tog Goddelik sou wees, dit in die eerste plek juis deur hulle, wat haar goddelikheid juis die diepste moet voel, as van nul en gener waarde beskou word, en op alle moontlike maniere misbruik word; waarop hierdie leer dan natuurlik ook by alle mense, wat bietjie dieper nadink, in diskrediet gebring word!

[10] Toon ons die Goddelikheid van die leer van Christus aan, dan sal ons onvoorwaardelik glo wat jy ons sal sê oor die pligte, wat God deur Sy leer vir die beswil van die mense verlang! As ons ooit daarteen gesondig het, dan sal ons berou hê oor ons sonde en moontlik daarvoor boet!

[11] Natuurlik sal jy ook aan ons moet bewys dat die mens ook kan sondig sonder wette. Ons, as dieper denkende mense, het as gevolg van voorgenoemde redes geen, en allermins `n positiewe, goddelike wet, behalwe die van ons natuur, wat ons steeds ook in ag geneem het, en kon dit daarom ook nie nalewe nie. Sien dan vriend, as jy sin het om te spreek, spreek dan! Laat ons andersins die weg gaan, wat deur ons sinne aangewys word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205