Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die genesing van Bardo se siel. Niklas se rede oor die leidinggewing van die Heer. Hemelse verbroedering

119 Beide gaan dadelik na Robert toe, wat hulle buitengewoon vriendelik ontvang. Ek sê egter vir Bardo, wat My nog nie sien nie: "Maak jou oop, jy, jou duisterling, en toon My die rede van jou hoogmoed!"

[2] Bardo skrik geweldig, toe hy My voor hom sien staan en dadelik herken. Hy probeer om te praat, maar sy tong is lam. So stamel hy soos iemand wat, gebuk onder groot sorge, deur slaap oorval word. In sy bewende hart dink hy nie anders as dat Ek hom na die hel sal verdoem nie!

[3] Ek sê egter vir hom: "Blinde, hoe nodeloos is jou angs egter! Wanneer het Ek ooit na hulle toe gekom, wat deur hulself verdoem is, om hulle nog meer te verdoem? Ek kom om te help, maar nie om te veroordeel en te verdoem nie. Ek sien egter in jou `n hardnekkige siekte en dit heet hoogmoed. En daaroor moet jy My, aangesien Ek jou wil help, noukeurig opheldering gee. Nie om My oor jouself in te lig nie, want alle dinge is vir My ewig welbekend, maar met die bedoeling dat jy jouself voor My van jou las ontdoen!

[4] Toe jou vriend Niklas julle almal wou voorgaan in die gebed, wou jy nie daarmee saamgaan nie, maar jy wou alles vir jouself vra. En jy het ook gevra, maar hoe en waarvoor? Vir jouself wou jy bepaald nie baie gehad het nie, maar in plaas daarvan vra jy egter des te meer verdeemoediging vir almal wat jou beledig het. Die allermeeste vir Niklas, wat jou tydens die gesprek met Bruno die volksverteenwoordiging uit jou hande geneem het en dit ten slotte self gewaag het om jou enkele belangrike waarhede in jou gesig te sê.

[5] Vra jou egter of dit wel waar is, dat jy hom, wat jou beste vriend is, `n deeglike verdeemoediging toewens, omdat hy as vriend dit gewaag het om jou heeltemal tereg die waarheid te vertel?! Moet jy hom nie, wat as `n egte vriend jou die waarheid vertel het en jou daardeur van die verderflike toetrede tot hoogmoed en selfsug wou terugruk, nie eerder die allerbeste toewens nie?

[6] Dink jy dat dit hier in die ryk van die ewige, onverbloemde waarheid net so gaan as op aarde, waar die blindes alle vleiers vir vriende aansien, maar hulle wat die waarheid praat, vervolg as hulle ergste vyande, soos die Jode met My gedoen het, omdat Ek die moed gehad het om hulle die waarheid te vertel!

[7] My beste Bardo, hier is dit baie anders. Hier geld alleen die waarheid en die gepaardgaande suiwer liefde! Al die ander is vir My `n gruwel en moet ver wegbly van My ryk! Gee daarom uit jouself toe dat jy in die hoogste mate onregverdig was teenoor Niklas. Gaan en maak dit in orde met hom! Kom dan weer hierheen terug en Ek sal jou gee wat regverdig is en wat jou toekom!"

[8] Toe Bardo sulke swaarwigtige woorde uit My mond verneem, gaan hy met homself in gesprek en sê in sy hart: "Ja, die Heer, die Almagtige het gespreek. Wie kan hom verset teen sy wysheid en almag? Dit is nou maar eenmaal so en ewig waar! Die mens is die vyand van die waarheid, veral as dit te naby aan hom kom. Maar hy doen haar `n groot onreg aan, veral as hy bedink dat sy lewe oneindig ver bo die graf uitstyg en enkel uit deur waarheid en liefde bepaal word. Die Heer Self het my laat sien en dus wil ek ook doen wat die Heer wil, hoe moeilik dit ookal is. Ek sal moedig en vasbeslote na vriend Niklas toe gaan, alles aan hom beken en hom baie deemoedig vra om sy goeie voornemens uit te voer.

[9] Niklas kom hom egter, alreeds verkleed, tegemoet, omarm hom en sê: "Vriend, op aarde het die blindes ook die daad nodig, want hulle sien nie die krag van die wil nie. Maar hier, waar die mense met geopende oë die opregtheid van die wil baie goed sien, vra mense nie meer na die daad nie, maar alleen na die wil. In hierdie orde is alles dan ook in orde. Hier is slegs die wil ter sprake; alle dade kom slegs die meester toe!

[10] Sodoende is ons nou vir ewig die beste vriende en al ons aardse meningsverskille is vir goed uit die weg geruim. Ons sal vriend Bruno egter ook altyd van ganser harte liefhê soos `n baie dierbare vriend, want aan sy groot geduld het ons almal die redding van ondergang te danke. Dit spreek natuurlik vanself dat ons dit in die eerste plek te danke het aan die oneindige goedheid, sagtheid en onbegryplike welwillendheid van die Heer, want Hy was, is en bly ewig die belangrikste oorsprong van alle heil! Ook behoort ons hier verskeie vriende lof toe te swaai, want hulle was soos `n kragtige magneet wat ons op aarde al sterk aangetrek het, en hulle is ook hier die tasbare rede waardeur ons ons heil in hulle woning gevind het!

[11] Aan Vader Jesus egter sy dank, aanbidding en liefde vir so `n leiding van ons skrede, dat ons, in weerwil van ons geloof, aan die einde van `n langdurige blindheid, tog nou daar gekom het, waar ons volgens Sy ordening moes kom.

[12] Waarlik, Sy raadsbesluite is onnaspeurlik en ondeurgrondelik is Sy weë. Die mens is soos `n skip wat sonder seil of roer deur die wind op die see heen en weer gestu word. Wie sou daarby kon dink: "Kyk, die vaartuig sonder enige stuurinrigting word deson­danks volgens `n uitstekende plan gelei" Mens dink daarby dat ook die wind aan die Heer behoort en Hy alleen rigting en krag vir hom gee! Die skip bereik ten slotte tog `n veilige oewer, asof dit deur die mees ervare stuurman gelei was! Dit is dan aan die werk van die Heer aan wie alleen die eer en die lof toekom vir ewig!

[13] So het die Heer ons ook gelei, sodat ons deur ons werklike growwe sonde die weg na Hom moes gaan. O, hoe goed en wys moet hy nie wees nie en hoe onmeetlik groot Sy liefde! Nou is ons vir ewig gered; laat ons daarom ook vol goeie moed wees en vol van die innigste liefde tot hom, die redder van al ons redders!"

[14] Na hierdie woorde omarm hulle mekaar en daarna Bruno, dan Dismas en Max Olaf, wat Dismas op die goeie spoor gebring het, maar veral Robert, wat kragtig saamgewerk het aan die uiteindelike terugwen van Dismas.

[15] Na hierdie toneel begewe Niklas hom met Bruno na My toe en sê: "Heer, ons staan beide hier voor U in eenheid van hart. Sal U ons ook vergewe, soos ons mekaar vergewe het, sodat ons U dan met één hart kan liefhê bo alles.

[16] Ek sê: "As julle met mekaar in die reine is, dan is alles voor My vereffen en julle skuldlas is vernietig. Gaan egter nou saam met Robert en die ander vriende na die groot, goue kas. Daar sal julle voldoende klere vir die duisend armes vind. Neem dit en deel dit aan die armes uit, want hulle sien nog naak daaruit. Kom dan terug, sodat Ek julle kan seën en verder lei in die ryk van die lig! So is dit!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205