Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert se vreugde. Die sorg van die Heer vir die monnik. Robert as hoof van die huis kry vir Helena as helpster. Hemelse huweliksvoltrekking.

124 Al agt manne begewe hulle nou na buite, waar hulle die Heer gesien het. Hulle vind My juis daar besig met die na buite gewerpte monnik, wat My natuurlik nog nie ken nie.

[2] Robert spreek die volgende woorde tot My met trane in die oë: "O Heer, liewe heilige Vader! Waar was U tog al die tyd, dat ons U, ondanks al ons soeke, nie kon vind nie. Ag, hoe treurig, eensaam en verlate was dit nie hier, toe ons U nie meer in die huis kon vind nie. Hoe sleg het dit nie gegaan met die ordening van die tafels nie. Om kortliks te wees, sonder U kon ons dit nie meer uithou nie. Noudat U na U eiendom teruggekom het, na ons toe, is alles weer onuitspreeklik goed. Van vreugde sou ek gewoon uitbundig kon word, maar nie my voete nie, maar my geluksalige hart spring op van die hoogste vreugde en saligheid. Wat `n ewige waarheid is dit tog nie wat U verkondig het nie: "Sonder My kan julle niks doen nie!" Ek voeg nog iets daaraan toe en sê dit luid: Sonder U, o liewe heilige Vader, is nêrens iets nie! Dan is alles eensaam, verlate en treurig, om van wanhopig te word. Van nou af aan sal U ons tog nie meer so alleen laat nie?"

[3] Ek sê: "Ek het julle tog nie hierdie keer verlaat nie? Ek het jou gaste maar net soos My kinders, ietwat rondgelei in die groot tuin van die huis en het hulle die veelsoortige, heeltemal nuwe parke getoon, waarin almal `n baie groot welgevalle gehad het. Jy het ondertussen genoeg tyd gehad om die groot eetsaal in gereedheid te bring, wat ook tot My genoegdoening gebeur het. Dat jy My vir enkele oomblikke nie kon waarneem met jou oë nie, beteken niks, omdat Ek met dieselfde liefde by julle was. Ekself het broer Dismas die woorde in sy mond gelê, wat hy vir julle tot diepste lering uitgespreek het. Nou is Ek egter weer sigbaar by julle en sal die huis weer binnegaan om die baie siekes aldaar tot die ware lewe te genees!

[4] In die monnik hier voor ons, het ons so `n pasiënt, wat tegelyk nog heeltemal doof, stom, blind en lam is. Hierdie een moet eerste gehelp word, daarna sal hy ons help met die bewerking van die ander. Die generaal het hom te heftig aangepak en hom beskuldig van bepaalde misdade, wat hierdie arme man immers nog nooit in sy hele lewe begaan het nie! Dit was nie reg van die generaal nie, wat tog andersins na waarheid en lig gesnak het. Hierdie man was maar net sy gelyke en daarom moet hy gehelp word, wat in hart en niere `n oortuigde Rooms-Katoliek is, wat sê: Geestelik doof, blind, stom en lam, `n toestand waarin niemand as toerekeningsvatbaar beskou kan word nie. Vir sy priesterlike hoogmoed daarenteen was hierdie kuur tog weer goed, want hy sien nou ten minste in dat hy verkeerd gehandel het, omdat hy al die ander iets wou laat glo, waarin hy self nog nooit geglo het nie. Die hel het hy slegs as afskrikmiddel en die hemel as lokaas gebruik, maar hyself glo nóg aan die een, nóg aan die ander. Die hele religie was vir hom `n oudmitologiese middel om die volkere van die aarde in gehoor­saamheid aan die wêreldse wette gebonde te hou. Die godsdienstige handelinge het hy steeds maar net verrig as `n noodsaaklike misleiding van die geestelike blinde volk; hy het egter geen waarde daaraan geheg nie en het; net soos `n sekere pous, dikwels vir homself gesê, en nie selde in die aanwesigheid van sy mees vertoude kollegas: "Die ou mite van Christus is so sleg, `n mens kan daarvan maak wat jy wil, bowendien lewer dit haar dienare baie geld en aansien op. Dit is dan ook die beste aan haar, anders sal die ou Grieke tog veel beter en meer verhewe gewees het!"

[5] Maar Ek sê vir julle: Dit is vir almal niks ter sake nie, want die monnik was in sy groot blindheid `n drievoudige slaaf van Rome. Kan `n mens egter `n slaaf tugtig, omdat hy van sy meester, wat magtiger was as hy, sy oë laat uitsteek en sy ore laat toeskroei het? Daarom, broer Robert, gaan dadelik die huis binne en bring wyn en brood na buite. Want hy moet eers goed op sy kragte kom, sodat hy in staat sal wees om onderrig van ons te ontvang, om daardeur tot insig te kom. Doen maar wat Ek jou aanbeveel het."

[6] Robert bring enkele oomblikke `n groot fles wyn en `n hele brood en sê: "Heer, hier is dit. Hoe sal ons die arme stommerik egter hiermee versterk, want hy lê daar soos `n dooie met sy gesig op die grond. Ons sal hom eers moet orent help.

[7] Ek sê: "Beste Robert, wees maar geduldig. Ons nabyheid sal hom spoedig oprig. Tog is dit altyd `n gevaarlike pasiënt, daarom moet mens vir hom meer tyd gee. Ek sien dat die wyn en die hele brood ietwat swaar word vir jou. Wat dink jy daarvan, as ons liewe Helena, wat jou so meelewend aankyk, jou eers sou help. As jy so `n gasvrou sal hê, dink jy nie dat jou huishouding beter sal verloop nie?

[8] Robert glimlag verleë en sê na `n rukkie: "Alles sou onuit­spreeklik goed, behaaglik en aangenaam wees, as sy maar net nie so besonder mooi was nie. Maar ja, `n helpster! O Heer, aan my deur U gegee, sou inderdaad van my huis duisend hemele maak! Sy is vir my eintlik te mooi, te lief en te bekoorlik!

[9] Ek sê: "Jy was andersins tog `n vriend van al wat mooi en tewens nuttig is. Jou leuse het selfs gelui: "Die mooie moet nuttig en die nuttige moet mooi wees!" Kyk, dit was in alle ewigheid ook die beginsel van My eie handelinge gewees. Vandaar dat al My werke ewe mooi as nuttig is. Die nuttigheid kom ooreen met My ewige liefde en goedheid en die skoonheid met My wysheid en waarheid. So kan jy hier in die ryk van die hemele nooit die een hê sonder die ander nie. Hoe mooier iets hom hier voordoen, hoe nuttiger is dit ook!

[10] Helena is besonder mooi, maar juis daardeur is sy ook `n besondere nuttige wese. Wees daarom nie so beskroomd vanweë haar skoonheid nie. Jy sal eers deur haar `n volmaakte mens en `n volmaakte engel word en sy sal deur jou nog mooier, volmaakter en nuttiger word! Ek gee haar aan jou as `n ware hemelse vrou, met wie jy steeds wyser, gelukkiger en saliger sal word. Reik haar daarom jou regterhand en druk haar aan jou bors! En die opvolg van My wil hierin, is die ewige seën vir julle beide!"

[11] Terwyl dit hom duisel van verrukking, sê Robert: "O, Heer, vergeef my my groot swakheid, maar hierby moet ek eerlik beken dat ek die bede: Heer, "U wil geskied" nog nooit makliker en saliger uitgespreek het as hierdie keer nie. Kom dan hier aan my bors, jou hemelse mooi en heerlike Helena. Wat die Heer, Vader Jesus, Jehova Sebaot my genadevol vir ewig gegee het, het Hy my ook aan jou vir ewig gegee. So sal ons dan volkome salig één wees in alles: In liefde, waarheid, in alle liefdedade en daardeur een in ons enige, liefdevolle Vader!"

[12] Stralend van hemelse skoonheid sê Helena: "Die naam van die Heer word ewig geprys en Sy heilige wil geskied. Eweneens sal jou wil vir my ook ewig heilig wees, omdat ek nou baie duidelik sien dat jy geen ander wil in jou hart dra as alleen die heilige van die hemelse Vader van alle mense en engele nie. As jou hart na groot liefdedade deur tyd en wyle vermoeid raak, dan sal dit by myne weer nuwe krag vind. As ekself ooit een of ander swakte toon in die heilige wil, dan sal jou hart my versterk in alles, wat vir ons heilige Vader welgevallig sal wees. So wil ek dan nou in die naam van ons hemelse Vader vir ewig jou hemelse vrou wees, wat met jou en in jou vir ewig sal lewe en handel as één wese. Mag die genade, liefde, wysheid, orde en wil van ons heilige Vader ons tot seën wees vir ewig!

[13] Robert, uitermatig ontroerd, druk Helena aan sy bors en soen haar drie keer op die voorhoof. Helena soen hom daarop verskeie kere op sy mond, neem daarop die wyn en brood uit sy hande en sê: "Laat my, siende dat ek jou vrou is, jou taak ligter maak. Dit is genoeg dat jy die sake in die naam van die heilige Vader reël; ek sal goed handel as jou regterarm!"

[14] Ek sê: "Goed, goed, My geliefde kinders! Julle is nou geseënd en is één en sal steeds saliger, vir ewig so bly!

[15] Ons werk is egter nog nie daarmee gedaan nie. Nou is dit `n saak om regtig tot handeling oor te gaan. Elke handeling sal van nou af aan makliker en vinniger beëindig kan word, omdat jy, my beste Robert, nou `n volmaakte burger van die hemelryk is en nie net `n onderwysende mag het van die woord nie, maar ook `n veroordelende, deur die liefdeswil uit My, wat jy egter alleen daar sal gebruik, waar jy heeltemal niks met die eerste probeerslag kan bereik nie. Kniel dus by hierdie sieke en blaas jou asem sag oor hom heen, sodat hy homself tot genesing mag oprig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205