Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Thomas se gebed vir sy voormalige vyande wat nog in die voorsaal vertoef. Hy word met `n eregewaad en `n wysheidskleed geklee. Sy eerste opdrag

128 Thomas verbaas hom daaroor dat hy hom reeds met alle ander gaste in die groot eetsaal bevind en wel voor die ryklik van brood en wyn voorsiende tafels, wat volgens die plan van Max Olaf in kruisvorm opgestel is.

[2] Nadat Thomas van sy eerste verbasing herstel het, sê hy: "Heer, liewe Vader, wat `n grootsheid en in watter onuitspreeklike prag sien hierdie eetsaal daaruit! O God, hier is rojaal plek vir hondervoudiges van die bevolking van die hele aarde. Hierdie onafsienbare koepelrye aan alle kante, hierdie oneindige hoogte! Die alles soos die son stralende versieringe van die gewelfde plafon, die drievoudige galerye! Die hoë venster wat alle kleure lig deurlaat, en die vloer geheel van goud, laat al my sinne bewe van ontsag. Wie het dit tog gebou? O, ek stel hier vrae soos `n blinde. U ewige Heer, is die enigste Boumeester van sulke wonderwerke. Die vurige gees van `n Serebyn, wie se wese uit die helderste vlamme van U wysheid geskep is, kan U nooit genoeg liefhê en prys, wat staan nog so `n aardse wurm soos ek? O heerlik, heerlik, wat `n aanblik! Werklik, dit oortref selfs die fantasie van `n aardsengel duisendvoudig.

[3] `n Wyse uit die oertyd het gelyk, toe hy, diep getref deur U goedheid, uitgeroep het: "Vader, hou tog eindelik op om te seën! As U `n kind tugtig, dan het U `n bepaalde doel daarvoor, maar as U daarna, as dit met hom beter gaan, begin te seën, hou die seën nooit op nie. Sulke nooit vermoede verhewenheid van U goedheid, liefde en erbarmende mildheid en oorvloedigheid, is skielik vir `n swak gees te veel!"

[4] Ek sê: "Dit is goed, My beste Thomas! Maak nou nie soveel ophef daaroor nie! Is dit dan vir My so iets groots, wanneer Ek so `n huis laat ontstaan na gelang die goedheid van die hart van hom aan wie hierdie eiendom gegee is? Kyk, dit alles kom ooreen met die hart op aarde, van ons nog steeds ongelukkige Robert, en hy het nog lank nie die majestueuse van die hele huis ontvang nie. Jy sal nog baie ander dinge te sien kry; daarby kan jy dan jou fantasie heeltemal `n vrye loop gee. Nou moet ons almal egter aan tafel!"

[5] Terwyl hy `n skugter blik werp na die eerste saal, sê Thomas: "O Heer, heilige Vader, kyk net na buite! Wat `n ellende, `n Groot skare ongelukkige siele! Sou hulle ook nie gehelp kan word nie? Hulle is in wese almal beter as ek, waardeur hulle my netnou dan ook tereg as die slegste uit hulle midde gegooi het, wat ek hulle alreeds heeltemal vergewe het. Vergeef U hulle ook, allerbeste Vader, en laat hulle ook aan die maaltyd deelneem!"

[6] Ek sê: "Ja, My beste broer Thomas, as jy met sulke aangeleent­hede van jou hart by My begin aan te kom, sal jy inderdaad gou moet uitroep: "Vader, hou op met seën!" Kyk, met hierdie hartewens het jy self met één slag al jou skulde teenoor My gedelg. Jy moet dadelik met `n nuwe stralekleed en soos die son se stralende wysheidshoed beklee word. Robert, daar aan die suidekant sien jy `n kas van suiwer goud, gaan daarheen en haal `n gewaad en `n hoed, want dit is die ware bekleding vir almal by wie die wysheid en die liefde in gelyke mate saamhang!"

[7] Robert spring weg en bring tot verbasing van alle gaste nog `n helderder stralende kleed as die van Helena en bowendien `n ronde hoed, ongeveer in die vorm van `n kardinaalshoed, wat besonder sterk straal.

[8] Toe Thomas die gewaad en die hoed sien, sê hy bewend van vreugde: "Maar Vader, so-iets moet my sondige wese versier? O God, o my Jesus, nee dit is te veel. Ag, hierdie glans! En dit moet ek aantrek?"

[9] Ek sê: "Ja, vanweë jou hart wat My beval, moet jy dit aantrek. Doen dit vinnig, want jy het nog baie om te doen!" Thomas neem die gewaad en die hoed, wat op die oomblik toe hy dit aanpas, dit ook volmaak pas aan sy liggaam, waaroor hy hom nog meer verbaas!

[10] Toe hy daar in sy nuwe klere staan, sê Ek vir hom: "Wel broer, jy is nou volmaak en versadig van My genade, liefde en wysheid. Die maaltyd is hier berei en dit ontbreek ook nie aan gaste wat vir deelname waardig gemaak is nie. Soos jy netnou egter self aangegee het, is daar in die voorsaal ongeveer drie duisend baie arm geeste, onder leiding van `n generaal wat jy goed ken. Hierdie man het `n goeie en verstandige hart en sy woord het `n groot invloed op sy aanhang. Gaan jy nou met broer Dismas, wat die generaal op aarde ook baie goed geken het, na die voorsaal en probeer die opregte man, met behoud van die vryheid van sy hart, vir My te wen, en via hom ook die hele groot geselskap! Het jy jou eerste taak in die ryk van die ware lewe goed volbring, dan sal jy na die maaltyd voor groter take gestel word! Want Ek sê vir jou: In My ryk is daar baie, en deur jou nooit vermoed, groot take van allerlei soort. Gaan daarom nou vinnig; aan Dismas sal jy `n wyse helper hê." Thomas sê: "O goeie, heilige Vader, hoe goed sorg U tog vir die verlore skape, vir die verlore stuiwer en vir die verlore seun! Aan U sy ewige alle eer en roem, liefde en aanbidding!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205