Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Thomas en Dismas by die generaal en sy geselskap wat drie duisend siele tel. Uitleg oor Jesus en die weg tot heil. Rede van die generaal. Die Heer by die deur van die saal van die lewe

129 Na hierdie woorde gryp Thomas die vriendelike Dismas aan die hand en begeef hulle dadelik na die voorsaal.

[2] Die generaal staan verbaas, wanneer hy agter Dismas, die monnik wat aan hom bekend is, in verligtende klere, en in `n vriendelike houding sien staan. Hy reik beide dadelik die hand en sê: "Gegroet, beste vriende! Duisend keer welkom! Maar vriend Thomas, hoe sien u daaruit? Toe my geselskap u daar flussies vasgegryp het, vanweë die mislukking van die "Onse Vader", die voorgestelde mis en nog menige woorde wat nie meer gemeld hoef te word nie, was u so swart soos `n ou Moor en nou straal u soos `n son! Hoe het u tot so `n enorme verheerliking gekom? Het u dit dan tog deur die lees van die mis en deur die Latynse "Onse Vader" gekry? Het u daardeur tog die Godheid gevind? O, sê my tog watter weg u ingeslaan het, waardeur u so `n ware staat van saligheid bereik het?"

[3] Thomas sê: "Agtenswaardige vriend, beloof my rotsvas om te glo wat ek jou nou gaan sê, dan sal jy ook saam met hierdie hele menigte dadelik in dieselfde omstandighede verkeer as waarin ek en hierdie, aan jou welbekende broer Dismas, ons nou bevind!"

[4] Die generaal sê: "Ek sien aan julle helder uitstraling, dat julle julleself in die waarheid bevind. Die leuen kan geen lig uitstraal nie, omdat dit hol en leeg is, daarom sal ek julle op julle woord glo, wat julle my ookal mag sê. Ek brand van verlange om die suiwer waarheid uit julle mond te verneem!"

[5] Thomas sê: "Goed, luister dan! Jesus, die Gekruisigde, is nie alleen die Seun van die lewende God nie, maar God die Almagtige Self, in die allesomvattende, ewige oerkrag. Deur Hom en in Hom alleen is die heil en die ware ewige lewe te vinde. Wend jou met jou hele menigte na Hom toe en julle sal almal oombliklik geholpe word. Hy alleen het my en hierdie broer gehelp, omdat Hy eindeloos goed is en niemand oordeel nie. En aan elkeen gee Hy waarna sy hart verlang. Wie van `n goeie wil is, val die goeie oorvloedig ten dele vanuit sy eie wil. Nou weet jy alles en kan jy doen wat jy wil! Jou hoogste eie wil sal jou regter wees!"

[6] Die generaal sê: "Wat sê jy daarop, vriend Dismas?" Dismas sê: "Wat broer Thomas vol wysheid gesê het, dit sê ek ook na volle waarheid."

[7] Die generaal sê: "Twee sulke getuies is voldoende, en daarom glo ek julle op julle woord! Laat my nou ook enkele woorde tot hierdie taamlike gewekte skare rig."

[8] Daarop rig die generaal hom tot die menigte en sê: "Luister goed wat ek julle nou gaan bekendmaak! Sedert ons treurige aankoms hier het julle almal maar te goed gevoel in welke onbeskryflike onaangename toestand ons onsself tot nou toe bevind het. Ons het gekla en geween, maar geen trooster het ons tegemoetgekom nie. Ons het gesoek, maar ons het niks gevind nie. Ons het gevloek, maar daar open geen afgrond om ons te verslind nie. Toe begin ons ook te bid, so goed en so kwaad as wat dit gegaan het, maar ook die gebid skyn ons ook in die steek te gelaat het. Om kort te wees, slegs die wanhoop het ten slotte nog op ons gerus. Ek het julle wel so goed as wat ek kon getroos, maar wat help dit alles as die trooster self nog baie ongelukkiger voel?

[9] Toe ek op die punt staan om alle hoop te laat vaar, stuur die Godheid, wat lankal deur ons uitgeban was en in wie ons nie meer geglo het nie, twee van ons welbekende redders. Hulle verkondig aan ons die nabye redding deur uitsluitlik die enige Godheid Jesus Christus, die Gekruisigde aan te neem. Wat verhinder ons hier om dit trouhartig aan te neem en vas te glo wat hierdie deur lig omringde vriende vir ons sê? Slegter as hier kan dit nie in die suiwerste hel met ons gaan nie. Ons het deur die gelowige aanneem van die gehoorde gegronde redes, hoop op `n moontlike verbetering van ons lot, en dit beteken al baie in ons huidige situasie.

[10] Oordink dit wat ek gesê het en handel daarvolgens; skade kan ons nooit kry nie. Bowendien is dit hierdie monnik, wat julle vroeër na buite gegooi het, wat ons hierdie vriendediens bewys. Hy is die laaste wat vir ons sal lieg, omdat hy vroeër die bitter lot saam met ons, en lank genoeg met ons gedeel het! En dus vriende, Jesus Christus vir ons harte, tot elke prys! Help Hy ons nie, dan is ons verlore!"

[11] Die hele menigte roep: "Ja, ja, beste generaal, ons is dit almal met u eens! Wat u sê en wil, sal ons ook doen. Mag Jesus Christus ons help tot elke prys, anders is ons verlore en is dit met ons gedaan!"

[12] Die generaal sê vir Thomas: "Vriend, ek dink dat dit hier vir ewig gedaan is met alle aardse titels. Daarom sê ek: Beste vriend en broer, jy het nou self gehoor, hoe vinnig hierdie hele skare hulle soos één man vir hierdie goeie saak uitgespreek het. Jesus is vir hulle nou, net soos vir my, alles in alles. Wat moet ons doen om te bereik, dat ons voor Jesus, die Heer in alle ewigheid, ietwat waardiger kan word as wat ons nou is?"

[13] Thomas sê: "Daar staan geskrywe: "Wie glo in die Seun van God, sal salig word." Julle glo nou en sal louter deur Sy genade salig word. Eén ding ontbreek julle nog, soos ek uit jou woorde kon uitmaak. Die ontbrekende is die liefde tot Jesus die Heer! Open julle harte vir Hom en laat dit in alle liefde vir hom ontbrand. Hyself sal julle dan werklik tegemoetkom, sal julle opneem en verder lei, want aan Sy goedheid, liefde, en erbarming sal ewig geen einde kom nie!"

[14] Die generaal sê: "Vriend, ons woorde klink wel ietwat onoortuigend, maar dit kom uit `n opregte hart. Daarom kan jy daarvan verseker wees, dat ons harte sekerlik warmer klop vir die Heer Jesus Christus as die van baie Christene, wat baie dink en verhewe spreek, maar daarby baie min voel. Ons het ook ietwat verstand, weliswaar nie al te goed ontwikkeld nie, maar ons het des te meer gevoel in ons hart. Ek dink dat dit vir die Heer van alle heerlikhede tog nie onaangenaam sal wees nie. Wees daarom volkome verseker, dat ons in die liefde vir God Jesus, die Heer, nie swakker sal wees as in ons rotsvaste geloof in Hom nie. Sê eers, wat ontbreek nog by ons?

[15] Dismas sê: "Dit ontbreek julle almal verder aan niks meer nie. Sê daarom aan die hele gemeente dat hulle hulle oë moet open en na die oopstaande deur kyk, waardeur mense vanuit daardie saal na die aangrensende groot lewensaal kom. Daar staan Hy met uitgespreide arms om julle almal op te neem in die groot ryk van sy genade en erbarming!"

[16] Hierop wend die generaal hom vinnig na die oopstaande deur en sien en herken My dadelik. Deur `n oorweldigede vreugde aangegryp, roep hy met die stem van `n egte kommandant: O Heer, oor alle hemele en wêrelde, so oneindig minsaam kom U, Verhewene, ons armes tegemoet. O heilige, heilige, heilige! Broers, slaan op julle oë en aanskou ! God, Jesus, wat vir ons aan die kruis die heldedood gesterf het en op die derde dag uit eie krag opgestaan het as die grootste Oorwinnaar, kom ons tegemoet! Kniel neer en aanbid Hom uit die diepste van julle harte! Sê opgewek: O heilige Vader, wat uit U hemele tot ons arme sondaars kom, geprese en geheilig sy U Naam! Vergeef ons ons sondes en straf ons nie vir ons slegte dade nie, maar laat ons U heilige genade na die mate van U erbarming toekom, in plaas van `n streng oordeel. Vir U alleen, o, Heer, is ons liefde vir ewig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205