Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die geroep van Robert. Die koms van Jesus. Die afgeskeide siel vind weer grond

13 Robert sê verder: "Die eienaardige landskap kom steeds nader! Die een berg, waarop die groot heer van die skitterendste moraal staan, is nog taamlik hoog. Hy sou wel enkele honderd voet hoog kan wees en is aan die een kant erg rotsagtig en ontoeganklik. Maar die ander omliggende heuweltjies sou mens die beste as ietwat groter sandhope kon beskou, waarvan die grootste nouliks dertig voet hoog is. Ook die beligting van die heuwelagtige landskap is eienaardig. Die heuwels sien daar uit asof hulle met fosfor oorgegiet is. Maar die voet van die heuwels en die daartussen liggende dale en vlaktes is gladnie te sien nie. Jy sien slegs `n eienaardige donkergrys-groenagtige newel en jy kan glad nie onderskei hoever dit homself oor die heuwellandskap uitstrek nie.

[2] Ek dink dat alle nuwe hemelliggame wel so uitsien, voordat hulle as onopvallende komete, hulle baan om `n son begin. Hierdie heuwels sal aan die voet wel een of ander verbinding hê. Maar hoe? Dit sal die enigste bewoner, die vroeëre grootmeester van die suiwerste moraal, wel die allerbeste weet! Hy is nou al baie naby en sou my miskien hoor as ek hom hard roep. Slaag ek, dan is dit natuurlik prima vir my en miskien ook vir hom. Roep ek egter tevergeefs, wel, dan sal dit sekerlik nie my laaste vergeefse roep wees nie.

[3] Na hierdie woorde plaas Robert sy hande soos `n spreekbuis aan weerskante van sy mond, haal diep asem en roep uit alle mag:

[4] "Jesus, grote meesterleraar van alle volkere van die aarde! As dit jy is en jy my stem kan hoor, kom dan na my toe met jou jong aarde! Waarlik, jy sou aan my jou grootste vereerder hê. Ek waardeer jou en jou eenvoudige en tog buitengewone groot wysheid, waarin jy al jou voorgangers en volgelinge hemelhoog oortref! Verder waardeer ek jou, omdat beide van ons se aardse lot byna dieselfde was. En ten slotte waardeer ek jou besonder, omdat jy die eerste was en nog is, wat my in die ondraaglike duisternis die eerste lig gebring het, waarvoor ek jou ewig dankbaar sal bly.

[5] As jy my bo alles dierbare Jesus is, kom dan! Og, kom na my toe en laat ons mekaar troos! Ek wil jou na die beste van my vermoë troos. Ek is daarby by voorbaat vas daarvan oortuig dat jy van jou kant af, met jou groot wysheid, my seker die grootste troos sal kan gee. Kom tog, beste vriend en lotgenoot!

[6] Jy, heer van die liefde, wat die liefde tot enige en alles omvattende gebod gemaak het! As jy jou groot liefde behou het, net soos ek, kom my dan tegemoet met jou liefde, wat jyself onderrig het. En met die liefde sal ek jou ewig tegemoet kom!

[7] Na hierdie kragtige geroep, skuif die vaag liggende klein heuwelagtige wêreld vinnig onder die voete van ons man in. En wel so, dat hy vir die eerste keer na sy gewelddadige oorgang, presies aan Jesus se regterkant, op die hoogste berg, weer vaste grond onder sy voete voel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205