Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

`n Skare tereggesteldes kom aan. Die leier vertel hulle geskiedenis. Filosofie van die liefde- en goddeloosheid.

132 Thomas het sy onderrig nouliks beëindig, of mense hoor van buite `n luide geskreeu en gehuil. Thomas maan die menigte tot oplettendheid en sê: "Soos julle gehoor het, gaan nou in vervulling wat ek nou net, deur die genade van die Heer, verkondig het. `n Verskriklike toegetakelde menigte nader die huis. Hulle wat kom, moet baie gekwel en hoogs beledig wees. Hulle is siele van mense wat onbarmhartig tereggestel is. Hulle kom nog steeds nader. Stil nou vriende! Hulle haas hulleself al oor die groot laan van die tuin na binne. `n Man met `n baie somber uiterlike, gehul in `n swart fluweelhemp, sy hoof getooi met `n blou, met goud gestikte kappie, loop byna soos `n dronk man vooraan en `n dertigtal volg hom. Agter hom sien ek iets wat soos vlamme lyk. O, hulle sien verskriklik daaruit. Maar stil nou!"

[2] Die somber aanvoerder bly staan, keer hom om, monster sy geselskap en sê aan hulle: "Daar staan ons nou, vol bitter ellende en smarte! O, my arme eggenote! Jou skim in die gedaante van wraaksproeiende vlamme snel tevergeefs die skandelik vermoorde eggenoot agterna. Die hele hel het teen hom saamgesweer om hom nooit weer los te laat nie. O, my beste vriende, julle huil tevergeefs in die donker wêreld vol kwellinge. Ons vlug en skreeu al so lank, maar van geen enkele kant kom ons hulp of troos ons tegemoet nie. Daar is geen God en geen vergelding nie! Julle skreeu tevergeefs om wraak vir ons moordenaars, want sou daar `n regverdige God bestaan, dan sou Hy dit onmoontlik kon toegelaat het dat daar op die vervloekte satansaarde sulke gruwels deur ellendige mense teen ander ellendiges begaan word.

[3] Vir watter dade het ons dan die dood verdien? Ons wou slegs gehad het wat ons keiser en koning ons beloof het, maar omdat ons dit wat ons wil, en die beloofde nie dadelik vandag of môre kon gekry het nie, het ons daarvoor gevra, waardeur ons as rebelle en hoogverraaiers uitgemaak was. Ons het ons moreel en ook fisies teen so `n aantyging verset. Daarop het mense teen ons in die stryd opgetrek, met die mag van twee keisers, en hulle sou ons nie oorwin het as hulle nie elke denkbare middele aangewend het nie! Ons het ons nie onvoorwaardelik oorgegee nie, maar in ruil vir `n amnestie gewaarborg deur Rusland. En nou staan ons hier, afgeslag soos staatsvyande!

[4] O, vervloekte aarde met al jou mense. Wie op hierdie satansgrond ryk, magtig en wreed genoeg kan wees, het ook die volste reg aan sy kant. Hy kan elkeen, wat sy gewelddadige mag nie as `n regmatige, en aan die mensdom waarlik gelukbringende mag erken nie, as misdadiger laat vermoor. Hulle weet hoe die mense die grond moet bewerk om hulle geluksaligheid te verskaf, ten koste van miljoene arme grasvreters. As ons dit al vroeër gedoen het, dan sou ons dieselfde reg gehad het, maar hulle was ons voor en het nou ook die reg aan hulle kant.

[5] Alle wreedheid is vir hulle om`t ewe, omdat hulle dit as regmatig beskou en hulle deur niemand tot verantwoording geroep kan word nie. Alleen die ryke en tewens die magtige het die reg om te lewe en alles te besit, wat hy maar deur sy oorwig kon bemagtig. Glo julle nog in `n God en vergelding?

[6] Al die ander roep: "Nee, nee, dit glo ons nooit! Jy het goed gespreek! So is dit! `n Hel bestaan, en wel op aarde, maar `n goeie en regverdige God bestaan nooit as te nimmer. Want as daar een bestaan het, dan sou Hy die vervloekte aarde al lankal tot die duiwels veroordeel het. Omdat daar egter geen God bestaan nie, is en bly die aarde `n troon van die hel. So is dit, ja, so is dit!"

[7] `n Ander een uit die pas aangekomde geselskap sê: "Meneer die graaf, u het gelyk! Ek is dit met u eens, behalwe met u uitspraak dat daar geen God sou bestaan nie. Dat hierdie God egter, as skeppende beginsel, Homself egter weinig oor die stof van die aarde bekommer, soos wat ons onsself nooit bekommer het oor een sweetdruppeltjie nie, kan ons met sekerheid aanneem. `n Oorlog tussen mense op aarde is in die oë van die ware Godheid nog minder as `n infusiediertjieoorlog in `n doudruppel vir die keiser van China! Daarom het hulle gelyk gehad, dat hulle ons vermoor het, want hulle weet hoe mense die satansgrond moet bewerk om aan hulle geluksaligheid daarop te verskaf!

[8] Waarlik, diewe, straatrowers en moordenaars is eintlik die slimste mense op aarde, want hulle weet om die waarde van dinge, mense en hulle lewe die beste te takseer. Aan die lewe van miljarde mense is God nie geleë nie. Of hulle mekaar almal doodslaan dat daar net hier en daar nog enkeles oorbly, is vir God om`t ewe. Daarom mag ons in die vervolg nie meer so dom wees as wat ons tot nou toe was nie. Ons moet `n verbond sluit en wat ons nou ookal teëkom, moet genadeloos afgemaai word!"

[9] `n Derde sê: "Ek is van mening dat ons tog `n bietjie konsiderasie moet hê met bepaalde persone, byvoorbeeld met ons ouers, vrouens, broers, susters en kinders en ook nog met `n goeie vriend."

[10] Die tweede sê: "Og, wat is konsiderasie! Konsiderasie is niks anders as lafheid ten opsigte van ander nie, wat mense vanweë een of ander voordeel nog ietwat langer wil laat lewe, tensy mense, self bewus van hulle eie swakte, hom magtiger beskou as wat hy is. Ouers? Hoongelag uit die hel! Hulle is die eerste tiranne vir hulle kinders. Die vrou? Nou ja, as sy nog jonk en mooi is, kan mens haar ontsien, maar word sy eindelik oud en lelik, dan geen konsiderasie meer nie, omdat sy dan niemand meer tot vermaak dien nie! Kinders as klein speelpoppe beval my ook goed, alhoewel ek die volkere op aarde, wat hulle molligste kinders slag en opeet, as verstandig beskou, omdat beter vleis daaraan sit as aan die maeres. As hulle eenmaal groot is, dan geen konsiderasie meer vir hierdie bloedsuiers van hulle ouers nie! Broers en susters en ander vriende is op aarde die lastigste medemense en sal dit hier des te meer wees. Daarom heeltemal geen konsiderasie met hulle nie! Sou die mense op aarde die insig gehad het wat ek nou het, dan sou hulle goed geweet het om hulle te ontdoen van hierdie lastige mededingers. Maar wat op die dom aarde mens heet, is, op enkele geslepe tronkvoëls na, suiwer vee en dan nog dommer as hulle. So gebeur dit dan dat die een bly lewe ten koste van die ander, totdat hy ook verslaan word deur `n slimmer een of dat hy deur die ou gif in die lug krepeer. Daarom, geen genade en geen konsiderasie vir wie ookal nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205