Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Hoe Robert die Heer aanspreek. `n Belangrike lewensvraag

14 Wanneer Robert nou stewig voor My staan, bekyk hy My van kop tot tone en ontdek in my werklik en onmiskenbaar dieselfde Jesus wat hy ook gedink het hy sal aantref. En wel in dieselfde skamele kleding, en ook met die wondetekens soos wat hy Jesus dikwels vir homself in sy fantasie voorgestel het.

[2] Nadat hy My vir `n rukkie sprakeloos aangekyk het, kom daar trane in sy oë. En toe hy ietwat herstel het, sê hy vol innige medelye:

[3] "O, beste, grootste mensevriend, jy het genoeg liefde gehad om selfs jou wreedste beuls die skandelike onreg wat hulle jou aangedoen het, van ganser harte te vergewe! En dit net omdat jy in jou menslike grootsheid hulle volkome blindheid as geldige verskoning aangeneem het!

[4] Maar hoe hard, moet die Godheid wees, wat jy so dikwels bowe alles geprys en aanbid het as aanbiddelike Vader, as Hy bestaan, dat Hy vir jou, die edelste, volmaakste en beste van alle mense, nou al byna 2000 jaar in hierdie donker leegte laat rondswewe het in dieselfde behoeftige armoede waarin jy van kindsbeen af opgegroei het tot die reinste en alleredelste mensevriend!

[5] Beste heer Jesus, wat alle liefde die meeste waardig is! Hoe het ek met jou te doen en het ek jou ook andersins lief vanweë jou tot nou toe aanhoudende armoede! Want as jy my tegemoet gekom het in `n gedeeltelike salige toestand, dan sou ek my werklik vererg het dat `n gees soos jy, na die welgevalle van die liggaam, nie dadelik die hoogste huldiging gekry het nie, as `n regverdige, vergeldende Godheid bestaan!

[6] Maar noudat ek jou hier aantref, net soos wat jy die aarde verlaat het, skyn die verhouding baie anders te lê as wat ons onsself voorgestel het. Daarom lyk die toestand, waarin ons onsself na die aflegging van ons liggaam bevind, na `n belangrike noodsaaklike voorwaarde, waardeur ons eers na verloop van `n lang tydsduur dit kan verwesenlik wat aan insigte en verlange ons diepste wese uitmaak.

[7] Vanuit die standpunt bekyk, lyk jou en my teenswoordige bestaan nog steeds beklaenswaardig, omdat die verwesenliking van die insigte waarvan ons innerlik `n duidelike voorstelling het, ver buite die bereik lê van die mag van ons wil. Slegs om die verwesenliking van ons voorstelling met die swakheid van ons wil in ooreenstemming te bring, besit ons in ons gemoed gelukkig iets wat ons in die burgerlike lewe geduld noem. Dit word ewenwel op die proef gestel, waaroor ons seker heelwat weet en mekaar daaroor sal vertel!

[8] Beste vriend, ek het jou nou so goed as moontlik vertel wat ek dink. Wil jy my nou ook vertel wat jy dink oor ons baie bedenklike situasie? Deur met mekaar te praat, sal ons wel die tyd draagliker maak. Wees dus so goed, edele mensevriend, en open vir my jou hoog heilige mond!"

[9] Ek (Jesus/JaHshua)* sê, terwyl Ek Robert die hand reik: "Wees van harte welkom, beste en dierbare lotgenoot in jou lyding! Ek sê vir jou, wees bly dat jy my gevind het en wees verder oor niks bekommerd nie. Dit is voldoende dat jy My liefhet en volgens jou verworwe insig My as die edelste en wysste mens beskou. Laat al die ander van nou af heeltemal aan My oor! Ek gee jou die heilige versekering dat, wat ons ookal mag oorkom, alles ten slotte baie goed sal afloop. Want Ek het alles hier in die eensaamheid deurdink, Ek kan jou met groot sekerheid sê dat Ek in die gebruik van, volgens jou swak voorkomende wilskrag, dit so ver gebring het dat Ek, as Ek wil, alles ten uitvoer kan bring wat Ek maar dink en vir Myself voorstel. Dat ek hier so verlate en eensaam daar uitsien, lê alleen in jou gebrekkige insig in hierdie wêreld. As dit meer en meer versterk word deur jou liefde vir My, dan sal jy ook spoedig insien hoe ver My wilskrag kan reik. *(Die naam 'Jesus' en ook 'Heer' word deurgaans in hierdie boek behou, weens die feit dat Blum slegs hierdie naam uitgeroep het, maar weet dat Hy waarlik JaHshua is: Afrikaanse uitgewer)

[10] Maar afgesien van alles waaroor jy tot My gespreek het, en wat Ek nou vir jou gesê het, wil Ek een betekenisvolle vraag tot jou gemoed rig, wat jy vir My sonder terughoudendheid opreg moet beantwoord, en wel presies soos wat jou hart dit vir jou ingee.

[11] Die vraag lui as volg: Kyk, beste vriend en broer, jy het op aarde `n redelike ingesteldheid gehad, naamlik om jou broers te bevry van die bomatige druk van streng en hartelose regeerders. Hoewel jy nie die geskikste middele daarvoor gekies het nie, kyk ek slegs na die doel en minder na die middel. As dit maar net nie wreed betitel kan word nie, dan is dit vir My reeds goed en billik. Maar so ver as wat dit aan My bekend is, het jy jou goeie doel halfpad verwesenlik, voordat jou vyande jou gegryp en jou spoedig daarna tereggestel het. Dat die treurige gebeure jou tot in jou diepste wese rasend moes gemaak en jou hart gevul het met `n redelike verlange na wraak, vind Ek so natuurlik dat daar niks daarteen in te bring is nie! As jy nou die Oostenrykse veldheer, wat jou ter dood veroordeel het, nou in jou reeds kragtig geworde hande kry, en behalwe hom ook sy handlangers, sê My dan net baie eerlik wat jy met hom sou doen?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205