Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Verdere vrae aan die Vreemdeling oor Jesus. Raaiselagtige antwoord.

140 Heeltemal opgetoë oor die woorde van die vreemdeling sê Miklosk: "O beste vriend, aangesien jy die Heer Jesus Christus goed skyn te ken, omdat jy andersins nie met soveel vertroue oor Hom sou kon gepraat het nie, gee ons tog asseblief `n kort beskrywing van Hom en wys vir ons so ongeveer die omgewing aan waar Hy met Sy saligste vriende die voorkeur het om te verblyf.

[2] Die vreemdeling sê: "Beste vriende, wat die eerste vraag betref, moet Ek julle sê, dat juis Ekself die grootste gelykenis met Hom vertoon. Persoonlik lyk Hy net so soos Ek. Ook Sy stem is net soos die van Myne. Waarlik, wie My sien, sien werklik die volkome ewebeeld van Jesus, die Heer! Julle hoef My dus maar werklik goed aan te kyk en julle sal al soveel van Jesus Self sien, wat Sy uiterlike betref.

[3] Wat egter het "waar" betref, is die antwoord ietwat moeiliker, alhoewel alles ten slotte op dieselfde neerkom. Deurgaans woon Hy in die ewige Ooste, en vanuit een aards, natuurlike standpunt gesien, in die omgewing van die sterrebeeld "Leeu" en wel in die ooreenkomstige geestelike sentraalson, wat die natuurlike sentraalson, genaamd Regulus, omvat, en bowendien die hele oneindigheid. Het julle My goed begryp?" 

[4] Die graaf sê: "Ja, so min of meer, maar dat jy jou daarby ietwat onbegryplik uitgelaat het oor die waar, sal ieder van ons wel gemerk het. Hoe jou persoonlike gelykenis dan met Jesus en Sy werklike waar ten slotte op een en dieselfde kan neerkom, dit, beste vriend, gaan my `n bietjie te bowe. Want wat het jou toevallige gelykenis met die werklike "waar" van die Heer Jesus te make? Hoe kan dat saamval? Jy moes jou in jou ywer miskien tog `n bietjie verspreek het. Wees dus so goed om hierdie saak vir ons ietwat duideliker uit te lê." 

[5] Die vreemdeling sê: "Ja, my beste Bathianyi, kyk, so is dit nou eenmaal hier. Hier hoef dit vir niemand op een slag duidelik te wees nie. Sien jy dan nie hoe hierdie omgewing nie op een slag van newels wil vry word nie? So gaan dit ook met menige antwoord. `n Volledig antwoord maak die gees traag, omdat hy verder niks meer te vra het nie. As die antwoord egter ietwat duister is, dan word die gees uitermate ywerig om hom weer meer duidelikheid daarin te verskaf. Kyk, oor die uiterlike van Jesus het jy geen verdere besware geopper nie. Jou gees val na die duidelike antwoord dadelik weer terug in sy trae rus en vra nie verder nie, maar die vaagheid van die tweede antwoord wek hom weer en dwing jou toe om verder te vra. En dit is goed! Moet daarom in die vervolg maar geen skrupules hê oor uiteindelike opkomende twyfel nie, want op die regte oomblik sal alles vir jou duidelik word.

[6] Die graaf sê: "Dit is vir almal baie mooi, goed en waar, maar dit is en bly baie misterieus!" Die Fransiskaan val hom in die rede: "Ja, ja, misterieus en nog eens misterieus! Ons moet bly wees, dat hierdie vriend ons soveel opheldering gee, en maar nie sy voortreflike woorde nog bekritiseer nie. Ek het nie die minste moeite met die tweede antwoord nie, maar u, heer graaf, sou graag weer die hele hand wil hê, waar een vinger vir u uitgesteek word. Daarin sien ek werklik nie die hoflikheid, wat u tog andersins so eie was nie!" Die graaf sê: Vriend, dat gaan u nie aan nie. As u traag van gees is, bly u dit dan maar, maar van my gees hoef u geen traagheid te verwag nie!"

[7] Die vreemdeling sê: "Rustig, rustig vriende! Met so `n ywer is niks groot of waar te bereik nie. Mag die liefde julle lei!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205