Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Laaste twyfel van die Fransiskaan. Wat gebeur daar met mense wat die doodsonde begaan het? Liefdevolle antwoord van die Vreemdeling. Uitnodiging om die huis binne te gaan

143 Die Fransiskaan sê: "Ek dank jou, beste vriend, vir hierdie voortreflike uitleg! Dit is waar en `n groot God waardig, en elke gemoed moet gerusstelling daarin vind. Tog is daar nog sake, wat as hoofsondes van die menslike natuur beskou moet word, waarmee `n mens nie so kan omgaan soos met die vyande wat ons kwaad aangedoen het nie. Daartoe behoort byvoorbeeld bepaalde vorme van bedrog wat mens teenoor andere gepleeg het en met die beste wil van die wêreld nie meer kan goedmaak nie. Eweneens is ontug, verkragting, selfbevrediging, verkragting van jong seuns (dikwels selfs op gewyde plekke) ensovoorts, streng deur God verbied en met `n ewige verdoemenis belaaide sonde, wat mens nooit weer ongedaan kan maak en wat, ondanks die bieg, `n onuitwisbare smet op die siel moet agterlaat. Dit is daarom `n belangrike vraag: Wat doen die heilige Godheid daarmee? Word hierdie gebreke ook deur `n welmenende “Heer, vergeef ons, soos ons vergewe" van die skuldlei afgevee?"

[2] Die Vreemdeling sê: "Vriend, as jy die Godheid wyser vind as die wyste mense, dan sal jy ook moet aanneem, dat die natuurlike swakhede van die mense, baie beter deur God se oë beskou word as deur die, waarmee baie wyse mense dit bekyk. Jy het weliswaar baie gesondig in jou vlees, omdat jy dikwels daarin verlei was. Jy kon hierdie verleidinge wel bestry het, as jy dit ooit eg en opreg sou probeer het, maar dit het jy te moeilik gevind, want die luste van die natuurlike lewe was vir jou te bekoorlik; daarom het jy, wat jou vlees aanbetref, onveranderd dieselfde gebly. Maar kyk, daar kom die Godheid, vir jou onbewustelike tussenbeide, lei jou weg uit jou sinnelike, vreedsame sel, en plaas jou op die slagveld. Daar het jy dan geleentheid gehad om die einde van die vlees en sy luste in die mees afgryslikste taferele te aanskou en daardeur het jy nugterder geword. Ten slotte moes jou vlees self ondervind welke waarde daar skuil in al sy luste en sy bevrediging. Kyk, so het die Godheid jou vlees gestraf en jou siel daarvan gesuiwer. Daarom hoef jy nie meer te vra, hoe dit verder met jou sondes sal gaan nie. Ek sê vir jou: Jy het met die vlees sy oordeel en sy einde bereik, want wat van die vlees is, word ook met die vlees geoordeel en begrawe.

[3] Dit is anders, wanneer die siel self heeltemal in die vlees opgegaan het. Dan kan sy inderdaad geen ander lot as die van die vlees deelagtig word nie. By jou is dit nie die geval nie, wat jy kan aflei uit die feit dat jy hier, sonder vlees, maar tog in jou die lot van die vlees aanvoelend, geheel en al leef, en jy nie as dood in die graf lê nie."

[4] Die Fransiskaan sê: "Maar vriend, wat gebeur dan daar met die siele, wat deel in die huiweringwekkende lot van die vlees? Hulle sal na die volledige ontbinding van hulle afgod tog seker na die hel gaan?"

[5] Die Vreemdeling sê: "Geen siel word ooit van haar vryheid, haar bewussyn en haar herinneringsvermoë beroof nie. Wat sy wil, dit kry sy. Wil sy opstaan, dan sal sy opstaan. Wil sy egter nog dieper onder haar graf afdaal na die hel, dan word haar weg nie versper nie. Die hel word wel deur God toegelaat, en as`t ware vir ewig op sigself staande van alle hemele afgeskei; vir so `n siel geld dit egter nie. Sy word naamlik nie geoordeel nie, behalwe deur haar eie liefde en die volledige vryheid van haar wil. Wil sy na die hel, omdat dit deur haar eintlike liefde bepaal word, dan sal sy na die hel gaan en ons almal sal nie in staat wees om haar daarvan terug te hou nie. Wil sy egter na die hemel gaan, dan sal ons haar ook met alle liefde opneem en langs die beste weë daarheen begelei. So gaan dit volgens die goeie ordening van God!"

[6] Die Fransiskaan sê: "Maar vriend, sou jy ons dan ook nie kan sê, hoe dit eintlik daar in die hel uitsien nie?"

[7] Die Vreemdeling sê: "In die Skrif staan: "Soek eers die koninkryk van God, en al die ander sal jou toegevoeg word!" Sodoende sal ons onsself volhardend bekommer oor die Goddelike. Die treurige teenpool sal elkeen nog vroeg genoeg te sien kry. Gaan nou almal van julle saam met My die huis binne, wat nou al van alle newels bevry is. Daar sal julle `n groter lig ontvang. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205