Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Goeie antwoord van Robert. Vroom wense

15 Robert sê: "Edelste vriend! Dat ek op die oomblik toe hierdie liefdelose tiran my behandel het soos `n misdadiger, siedend geword van woede en wraaklus, dit, glo my, moet iedere redelike gees tereg vind. Maar nou het ek hom al lankal vergewe. Ek verlang dus nou niks anders vir hierdie blinde, as dat hy siende mag word en mag insien dat hy reg of in ongeregtigheid met my gehandel het nie.

[2] As hy my werklik kon doodmaak, dan kon ek my nooit op wraak beroep nie. Aangesien hy my eintlik letterlik lewend geskiet het en my verder geen meer leed kan aandoen nie, en ek eintlik nou reeds veel gelukkiger is as hy, met al sy heerssugtige illusies, kan ek hom des te makliker vergewe. Ook het hy dit goed beskou, met heelwat meer rede, om my, wat vir hom as `n gevaarlike individu voorgekom het, uit die weg te ruim, as wanneer eens in jou tyd die aller verdorwendse hoëpriesters van Jerusalem rede gehad het om jou, my simpatieke vriend, skandelik en bomate gruwelik uit die wêreld te help!

[3] As jy, my edele vriend, selfs tydens die ondergaan van alle martelende pyne, jou folteraars kon vergewe, hoeveel te meer kan ek dit, wat tog eintlik niks gevoel het van wat ek erg folterende pyn sou kon noem nie.

[4] Daarom sou my grootste aardse vyand nou voor my kon verskyn, en ek sal hom niks anders sê as wat jy by jou gevangeneming in die Hof in Getsemané vir Petrus gesê het toe hy die kneg Malthus se oor afgekap het nie.

[5] As daar in die ewige, oneindige ruimte `n volkome, regverdige goddelike wese bestaan, dan sal hy hom wel die loon laat toekom wat hy ter wille van my en baie ander verdien het. Sou daar egter, wat ek byna nie kan aanneem nie, nie so `n goddelike wese bestaan nie, dan sal die latere geskiedenis hom straf, sonder dat ek dit hoef te gewens het.

[6] As ek jou egter `n klein hartewens mag voorlê en dit in jou mag lê om dit te verwesenlik, dan beveel ek jou in die eerste plek my arme familie aan, dit is my liewe vrou en my vier kinders! Dan verder alle goeie mense wat van hoof en hart opreg is! Laat egter die suiwer egoïste, wat ten koste van die res van die mensdom, alles gedoen het om vir die toekoms van hulleself en hulle nakomelinge te sorg, nog op aarde ondervind hoe dit met diegene gaan wat van dergelike ryke afhanklik is en van dag tot dag moet lewe! Maar ook dit moet jy beslis nie beskou as `n wens nie, want vir my vind ek in jou meer as voldoende skadeloosstelling vir alles wat ek op aarde gely en verloor het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205