Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Heer bring na vore: "wees onderdanig aan die owerheid". Robert trek die gebod in twyfel. Hy versoek opheldering oor die god-menslike natuur van Jesus

17 Ek sê: "Beste vriend en broer, Ek kan jou denk- en handelswyse volstrek nie afkeur nie. Waar tussen vorste en hulle ondergeskikte volkere verhoudinge bestaan soos wat jy so pas korrek geskilder het, het jy natuurlik volkome gelyk om so te spreek en te handel. Maar as die sake nou anders lê as wat jy dit volgens jou begrippe opgeneem het, hoe sal jy dan oordeel oor veelsoortige betrekkinge tussen heersers en hulle ondergeskikte volkere?

[2] Jy sê My wel heel openhartig dat jy alle betrekkinge tussen mense alleen beoordeel volgens My gebod van die liefde, en dat jy niks te make het met boaardse invloede nie, maar kyk, op die punt kan Ek om verkillende redes nie met jou saamstem nie.

[3] Een van die redes, byvoorbeeld, is reeds dat een gebod van Myself, waarvolgens ek My onderdanig betoon het aan elke wêreldlike gesag, terwyl Ek tog genoeg mag gehad het om iedereen afdoende die hoof te bied. Verder die voorval in die tempel, waar Ek by die toon van die belastingpenning, self gebied het om die keiser te gee wat die keiser toekom en God, wat God toekom! So het Ek ook deur Paulus laat sê dat iedere owerheid gehoorsaam moet word, of hy gemiddeld of streng is; want geen owerheid besit mag, behalwe dit wat haar van bo gegee is nie. Wat sê jy dan wel van hierdie gebod, wat eweneens van My af kom?

[4] Robert sê; "Edele mensevriend, weet jy, uit suiwer menslike verstandelike oorweging skyn die toenmalige noodsaak jou ter groter beveiliging van jou leer, asook van jou eie persoon hierdie gebooie afgedwing te hê. Want as jy teen die koningskap geywer het, soos Jehova in die Ou Joodse Testament deur die mond van Samuel, dan sou jou verhewe moraal onder die trotse wêreldheerskappy van Rome wel nouliks die byna 2000 jaar bereik het, behalwe langs `n suiwer bonatuurlike weg, waaroor die duistere pousgesindes baie weet om te vertel. Hoeveel waarheid daarin lê, daaroor sal jy hopelik beter kan oordeel as ek, wat nie soos jy, getuie kan wees van al die gruwels van die nuwe Babel nie!

[5] Kyk, ek sien die sake so: As jy met jou gebod, om alle wêreldlike owerhede te gehoorsaam, goed of sleg, werklik erns mee het, dan sou jy eerder moes afgesien het van jou volkome ander, in `n hoë mate liberale leer. Jy sou moes toegee dat die mens vir altyd `n duistere heiden moes bly so gou as wat `n heidense owerheid `n volk sou beveel om die ou gode weer te vereer, en mense geen gehoor moes gee aan jou opkomende leer nie!

[6] Jy het weliswaar gesê: "Gee aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom, maar jy gee toe min oor die grense van wat die keiser eintlik toekom en wat God daarnaas toekom. Daarom was dit vir die keiser se gewete `n maklike saak om homself die voorreg van `n God toe te eien, en die pligte te verwaarloos waarmee hy hom eintlik moes besighou.

[7] Desondanks laat jou toenmalige tempeluitspraak hom nog eerder beperk as die gebod van Paulus, wat `n te groot angs vir wêreldse vorste laat deurklink. Volgens die gebod moet mense streng genome self ophou om Christen te wees, sodra so `n wêreldse vors, om bepaalde redes, dit nodig laat blyk om jou suiwer leer as gevaarlik te beskou vir sy heerssugtige doeleindes, soos die goddelose leer van Rome, wat baie eeue lank ten hemel skrei, dit laat sien en nog laat sien.

[8] Ander, hoër oorweginge moes die anders so buitengewone wyse Paulus aanleiding gegee het om so `n verordening af te kondig. Maar met gesonde verstand bekyk, lyk hierdie saak streng genome, pure onsin. Want aan die een kant word gesê; "Julle is almal broers en Eén is julle God." Aan die anderkant egter staan die gebod om wêreldse owerhede, by wie die broederskap die reinste aansluiting is, in alles streng te gehoorsaam.

[9] Vriend, dit strook nie met mekaar nie. Óf die een, óf die ander! As mense gedwing word om beide uit te lewe, dan is dit op grond van die saak om twee here te dien, wat jyself as onmoontlik verklaar het! Of die mens sal in hulleself `n dubbele natuur moet aankweek, waardeur mense uit huigelagtigheid alleen uiterlik sal doen wat die vorste wil hê. Maar innerlik sal mense dit moet vervloek en streng moet doen wat die liberale deel van jou leer verlang. Dit sou natuurlik baie moeilik wees, dalk selfs onmoontlik, of minstens uiters gevaarlik.

[10] Glo my, edele vriend, ek het maar soos min ander, iedere onderdeel van jou leer noukeurig oordink. Ek meen om `n taamlike helder insig te hê in wat jy vrylik onderrig het, as die eintlike hoofinhoud van jou leer en wat jy daarenteen, net soos jou leerlinge, deur die destydse dreigende tydsomstandighede genoodsaak was om daarby in te voeg. Maar tog is ek jou vurigste vereerder en weet wat ek moet dink van jou suiwer leer! Jy sê nou net dat ook jy, ondanks jou dwingende mag, tog gehoorsaam was aan wêreldlike owerhede. Dit wil ek nie teenspreek nie, aangesien jy jouself deur die wet van die wêreld aan die kruis moes laat hang het.

[11] Of jy, waarde vriend, jou ook deur een in jou verborge bosinlike mag kon verset het, toe die owerheid jou werklik gevange geneem het, dit kan ek nie beoordeel nie, omdat dit my, tot nou toe verworwe insigte, ver te bowe gaan. Sodat jou dade nie as heidense halfgodiese fabels toegedig kon word nie, is dit verseker dat jy, as `n wyse, stellig vertroud was met die mees innerlike kragte van die natuur, en buitengewone kragte jou ook ten dienste gestaan het. Maar jou gevangeneming en teregstelling het by baie meer helder denkers jou wonderbare vermoëns in `n baie verkeerde daglig gestel en baie het geweldig aanstoot geneem daaraan. Maar ekself en baie ander het alleen jou suiwer leer aangeneem en alles daaruit verban wat maar gelyk het na `n later bygevoegde heidense fabel.

[12] Of ons reg of verkeerd gehandel het, hoop ek nou om volledig volgens waarheid te verneem. Eweneens of iets daarvan waar is aan jou goddelikheid, wat heel spesiaal deur `n sekere Swedenborg in die 18de eeu self wiskundig bewys sou gewees het. Wat trouens moeilik deur `n suiwer filosoof aanvaar sal word, omdat hierdie saak volgens die skyn dan tog al te komies sal lyk.

[13] Stel jouself maar `n oneindige, onbegrensde goddelike wese voor, wie se intelligensie, wysheid en mag noodsaaklikerwys grensloos moet wees! Logies gesien sou dit dan onmoontlik wees dat die oneindige en allesomvattende homself ooit sou kon begrens en beperk in die persoon van een mens. En vra net af of mense, by enige nadenke, wel kan aanneem dat jy en die eindelose, allesomvattende Godheid werklik identies kan wees? Ja, as die "Seun van God", daarteen het ek niks nie, want dit kan iedere mens met dieselfde reg van homself beweer. Maar God en mens tegelyk, dit gaan tog duidelik ietwat te ver!

[14] Origens het ek niks daarop teen, as dit duidelik aan my bewys kan word nie. Want as daar tussen son en maan nog dinge kan bestaan waaroor geen menslike wysheid ooit kon gedroom het nie, waarom sou ons dan ook nie van sulke buitengewone dinge hoor, dat jy in alle erns die allerhoogste goddelike wese kan wees nie? Miskien is, volgens Hegel, in jou die voorlopige as`t ware slapende Godheid voor sy eerste ontwaking en het oorgegaan in `n helder selfbewussyn?

[15] Of miskien het Sy die noodsaak gevoel om Haarself teenoor Haar geskape wesens as mens te manifesteer, om deur die mense begryp en aanskou te kan word sonder om iets daardeur prys te gee van Haar alles omvattende wilskrag? Soos gesê, dit alles is moontlik. Veral hier, waar die bestaan tog so `n raaiselagtige karakter aanneem.

[16] Maar waarom het die Godheid dan, wat hom in jou as godmens gemanifesteer het, hom deur `n groepie waansinnige Jode laat veroordeel tot die smadelikste dood aan die skandpaal, en dit bowendien nog op die onaansienlikste planeet; vriend, so-iets kom waarskynlik nie tussen son en maan voor nie! So `n wonder moet mens gaan soek tussen die newelsterre.

[17] Ek glo egter ook, dat jy in alle erns nog nooit so-iets van jouself beweer het nie. Want ek weet maar al te goed, wat jy as antwoord gegee het, toe die mense jou gevra het of jy die Seun van God was. Toe was jou antwoord die van `n wyse, naamlik: "Nie Ek nie, maar julle self sê dit!" Wie egter op so `n beslissende oomblik so spreek, weet ook waaroor hy spreek en waarom. Ek meen om die antwoord ook menslikerwys te begryp het, en het daaruit afgelei dat jy, as suiwerste mens, in alles `n ware engelegees is, maar beslis geen heidense halfgod nie.

[18] Dat mense in jou tyd, egter, toe hulle nog geglo het in die orakel van Delphi, toe die Thumim en Urim geprofeteer het, en die byna meer as 1000 jaar oue staf van Aäron nog in die ark uitgebot het, `n wyse soos jy, wat nog in geen 2000 jaar deur een of ander oortref is nie, jou tot `n god gemaak het, vind ek baie begryplik! Want as die andersins verstandiger Romeine al van elke groot man gevind het dat hy deur God se gees besield was, hoeveel te meer sou jou, op wonders beluste landgenote dit dan van jou gevind het, jy wat dikwels voor hulle oë baie natuurlike dinge teweeggebring het, waarvan hulle sedert Abraham geen enkele besef meer gehad het nie!

[19] Vriend, ek meen dat jou vraag nou voldoende beantwoord is. Nou is dit weer jou beurt. Ek sal met gespanne aandag iedere woord van jou aanhoor en beoordeel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205