Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Rede van Jesus oor die noodsaak van `n aardse owerheid. Geen menslike samelewing sonder orde en gehoorsaamheid nie.

18 Ek sê: "My geliefde broeder! Kyk, as mense die saak soos jy, met suiwer wêreldse oë en ewe wêreldse verstand bekyk, en daarby genoegdoening neem met elke vertaling van die vier evangelies en die briewe van Paulus, ook al is dit hoe vry en mis dit dikwels elke normale betekenis, en as die mens bowendien nog die wêreldse filosofie van verskillende Duitse ateïste met volle teue in homself opgeneem het, dan kan dit nie anders gaan as wat dit nou met jou gesteld is nie.

[2] Ek sê vir jou, wanneer jy self die moeite sou gedoen het om die geskrifte van die Ou en die Nuwe Testament nougeset deur te werk, en wel `n goeie vertaling daarvan, soos die van Martin Luther en ook die sogenaamde Vulgaat*, en die oorspronklike Griekse Bybel, dan sou jy tot heel ander gevolgtrekkings gekom het as langs jou radikale weg. Jy het so goed as geen wortels nie, omdat die leerstellings van jou filosofie slegs soos parasiete is op die boom van kennis. Jy, as aardse boomkweker, sal goed weet hoe die wortels van parasiete lyk!? En dus sal jy ook weet hoeveel waarde jou vroeëre uitsprake in My oë het! *(Latynse uitgawe van die Skrif – opgestel deur Jerome in die laat 4de eeu)

[3] As mense die Bybel ten eerste vertaal soos wat die mens dit presies volgens sy beginsels wil hê, en dan slegs dié teks daar uithaal, wat by `n willekeurige vertaling dubbelsinnigheid toelaat, dan is dit ook geen kuns om so te argumenteer soos wat jy dit nou teenoor My gedoen het nie!

[4] Maar kyk, die saak lê nie so nie. Want in die eerste plek lui die aangehaalde tekste, My bekende spreuk in die tempel met betrekking tot die aksyns penning en veral die van Paulus uit die briewe aan die Romeine en Titus, nie soos wat jy dit na vore gebring het nie. Bowendien kan daar nóg by My, nóg by Paulus ooit sprake gewees het van enige angs vir vorste, aangesien Ek voor Pilatus en Herodus, net soos daarvóór by Kaiafas, meer as oortuigend bewys het dat Ek nie bevrees was vir die wêreldse maghebbers van hierdie aarde in die geheel nie. Want wie nie bang is vir die dood nie, omdat Hy Heer is oor die dood en dit ewig bly, het nog immers minder rede om te vrees vir diegene wat slegs die liggaam kan dood.

[5] Net so min as wat Ek maar die minste rede gehad het om bang te wees vir die maghebbers van hierdie aarde, het ook Paulus geen rede daarvoor gehad nie. Nero was, soos bekend, onder alle maghebbers van Rome, die wreedste; en sien, Paulus het by hom beskerming gesoek teen hulle wat hom vervolg het, geestelik bose Jode, en het dit ook gevind, solank as wat hy dit op aarde nodig gehad het. Was hy dalk bang vir die Jode? O nee, hoewel hy baie goed geweet het hoe vyandig hulle hom gesind was, het hy tog, teen die raad van sy intiemste vriende, na Jerusalem gegaan.

[6] Daaruit kan jy dus uitmaak dat nóg Ek, nóg Paulus, die gelyk luidende gebooie, of verdere raadgewing betreffende die owerheid gegee het uit vrees vir die owerheid, maar enkel vanweë die noodsaaklike wêreldorde onder die mense. Want jy moet tog insien, dat daar geen menslike samelewing kan bestaan sonder leiding nie. Vandaar dat dit tog nodig is, om as leraar, die mense die noodsaak aan te toon om hierdie leiers te gehoorsaam.

[7] Of is jy van mening dat groot menslike samelewings op aarde kan bestaan sonder enige leiding? Dit sou volkome onmoontlik wees en selfs teen die natuurlike orde, nie alleen van die mense nie, maar ook van alle aardse dinge.

[8] Omdat jy dit egter beter sal insien, wil Ek jou ietwat rondlei deur die verskillende ryke van die natuurlike dinge, dus luister nou verder na My"!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205