Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Nog `n voorbeeld: Die noodsaaklikheid van hoë gebergtes.

20 Ek sê verder: "So is jy dus deur die water `n bewys gegee, dat ook die element, `n karakteristieke intelligensie in hom dra, waardeur dit tot op die laaste druppel stiptelik gehoorsaam aan die suiwer goddelike oerwet, wat aan homself ten grondslag lê, ondanks die feit dat iedere druppel triljoene lewens in hom dra.

[2] Maar ons wil ons na die geboorteplek van die water, dus na die berge wend en kyk of ons daar by hulle nie ook `n karakteristieke intelligensie bespeur nie, en as gevolg daarvan ook `n noukeurige inagneming van die ingelegde wette.

[3] Sien jy vriend, op die aarde vind jy allerlei berge. Daar is baie hoë berge, die oergebergtes; dan is daar middelhoë berge, of die sogenaamde gebergtes van die sekondêre formasie; en ten slotte baie lae, wat meer heuwels is as berge en hulle almal behoort volgens die aardse vakterme tot `n tersiêre formasie. Jy lyk nou bly verras, omdat jy in My ook `n geoloog ontdek het. O, wees maar gerus, want in die geologie en in die hoër kosmologie is Ek nogal goed tuis.

[4] Maar nou verder! Ons het dus drie tipe berge. Van hierdie drie soorte wil ons eers ons aandag wy aan die hoogstes.

[5] Waarom is daar berge op aarde? Ek bedoel hier baie spesiaal die van die eerste soort. Kyk, hulle doel is verskillend. In die eerste plek is hulle die reëlaars van die elektromagnetiese strominge, sodat dit goed oor die hele aarde versprei kan word. Ten tweede verhinder hulle dat die lug rondom die aarde by die vinnige omwenteling om die aardas, bly stilstaan, terwyl die oppervlak van die aarde voortbeweeg. Dit sou `n teenstroom veroorsaak wat alle orkane aan hewigheid sou oortref, waarby daar geen wese op die aarde sou bly bestaan nie. Ten derde trek hulle al die oortollige en oorvloedige, deur suurstof en waterstof ontstane vogdeeltjies uit die lug tot hulle, waardeur hulle hoogste toppe ook meestal deur newels gehul is en sodoende selde duidelik sigbaar is. Die vogdeeltjies voeg hulle saam deur die steeds in hoë mate aanwesige elektrisiteit en val dan meestal as sneeu en ys op die steil hellings van die berge neer. Vandaar stort hulle, wanneer daar groot opeenhopings ontstaan, as lawines in die klowe en dale van die hoë gebergtes en vorm daar deur aansienlike opeenhoping, die gletsers. Hulle het weer die besondere eienskap om die koue uit die lug aan te trek en daardeur die laagliggende streke te beskerm teen die allesversteurende ryp. Terselfdertyd verswak die gletsers ook nog die dikwels te sterk aanwesige lugelektrisiteit en reël die kringloop van die water deur die dampkring. Sonder die werking, sou die vlaktes van die aarde byna ononderbroke blootgestel wees aan hewige wolkbreuke.

[6] Jy sien hieraan die groot noodsaak van die bestaan van die hooggebergtes en jy sê dan ook vir jouself: "Ja, dit is duidelik, en sonder meer waar! Want waar die mense dit ook maar gewaag het om iets onverantwoordelik te verander aan die oerinrigting van die berge, daar is hulle al te spoedig gestraf deur natuurrampe wat nog nooit voorheen voorgekom het nie. Sien jy, vriend, so is dit inderdaad. Maar nou kom ons eintlik eers by die punt waaroor dit gaan, let dus goed op!

[7] Kyk, as die hoëgebergtes hulle belangrike bestemming, naamlik, die instandhouding van `n hele hemelliggaam, met alles wat op sy uitgestrekte oppervlakte is, wil vervul, dan is dit seker nie onbelangrik waar hulle hulleself bevind nie. Verder moet hulle deur die in en bokant hulle se wonende geeste, of volgens jou manier van spreek, "kragte", noodsaaklikerwys die intelligensie besit waardeur hulle in staat gestel word om dit te bewerkstellig waartoe hulle bestem is.

[8] Die werkingsfeer wat toevertrou is aan hulle, is nie `n verloënende intelligensie nie, en is vir hulle `n positiewe wet, wat hulle baie noukeurig deur hulle intelligensie waarneem, wat jy des te meer van My mag aanneem, omdat jy tog so ewe beweer het dat Ek, deur middel van die leerskool van die Egiptenare, meer in die innerlike kragte van die natuur ingewy is, as al die geleerdes teenswoordig.

[9] Sien daarom dan ook in dat die behoud van `n hele hemel­liggaam slegs verwesenlik kan word deur die noukeurige nalewing van die wette, wat aan die intelligensie van hierdie groot uitbultings van die aarde toevertrou is. Sou die hooggebergtes egter ooit in opstand kom teen hierdie wette en in `n sekere sin sê: "Ons wil geen hoë aardbestuurders meer wees nie, maar ook wil ons onsself verlaag na klein vrugbare heuwels!", sê dan self net, wat se onnoemlike onheil daar ten slotte vir die hele aarde uit die ongehoorsaamheid van die berge sou ontstaan?

[10] Alhoewel hierdie hooggebergtes geen vrugte dra nie, en uit baie honderde vierkante kilometers onvrugbare grond bestaan en so "nutteloos" lyk vir die gewone menslike verstand, sou dit daarom wenslik wees om hierdie bergvorste te onttroon en hulle te omvorm tot sogenaamde vrugbare vlaktes? Jy sê: "Dit moet die hemel verhoed!"

[11] Dan sê Ek ook maar, dat die hemel mag verhoed dat die hooggebergtes ooit in die menslike samelewing verwoes word! Anders sal dit op die staatkundige aarde maar al te spoedig net so uitsien as wat dit natuurlik daaruit sou sien wanneer die natuurlike hooggebergtes verwoes sou word!

[12] Kyk, wil die konings op aarde werklik aan hulle roeping beantwoord, dan moet hulle wees soos die hooggebergtes! Begryp jy dit? Jy sê: "Ek begryp dit nou volkome en sien ook in dat jy die egte oerwysheid besit!"

[13] Goed! Die saak is nog nie afgehandel nie. Ons het nog twee bergsoorte om te behandel. Hulle moet ons nog iets vertel! Luister nou verder en kyk waarvoor hulle daar is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205