Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Middel- en klein gebergtes. Hulle ontstaan en noodsaak in die geheel van die aarde

21 Ek sê verder: "Toe die aarde nog `n woeste hemelliggaam was, en nog geen plante of diere gehad het om te onderhou nie, behalwe die oertipe van alle latere vorme in die water, was die oergebergtes alleen wel voldoende om aan die, in `n sekere sin nog ruwe, nie geheel deurgebakte aardbol, die reeds genoemde dienste te bewys. Toe die aardbol, egter na `n aantal millenia, vaster geword het, het baie groot eilandgroepe hulle reeds bokant die seespieël begin te verhef, en ook die in die water aanwesige oerkieme hulleself oral in velerlei grasse en plantsoorte begin te ontwikkel, was dit nodig om daarvoor te sorg dat die oerkiem uit die water vir hulle rypwording ook so gou as moontlik landgebied kry. Deur onderaardse vuurkragte het daar nuwe grondlae omhoog gekom, waardeur die nuwe voortbrengsels mettertyd ruimte, voeding en beskerming gekry het. Nou het dit op die hele aardoppervlak geweldig begin te raas en te woed. Die onderwater liggende vaste aardlae was oopgeruk deur die groot kragte en by miljoene ver bokant die waterspieël omhoog gehewe.

[2] Dit het wel baie millennia geduur voordat die groot werk beëindig kon word. Maar dit maak by God nie veel saak nie, want duisend of miljoen jare van hierdie aarde is vir Hom soos een dag. Om kortliks te wees, daarom word die berge van die tweede orde gevorm, soos Ek dit ook uitgelê het.

[3] Hierdie berge was in die begin ook hoër en steiler as wat hulle nou is. Maar die tyd en die natuurlike storms het hulle toppe erg afgevlak en daarmee die groot diepte meer en meer opgevul en sodoende smal, sowel as breë dale gevorm. Aangesien die dale egter hier en daar hoër of laer uitgeval het, waardeur die water geen vrye deurgang gehad het nie, het dit in die groot dieptes bly staan, waardeur groot en klein mere toe ontstaan het.

[4] Aangesien hierdie mere verder deur die aanhoudende kringloop van die water, sowel deur die porieë van die aarde as ook deur die lug (deur middel van reën, sneeu, hael en dou) `n voortdurende toevoer gekry het, moes hulle wel buite hulle oewers tree, en begin oorloop. Daardeur het hulle mettertyd deur die oorlopende water kleiner en groter dele van hulle natuurlike oewers of damme verloor. Daarna het hulle gedeeltelik die ongelyke dieptes van die dale opgevul en veral tydens groot oorstromings gewone heuwels en heuwelrye gevorm, iets wat selfs nog hier en daar op aarde gebeur, soos daar ook hier en daar berge van die tweede soort deur vuur ontstaan.

[5] Die laaste bespreekte heuwelvorming, deur middel van aanslikking, is die sogenaamde tersiêre formasie*, waarvan die ontstaan natuurlik van die sekondêre afhanklik is. *(Die derde soort van bergvorming.)

[6] So het ons nou die ontstaan van die laaste twee soorte berge natuurgetrou herlei en die oorsaak van die tweede ook al aangegee. Waarom die derde soort egter ontstaan en hier en daar nog ontstaan, is maklik te begryp, as mens die grondreël nie uit die oog verloor, dat vir die verdere ontstaan en behoud van nuwe wesens en vir die voortplanting vir al wat leef, daar veral goeie en uitgestrekte grondgebied voor nodig is nie.

[7] Die aardbodem is nou sodanig bewerk, dat allerlei wesens kan ontstaan, woon, leef en hulleself daarop voortplant. En hierdie voorsiening word tot nou toe nog veroorsaak deur die drie verskillende bergsoorte.

[8] Die twee laaste bergvormings lyk asof hulle geen ooreenkoms met die eerste bergsoort, wat betref bestemming, het nie. Want net soos wat hulle ontstaan het, is hulle eintlike bestemming baie anders. Maar omdat hulle nou eenmaal in die reeks van die oergebergte, dus van die bergvorste opgeneem is, moet hulle hulleself ook sonder teëstribbeling voeg volgens die wette, wat die oergebergtes hulle al van vroeg af voorgeskryf het. Dit wil vir hulle sê: "Dit is nie voldoende dat julle laer en jonger berge, met julle oorvloed, die dale en klowe opvul, daar vrugbare land aanlê en klein berge laat ontstaan met mooi sierlike bosse nie. Maar julle moet vanaf die begin van julle bestaan ook `n groot deel van ons laste oorneem en ons in alles ondersteun, anders voldoen julle nie aan julle bestemming nie. Julle sou dit ook nie kan vervul nie, omdat deur julle ontstaan, `n te groot beroep op ons krag gedoen sou word, as ons net soos vroeër, toe julle nog nie was nie, alles moes reël en bestuur!" En kyk, hierdie nuwe berge doen alles as gevolg van die eweneens in hulle aanwesige intelligensie, presies soos wat die bergvorste dit opdra.

[9] Daar is in alle erns ook enkeles onder hulle wat as`t ware nie wil gehoorsaam wees aan die hoogstes nie. Sulke berge word dan solank deur storms bewerk totdat hulle die orde van die hoës hulle laat welgeval, of in die teenoorgestelde geval, self heeltemal ten gronde gerig word. By die ou wyses heet sulke berge "weer­spannige", ook soms "vervloekte" berge. In latere tye het mense sulke helde van berge genoem: "losbandige", "onbestendige", "verweerde". Voorbeelde van sulke gestrafte, ingevalle en totaal vernietigde berge is daar baie, sowel in die ou, asook in die latere tye.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205