Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Hiërargiese ordening ook nodig tussen mense

22 Ek spreek verder: "Beste vriend en broer, uit die geheel aan die natuur ontleende beskrywing, selfs uit die dinge wat vir jou sonder lewe en dus sonder intelligensie is, sal jy die hiërargiese verhoudinge ingesien het, net soos wat jy by die diere gesien het, by die hemelliggame en in die water. Dit sou daarom nouliks nodig wees om nog meer voorbeelde vir jou. Aan te voer uit die dooie natuur. Ek sou dit seker wel kon doen, veral as Ek jou op ander planete sou bring waar die ordening oor die geheel geneem, veel noukeuriger en strenger is as op die planeet Aarde, waar alles opsetlik in so `n groot moontlike wanorde skyn gelaat te wees. Die oorsaak hiervan is, dat op die aarde nou juis die mees vrye geeste, as waaragtige "Godskinders" des te vryer, en wat hulle aard betref, beter opgevoed kan word. Jy begryp dit nou heeltemal en jy stem daarmee saam. En Ek sê vir jou dat Ek heeltemal tevrede is daarmee!

[2] Omdat jy nou egter insien, dat selfs in die, volgens jou, lewelose natuur `n sekere rangorde in haar struktuur streng noodsaaklik is, omdat die natuur daardeur blywend in stand gehou word, wel nou, stel jou net die mens voor, begiftig met `n absolute vrye gees, wat in sy denke, besluite en begeertes volledig onbeperk sou wees! Dink vir eers waarheen dit ten slotte sou heen lei, as elke mens, as gevolg van sy innerlike, absolute vryheid sonder beperkinge, mag doen wat sy innerlike gees ook maar kan put, uit dit wat uit sy onuitputlike lewensfeer aanwesig is, aan godgelykende oneindige ideërykdom in tallose vorme.

[3] Ek sê jou, dan sou geen mens meer veilig gewees het vir die ander nie! Want ten eerste is daar geeste wat hulle in hulle innerlike fantasieë of skeppings mee besig hou, en `n merkwaardige genot daarin vind, om alles wat bestaan, te vernietig. Sommige sou steeds maar mense op allerlei maniere wil doodmaak, ander weer sou alle berge wil verniel, Ander weer wil `n gat grawe deur die aarde en dit so ver moontlik opvul met springstof, om die aarde daardeur moontlik uitmekaar te laat spring. Ander wil weer dat al die water van die aarde af verdwyn, ander wil weer die hele aarde laat verdrink, nog ander wil die hele aarde verbrand of die maan met `n lus aan die aarde vasbind en hom na benede trek!

[4] Ten tweede is daar ook massas ontsettend sinlike geeste, wie se fantasie alleen bestaan uit voorstellings van suiwer genotsug. As aan die geeste nie beperkende wette opgelê word nie, dan sou geen vroulike wese meer veilig wees teen hulle groot geilheid nie, en ten slotte ook geen jong seun of ook diere nie. Want Ek ken maar al te veel sulke natuurvriende, op die wyse van Sodom en Gomorra, wat hulle heeltemal daarop toelê om met vroue van alle moontlike rasse geslagsgemeenskap te hê, en wanneer die verwekkingspel nie toereikend genoeg is vir hulle fantasie nie, probeer hulle dit vervolgens ook met verskillende diere.

[5] Nou, stel jou nou een groot volkome wettelose maatskappy voor met sulke sinlike genotsoekers op moreel sowel as op politieke vlak! Sou dit nie onder hulle wemel van die mees vreemdsoortige skepsele en volslae monsters nie? Na enkele honderde jare sal dit op aarde krioel van wesens vir wie geen menslike lewe meer veilig sou wees nie! Moses het daarom ook `n uiters streng gebod laat uitvaardig, en self die vuurdood as straf gestel vir `n dergelike wellusteling wat dit sou waag om so-iets te doen.

[6] Ook was daar sinlike geeste gewees, en helaas hulle is nog steeds hier, wat hulle duiwelse genotsug alleen kan bevredig, as hulle die meisie tydens, en ook voor die daad op die wreedste manier mishandel en martel. Haar laaste, pynlike lewensuiting besorg hulle eers die grootste wellus! Ek hoef jou geen aantal van spesiale handelinge te skilder nie. Dit is voldoende dat jy weet watter vrugte te voorskyn kom wanneer `n menslike samelewing homself in `n wettelose toestand bevind.

[7] Ten derde is daar ook geeste wat die mees uitsonderlike denkbeelde het oor hulleself, en al die ander ver onder hulle waardigheid ag. Hierdie geeste is trots en uitermatig heerssugtig. Almal moet voor hulle in die stof kruip en slegs dit doen wat hulle wil hê. Dink nou vir jouself `n maatskappy in met net sulke mense, hoe sou hulle kan saamleef? Ek sê vir jou, `n wêreld vol tiers, leeus en poemas sou in heelwat groter harmonie met mekaar lewe as sulke mense, wanneer hulle nie deur wyse morele en politieke wette ingeperk word nie.

[8] En so kom by die mense nog baie sulke ontaardinge van die mees verskillende geeste voor, wie se vernaamste neiginge hom op so `n hoogs verdorwe manier teen elke positiewe orde gerig is, dat jy nie die geringste voorstelling vir jou kan maak daarvan nie!

[9] Wanneer al hierdie geeste egter ook maar ten dele `n onbeperkte gebruik sou mag maak van hulle absolute innerlike vryheid, sê My net, hoe sou dit dan daar uitsien op `n hemelliggaam? Jy sê: "Vriend, dit sou ontsettend wees, dit sou `n ware hel wees op aarde!" Presies, sê Ek jou, dit is `n korrekte gedagte en so uitgespreek!

[10] Ek vra jou egter nog verder: "Wat is dus hoogs noodsaaklik om die hel soveel moontlik van die aarde af weg te hou? Kyk, nou kom beide van ons eers daar waar Ek jou eintlik wil hê.

[11] Sien jy in wat Ek wou sê toe Ek, net soos Paulus, alle volgelinge van My leer aangeraai het om aan iedere regmatige wêreldlike owerheid gehoorsaam te wees. Sien jy nou waarom die mense aan die keiser moet gee wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom?

[12] Sê My dan hoe jy die saak nou sien. Kom dit dan nog so onsinnig voor as eers. Vind jy dit nog steeds dat die regmatige gehoorsaamheid en die korrekte deemoed onwaardig is vir die vrye mensegees? Spreek maar, jy is weer aan die beurt. Ek luister!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205